Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
Die twee worse
VW, ek dink nie die ouens sou omgee nie - dit gaan juis oor dié twee soorte vanaand. Sal interessant wees om te hoor watter een jou no1 keuse is![]()
Van Rensburgs
Vir 'n hele klompie jare het ons ook by hulle wors gekoop en dit baie geniet. Pragtige slaghuis. Joey's ken ek ongelukkig nie en die kanse is skraal dat ek dit ooit hier rond te koop sal kry.
Lekker braai!
Begin reën...
....in Brits. Ten minste is die hitte effe gebreek, maar die hemele het nog nie oopgemaak nie. As ek na die boere van omgewing luister, is dit eintlik geweldig droog, veral hoe dieper mens in die bosveld in beweeg.
Joey's wors
Joey's ken ek ongelukkig nie en die kanse is skraal dat ek dit ooit hier rond te koop sal kry.
Ek sal ook graag wil proe waaroor die KP's so brag.
Ek koop relatief min boerewors oor die prys....vir my is daar lekkerder snitte teen dieselfde prys....of selfs minder
Hier in Petoorsdorp ook `n…
Hier in Petoorsdorp ook `n bui uitgesak. so 8 mm gemeet. Sit al heel aand buite dis heerlik koel en alles ruik nog na reën.
Soos gewoonlik is die krag in die omgewing af na die reën maar dankie tog vir die solar wat alles moeitevry aan die gang hou.
Ook nat hier
Dit het omtrent 6 uur vanaand begin reën en nog nie opgehou nie. Geen idee hoeveel nie want ek het nog nie 'n reënmeter nie - sal môre vir my buurvrou vra
. Baie water is nodig om ons dorpsdam op te vul en ek hoop hierdie gaan al 'n indruk maak.
Ek kan sommer hoor hoe lekker die bossies (onkruide) groei, maar dis ok, ek het nuus vir hulle...![]()
Rona ...
... verskoning dat ek nou-eers weer reageer t.o.v. onkruidbeheer. Glifosaat (bekendste handelsmerk is Roundup) is in kleinmaat beskikbaar. Daar is egter verskillende handelsmerke besikbaar, maar nie almal is in kleinmaat te koop nie. Ek koop Glyphogan in 5 liter houers. En nee - moenie jou aan die neus laat lei deur die klomp wolhaardtories oor glifosaat se giftifheid nie - oftewel karsinogeniese gevolge nie. Dit is 'n storie vir 'n ander tyd. Dit is baie veilig.
Paraquat is egter 'n perd van 'n ander kleur. Dit is uiters giftig. Gevolglik is dit nie in kleinmaat beskikbaar nie. Die oorspronklike handelsnaam was Gramoxone, maar dit is deesdae onder verskillende name beskikbaar. Ek koop dit by Villa Crop Protection as Skoffel in 5 liter verpakkings. Dalk kan 'n boer jou met 'n klein hoeveelheid help. Dat dit effektief is op jong onkruide is nie te betwyfel nie. As jy vanoggend spuit, veral op 'n lekker sonskyndag, is jou onkruidjies vanmiddag dood.
Maar beide produkte is nie selektief nie. Dit moet dus gerigde bespuitings in windstil omstandighede wees - wat gewoonlik beteken vroeg opstaan, want dan is dit gewoonlik op sy stilste wat wind aanbetref. Andersins kan jy skade kry op ander plante. In die geval van paraquat sal skade slegs tydelik wees aangesien slegs chlorofil-gedeeltes geskroei word, maar glifosaat kan nie-teiken plante dood.
Jammer vir die lang relaas.
Baie dankie Chris
Ek het nou 'n beter begrip van onkruiddoders. In al die baie jare en met mooi tuine het ons dit nooit gebruik nie - bossies is uitgetrek of uitgeskoffel want hande-arbeid was volop. Nou, met diè dat ons wil gaan toer, lyk die prentjie anders.
My oorloggie gaan egter ook nog nie vandag gebeur nie. Dit reën en reën en reën te heerlik!!! Het ook gedink dat ek die gif in Middelburg moet gaan soek, maar skynbaar verkoop ons hardewarewinkel wel Roundup.
Enigste waarvan ek nie seker is nie, is hoe lank nadat ek dit gespuit het, ek nuwe plante kan plant. Miskien word dit op die houer aangedui?
Vir ons buurvrou gevra hoeveel dit tot dusver gereën het, maar hulle het ook nie 'n meter nie
Rona ...
... moenie Roundup spuit as daar 'n moontlikheid van reën binne 6 ure is nie. Roundup se afbraak in grond het my ontgaan, maar ek kan jou verseker dat die halfleeftyd is baie kort. Jy kan met veiligheid binne enkele dae na toediening met veiligheid plant. Ek gaan net die halflerftyd naslaan.
Ons gebruik ook Roundup op…
Ons gebruik ook Roundup op sekere plekke soos bv die Populiere wat uit hul wortels nuwe groei maak.
Sny ń gaatjie in ń 500ml Joghurt bakkie, en sit agter die tuit van die rugsakspuit. So dan druk jy die bakkie op die plant en spuit net dit. So beskerm die ander om dit. Ons sit ook ń kleurstof by die mengsel, bv blou, dan kan jy mooi sien wat gespuit is.
As jy Roundup wyd en syd oor jou plek spuit, maak jy alles dood soos Chris sê. Bome en struike word nie ontsien as die stuif oor dit waai nie.
Joghurt bakkie...
en kleurstof klink na 'n blink idee, dankie Neef Herman, sal 'n nota maak vir vorentoe. In hierdie stadium gaan ek nog "wyd en syd" spuit
, want sien, hier groei nog niks anders as net bossies nie (party is so voor op die wa, hulle blom glad goud-geel!). Die enigste bome wat hier was (dink nie hulle is die naam "boom" werd nie) was 3 groot Bloekoms en klomp kleintjies. Hulle het bitter vinnig 'n ander rusplek gevind.....
So moet ek van "scratch" af tuinmaak. Hierdie gaan wel geheel en al anders aangepak word en is 'n redelike uitdaging, maar ek's 'n dapper muis.... (met die bystand van forumvriende)
.
Het gaan oplees oor Roundup. Ná 2 dae tot 2 weke kan nuwe plantjies reeds geplant word.
Roundup
Goeie more,
Net nog n bietjie raad wat julle kan doen met die spuit van enige gifstowwe is om op n rugsak spuit n koppie asyn by te gooi en een teelepel Sunlight Liquid, die asyn help om die bossie te brand en neem gif vinniger op en die Seep is daar dat die gif langer op die blaar bly, sou dit kom reen! of dalk baie vog in lug is, soos misreen of dou.
Liefdood kampterrein Kenhardt
Ek wil nou nie n draad begin net om te weet of iemand al hier was of nie, maar sal n draad begin sodra ek die plek besoek het oor n maand van nou af. Die plek is so 27 km buite Kenhardt op die pad na Brandvlei toe!
Maar het iemand al hier oornag?
Môre Josef Willem
Baie aan jou gedink die afgelope tyd. Hoop dat die beplanning vir jou nuwe besigheid steeds op koers is.
Dankie vir jou bydrae t.o.v die uitroei van onkruide. Die langverwagte reën is uiteindelik hier - vanoggend weer so 'n lekker bui gehad. Op die oomblik skyn die son, maar nog reën word voorspel. Ons is baie dankbaar daarvoor. Weet nie hoe ver jy teruggelees het nie, maar ek het genoem dat die dorpsdam feitlik leeg is. 'n Boer (Johan van Niekerk) met 'n aangrensende plaas kom tot ons redding. Hy laat vir die 2e keer nou al 'n massa water vry uit sy eie damme. Ek dwaal af.......... Wil eintlik net sê dat ek sal moet wag vir 'n droë dag om die werf in te vaar, maar reën is belangriker.





Rona, ek antwoord hier, wil…
Rona, ek antwoord hier, wil nie die Karoo Kamp draad besoedel nie.
Ons koop grootmaat as ons in Oudtshoorn en George omgewing is. Sommer gou uit vrieskas gehaal vir foto.