Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -28 minutes ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
Fred Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Geniet die laaste luilekker.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Ek sien hierdie ertjiesop… Ertjie Sop! - Hester Kruis Voortrekker -1 hour ago
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

ATKV Oorde

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Goeie More,

Ek het na die resensies gaan lees maar ATKV Klein Kariba is maar skraal en jare terug se resensies.

Wie was onlangs by ATKV Buffelspoort en ATKV Klein Kariba?

Wat is julle gevoel oor die twee oorde en watter een sal julle kies en die redes vir jou keuse?

Groete

Mag dit op jou plaas Reën met Seëninge.

JW

Durbanville

Jeanne Jones

Sat, 07/09/2024 - 09:16

Stem saam Len, ATKV oorde staan my nie aan nie. Was by Goudini Spa, geboek vir 4 dae, na 1ste aand gery. Lyk nie of kinders skool gaan nie ook nie of groot mense werk nie. Dit was in die week. Die plek was gepak, kon nie naby swembad kom nie en raas deur die nag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/09/2024 - 09:35

.................hier is 'n groot misverstand.  Ek is 'n groot ondersteuner en aanhanger van ATKV, nie net vakansie-oorde nie maar ook hulle kultuur-aktiwiteite.

MAAR, ek as 'n Kapenaar is deeglik bewus van Goudini probleme soos gerapporteer op sosiale media, maar dis baie moeilik vir hulle Bestuur om dit onder beheer te bring want dadelik sal die rassekaart gespeel word.  Ek bly dus weg van Goudini, maar al hul ander oorde vind ek puik.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 28/10/2024 - 07:20

More almal wie het al vir n maand of so gekamp by Klein Kariba, laat weet bietjie asb

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/10/2024 - 07:41

Ons het nog nie langer as 7 aande by Klein-Kariba gekamp nie. Ons is eerskomende Apr/Mei vir 10 aande daar bespreek. Maar met my belewenis van hierdie mooi en goedversorgde oord, sal ek maklik 'n maand lank daar kampeer. Ek reken dit is 'n puik oord.

0
Pretoria

Geert

Mon, 28/10/2024 - 07:57

Atkv is gewoonlik goeie oorde, maar die groepe wat hul inlaat maak dit onaangenaam. Ons het nog net 1x by Natalia gestaan....nooit weer nie. Groot skool groepe het daai hele ontspannings area oorgeneem....harde musiek en gesuipery. Geskreeuwery uit woonstelle het laat dink ek bly in n lokasie. Laasjaar hier naby ons staan 8x busse by n skool....4x busse is gemerk Buffelspoort en 4x Klein Kariba. Ek wonder of Klein Kariba nie kompetisie begin raak vir Forever Warmbad nie

0
Pretoria

Geert

Mon, 28/10/2024 - 08:04

Van die 66x oorde wat ek op ander kant terugvoering op gegee het, was Natalia en Letaba die enigste 2 wat ek n "thumbs down" gegee het. Soos genoem....die oorde is pragtig en aantreklik, maar....

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Mon, 28/10/2024 - 10:32

Ek was Januarie 2024 vir n week daar gewees, ek het dit regtig baie geniet, die oord is skoon en stil en die mense hou die kampeer terrein en badkameers skoon, Maak net seker om Blok A se staan plekke te vat of onderste nrs van blok B, die boonste deel van blok B is op opgeboude plaveisel blokke en gaan sukkel om n wa daar in getrek te kry, Die dat n mens n wa sleep en kan afhak is lekker want ek het met rooftop tent gegaan en die swembaddens was ver om te loop, maar nou ja dit was die enigste deel wat my gepla het, was nie dood sake nie, maar soms wil jy gaan swem maar te lui om te loopcrying 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 28/10/2024 - 19:09

Waardeur almal se insette ons laste besoek aan Natalie was lekke maar skool busse was hele week heen en weer en dit het later ongemaklik geraak asook insiden war security ou gese het moenie by swembad drank drink nie wat onaard het in n ras voorval

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus