Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -1 hour ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -2 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -3 hours ago

Desember gesels

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 05/12/2024 - 10:43

Dit is vir my lekker om te lees van almal se vakansie-vooruitsigte en ek bou ook prentjies van die roetes en plekke wat julle gaan besoek. Ek sien vanoggend die roete met doen-dinge wat Wessel vir Hennie aanbeveel en kry sommer n breë glimlag. Dis seker vroeg al warm in Brits, en dit maak mens dors...vir wynlaugh.

Vir die afgelope +/- 25 jaar sedert ons dogter matriek geskryf het, het die begeerte of opgewondenheid om Desember iewers met vakansie te wees my nog nie weer oorval nie (April en enige ander tyd is 'n ander storie...). Dit is my verjaardag-maand (op die 3e jarig gewees) en ek geniet dit baie om dan by die huis vir familie en vriende wat naby is ietsie spesiaal te maak. So ook met Kersfees. Hierdie jaar beplan ons dogter en haar gesin om by ons te kuier en ek het ook my sus en swaer uitgenooi. Vooraf is daar altyd baie voorbereidings - op die aand van die 24e hoor almal die Kersverhaal tydens huisgodsdiens en daarna 'n boom met geskenkies. Kersdag is groot - almal gaan kerk toe, wat gewoonlik vroeg is. Daarna is dit 'n heerlike kuierdag ook uit waardering om dié spesiale dag saam te kan vier. Ons doen moeite met die middagete (sommige resepte kom al geslagte lank) en kuier sommer vir lank om die tafel. Daar sal ook altyd gemmerbier weeslaugh

Skoon afgedwaal..........geniet die uitsien na julle onderskeie vakansieslaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/12/2024 - 11:16

...vroeg warm in Brits, is eufemisties gestel. Ons BRUL die afgelope paar dae. Gistermiddag om 16h00 moes ek gou rondry, Grompie meet toe 39C. Ons kasteeltjies koel nie eers af deur die nag nie.

Die voorspelling tot komende Sondag is rondom 39 tot 41C. Ons 2 bokkoms is op nagmaaldiens, maar ek gaan die minimum aantrek, ek vermoed die beterhelfte gaan knor maar dis nou maar so. Sal minder gepas wees as sy ook die minimum aantrek.laughdevil

Ongelukkig kan ons dit nie meer waag om buitedeure deur die nag oop te los nie. Ons slaap maar met waaiers en lugreeling, maar dan beperk dit mens se gehoor, van wat buite rondsluip. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 05/12/2024 - 12:11

Wessel, ek het jou inset gaan lees op die resensie. Ons was nog net een keer daar, einde 2020. Ons het laatmiddag daar aangekom en nadat ons kamp gemaak het met die kinders afgestap strand toe (wat vreemd heeltemal leeg was). Toe jaag die verkeerspolisie ons af. Die strand sluit snags. Daardie aand het Ramaphosa natuurlik weer die strande gesluit, en ons het toe teen die kus op gery na Gert de Toit se baai (privaatgrond) sodat die kinders hulle voete in die koue water kon sit.

Ons het in die T-blok gestaan. Dis tussen huise wat hoër as die staanplekke is. Ek beveel dit nie aan nie. Die A-blok met privaat ablusie sal my keuse wees. Ek gaan nou soek vir ‘n foto van die staanplek wat vir my die lekkerste gelyk het en dit hier onder plaas as ek dit kry. Die perdeskoen is verder van die strand af, maar Strandfontein is nie baie groot nie. Ek onthou Anton het daar gestaan voorheen (by die privaat ablusie).

Ek het die foto’s gekry van die A-blok privaat ablusie. 
Staanplek 2 het vir my die lekkerste gelyk en het darem ‘n boompie vir skaduwee. Daar is ook nie ‘n staanplek anderkant die pad nie so dit het ‘n uitsig. 

A
 
S

Die waskamer en ablusie:


A

C
 

D

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 05/12/2024 - 12:57

... geluk met die jarigheid wat eergister plaasgevind het. My beter-helfte vier haar 71ste in Montagu volgende Vrydag. Ek beplan om haar te neem vir 'n lekker brunch by Cape Dry se restaurant.

Ons keer darem ook voor Kersfees terug vir die jaarlikse "grootvreet" saam met my seun en gesin hier by ons huis.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/12/2024 - 13:19

Die dame het nounet terugvoer op my navrae gestuur.

Die 3 kamp opsies is nie omhein nie en oop!!! Mens kan per staanplek nommer bespreek, wat dit lekker maak.

Ek moet nou eers my oorredings toespraak mooi bedink, beterhelfte wil privaat ablusie hê, O ja, en dan sommer see-uitsig daarby. Ek wil uit wind wees, en wou in Perdeskoen, nie die T-blok gaan staan.

Ek gril effe vir die gedagte aan "oop" woonwapark.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 05/12/2024 - 15:05

beterhelfte wil privaat ablusie hê, O ja, en dan sommer see-uitsig daarby.

Wessel, ek het hier bo vir jou foto’s van die staanplek, uitsig en privaat ablusie geplaas. Die boompie is te klein vir die Kavango, maar dis Strandfontein vir jou. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 05/12/2024 - 15:09

en as ek dit reg het val julle reeds môre in die pad? Ons het ook goeie herinneringe aan Montagu - na genoeg aan Riversdal gewees sodat ons soms tussen projekte gou vir 'n paar dae daarheen weggeloop het. Ek onthou gras-afdakkies met sitplek in die karavaankamp waar ons lekker kon ontspan en dan was die appelkoosbome se bloeisels baie mooi. Veilige rit vir julle. Gelukkig weet ek dat jy ons wat agterbly nooit vergeet niewinklaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/12/2024 - 07:56

‘n Kampeervriend verjaar môre, en hy reël elke jaar ‘n kampeernaweek vir sy verjaardag. Hierdie jaar is dit by Ruah in die Hexriviervallei. Dit lyk na ‘n lekker plek. Ek het egter nog absoluut niks voorberei nie. Dit gaan doller as kop-af in die pos waarin ek waarneem en waarvoor hulle ‘n vereiste in die advertensie vir die vul daarvan gesit het waaraan ek nie kan voldoen nie.
 

Met alles wat hier aangaan met my permanente pos wat afgeskaf word en dat ek nie in aanmerking kom vir die pos waarin ek al langer as twee jaar waarneem nie, is my gemoed maar troebel. Hopelik verbeter dit wanneer die Kavango staan laat vanmiddag. Die Matroosberge skerm darem teen die woeste wind wat buite waai. Geniet julle naweek. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/12/2024 - 08:53

Ek hou duimvas vir jou wat die toekomstige pos aanbetref.

Gelukkig is dit darem nie Ruah net anderkant Pretoria nie. Laasgenoemde klink vir my ook na 'n puik plek.

Geniet jul naweek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 06/12/2024 - 10:12

Rona, jou "afgedwaade" vertelling hierbo het my ook laat terugdink.  Met ons drie kinders nog in die huis, het ons Desembervakansies by die see begin sodra die skole gesluit het, maar Kersdag was ons terug by die huis.  Kersdag het dan min of meer verloop soos jy hierbo beskryf het.

Hierdie jaar het ons 'n soortvan familie-saamtrek by Hartenbos, maar is Kersdag terug by die huis om Kersfees hier te vier, weer saam met ander familie, insluitend 'n paar van die Hartenbos-familie waarvan ons maar net nie ontslae kan raak nie !

Saam met die vieringe van die Kersgebeure, bly so 'n gesellige familiekuier darem maar 'n heerlike ervaring. 'n Mens besef dan weer hoe bevoorreg en onverdiend geseënd jy is teenoor die arme mense (veral kinders) in oorlog-geteisterde dele van die wêreld, ook diegene in uiters arm en moedelose omstandighede soos ook in ons land.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 06/12/2024 - 10:44

Rona die Ford ................................................is terug en is baie tevrede met die hetstelwerk dankie. 

Die paneelklopper behoort aan 'n dame en het ons gereeld ophoogte gehou van die vordering.  Het die resensies voor die tyd gelees wat almal baie positief is. 

Hoewel ons net bakwerk skade gehad het voel dit tog nie meer dieselfde nie.  Sal maar moet aanvaar want sien nie kans vir ander voertuig nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 06/12/2024 - 11:07

Bly om te hoor dat daar nie groter probleme was nie, Jan. Al voel jy nou dat jou bakkie (of Ford dan nou) nie meer dieselfde is nie, glo ek dis van verbygaande aard - solank hy julle net nog na baie en lekker bestemmings neem, is alles reg.

* So wie sê dat 'n dame nie 'n suksesvolle paneelklopper-besigheid kan bedryf nie? Ek haal my hoed vir haar af. Miskien juis omdat sy 'n dame is dat sy goeie diens lewerwink

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 06/12/2024 - 11:16

met al die omwentelinge wat voorlê by jou werk. Bekommernis en onsekerheid maak mens oud (gouer oud). Geniet julle naweek en konsentreer op alle ander lekker dinge. Ek glo dat ons oor so twee maande gaan hoor dat jy baie gelukkig is in jou nuwe poslaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/12/2024 - 11:37

As die trokkie netnie dieselfde voel nie, laat dit letterlik ondersoek.

Was die trokkie in rat toe die voertuig jou getref het?? Wil nie spoke opjaag nie, maar voel die ratkas nog reg en glad.

Wielsporing laat nagaan, mens weet nooit wat alles skuif met so 'n stamp nie.

Sielkunde is 'n lelike ding [bliksem], menige persone kla oor dieselfde gevoel, "net  nie dieselfde nie", na so 'n paneelklop sessie. 

Ek hoop ook dat daai gevoel gougou verdwyn, hak daai wa en sleep vir vinnige wegbreek na koel plek toe, jy sal gou agterkom of trokkie 100% is.

. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/12/2024 - 17:25

Middag vriende, ons is omtrent verlep, die afgelope week was die kwik elke dag bokant 37C, sommige dae 40C. Jou huis koel netnie af nie.

Nou is daar 'n kragtoevoer probleem ook, paar dae sonder krag gewees, dus geen lugreeling nie. Boonop kan daar ook nie water gepomp en gesuiwer word nie. Die krane is dus ook droog.

Vandag is ook so 'n dag. Net voor kerk, toe Marie wil regmaak vir kerk, val die krag weg, geen haardroër of krultang nie. Sy is briesend want ons moet met nagmaal help bedien. Seg ek natuurlik die verkeerde ding---- "jy kan nie kerk bank nie, dan dop jy 'n toets. Onthou daar is mense sonder hare in kerk weens kankerbehandeling."  Soos die noodlot dit wil hê, help die dame toe ook met die bediening, sonder hare en al.   

Gelukkig het die meeste dames dieselfde probleem gehad en maar lekker kroeskop in kerk gewees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/12/2024 - 19:58

Ek hoop julle gesels lekker saam, dit is nou Theo de Villiers, Vleispaleis en Kampioenboerewors.

Sal graag wil hoor wat sit agter die laaste 2 namelaugh

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 09/12/2024 - 20:05

Dit het so halfdag hier begin hael - iets vreesliks - en daarmee saam dan ook stormreën. Soos die fronte oorbeweeg reën dit elke keer baie, baie. Ek glo die dorpsdam is sommer na aan vol. Strate onder in die dorp het soos riviere gelyk. Saam daarmee moes ek ook een van my drie vrese trotseer - erge donderweer. Op die oomblik is dit stil.

Voordat ek vir ons dogter iets laat weet het, kry ek 'n w.app van haar: "Jislaaik!!! Dit lyk woes by julle!!!" met twee foto's (so asof ons dit nie beleef het nielaugh). Ek het uit die aard van die saak nie self foto's geneem nie. Vir dié wat Facebook het, die plasing was skynbaar op 'n groep: Reis deur ons pragtige land.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 10/12/2024 - 06:14

As ek moet aflei uit Kampioen se plasing gister net nadat hy/sy aangesluit het by die forum is hy/sy nie gelukkig gewees met waar Anton parkeer het nie. Nogal ‘n mooi foto van sy Skerpioen wat geplaas was - die Kampforum kenteken duidelik sigbaar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/12/2024 - 07:31

hoe lyk dit Chris S, gaan ons paar fotos sien en iets hoor oor die afgelope naweek by Ruah ???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus