Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
Chris S....
....dankie vir die kommentare hierbo.
Eintlik is net Donald Jansen se inset van belang, die ander spekuleer net, in reaksie.
Wat opvallend is, die eerste berig gee die rigting aan as vanaf Mooresburg na Piketberg, terwyl die korrekte bewegingsrigting volgens die Donald vanaf Piketberg na Moorresburg is. Dit wil dus voorkom of beide die bakkie en woonwa tydens/met die ongeluk van rigting verander het. OF, die nooddienste het bloot die ligging van toneel aangedui as tussen Moorresburg en Piketberg.
Hou ingedagte dat die Donald Jansen noem dat hy met 'n Hilux gery het. Sy 100km/hr is dan eintlik slegs 92km/hr [GPS], wat rerig nie te vinnig vir sleep is nie. Die snelheid van die Kavango met die ongeluk, is spekulasie, so ook wat rerig gebeur het.
Ek wonder of Donald op die toneel gestop het.
Korea vlieg ongeluk
Die ongeluk, waar genoem word dat die enjin 'n voël ingesuig het, en die noodlanding noodlottig ge-eindig het betrekking op my vraag;
waarom het vliegtuie geen beskerming voor die enjins om die insuig van voëls te verhoed nie. ? OF is dit 'n kwessie dat teen daardie snelhede word enige voël bloot net deur die "sif" gesuig/verpulp??
Brits se weer!!!
Ons weer is omtrent deurmekaar en onvoorspelbaar. Dit is na 'n koel week met baie reën vandag weer die ou trant----baie warm en nog bedompig ook.
Ons het darem so 112mm vir Desember gehad, waarvan 60mm die afgelope naweek neergestort het. Vroeg gisteraand 'n erge donderstorm gehad. Gelukkig net die kragbron/transformator vir DSTV katoeter verloor.
Waar is Chris?
Laaste sien was tussen galjoene en krewe - en nou? Ek hoop hulle is ok want ek mis ook sy geselsies.
Dink skielik aan baie jare gelede. Daan het een oggend begin siek voel en gekla van 'n pyn iewers in sy buik. Dit het erger geraak en ons is dokter toe. Na die ondersoek was die dr. se bevinding (hou vas vir die woordkeuse): jy het DEFINITIEF galstene, MAAR AS DIT NIE IS NIE, is dit 'n maagseer (ons was twee getuies). Uiteinde: 'n paar uur later, in die klein vertrekkie, het 'n visgraat sy verskyning gemaak.
So kan ek dalk sê Chris kampeer definitief iewers. Maar as dit nie so is nie, geniet hy 'n paar dae van rus by die huis![]()
Kavango ongeluk
Soos gewoonlik gebeur is daar 'n nimmereindigende stroom van opinies met min mense wat regtig weet wat geberur het, selfs ene Donald Jansen by wie die spesifieke Hi Lux en Kavango verby is teen (vlgs hom teen 'n redelike spoed) lys bloot 'n aantal moontlike redest, klink nie asof hy dit fisies sien gebeur het nie? Vlgs die foto's (as ek nou moet bespiegel
) lyk dit nie asof die Kavango regtig gerol het nie, eerder op sy kant geval het? Die bakkie het wel duidelik gerol. Indien so, kan daar 'n swetterjoel redes wees soos Donald tereg opmerk
Grootwind...
...my fout, dit lyk tog of die bakkie wat die Kavango gesleep het, 'n Hilux is. Ek het nou weer die fotos vergroot en bekyk, en dit lyk nie meer na 'n Ranger nie.
Korea vliegongeluk
Vlgs die nuutste berigte word voëls wat deur die turbine enjins ingesuig is tans uitgesluit...die vliegtuig het redelik ver van die beginpunt van die aanloopbaan geland en dit boonop sonder dat die wiele laat sak is. Normaalweg sou die bemanning 'n noodtoestand verklaar wat ook sou verseker dat nood spanne oa. brandweer waens en ambulanse langs die aanloopbaan ontplooi sou word voor die landing, dit was nie die geval nie. Soos normaalweg die geval sal die vlug data opnemers asook stem opnemers die werklike situasie insl. wat die vlieëniers gedoen het aandui. Wessel wat die idee van 'n soort van sif by die turbine ingang aanbetref dink ek dit sal 'n geweldige negatiewe impak op die lug invloei van die enjins hê. oa. die lugvloei karakteristieke bv. laminêr vs turbulent, onthou vaagweg iets van Reynolds getalle uit 'n module genaamd "Stromingsleer" in my 3de jaar oppie PUK! (my gevoel sê dat dit die stollings eienskappe van die turbines kan opvoeter). In alle gevalle sal daai arme budgies "ge-slice en ge-dice" word deur die sif voor kontak met die turbines! As ek moet raai (en dis gevaarlik in 'n geval soos die), begin dit al meer klink soos 'n menslike fout...die wiele is nie laat sak nie, dalk het die vlieëniers vergeet? (dit het al voorheen gebeur) Of hulle aandag was deur iets anders afgelei....die vliegtuig mense is nogal gesteld op 'n sg. "steriele vlugdek" maw geen "small talk" word toegelaat tydens opstyg en landings nie...die stem en vlug opnemers behoort die antwoord te gee. Laastens die byvoeg van 'n soort van "sif" sal 'n negatiewe invloed hê op die vliegtuig se "drag" oftewel lugweerstand tydens vlug wat tot groter brandstof verbruik aanleiding sal gee, terloops daai klein finne op die vlerkpunte het ten doel om dit te verbeter.
Grootwind....
....ek stem 100% saam. Ek het intussen ook gaan lees oor voëls en turbine enjins, die waarskynlikheid word nogal as baie klein aangedui dat so iets gebeur. Die negatiewe verbonde 'n sif soos jy noem , is 100% korrek en die grootste faktor is 'n verhoging in brandstofverbruik!!!
Dan ook, 'n vliegtuig maak hoofsaaklik [uitsluitlik] staat op die remme van die magdom landings wiele. "Reverse thrust" word beskou as 'n ekstra meganisme in noodgevalle. Die gebrek aan landingswiele beteken ---geland sonder remme. Dit kan mens sien aan die feit dat daai vliegtuig sonder spoed vermindering, net voort gegly het.
Verstaan van die berigte dat…
Verstaan van die berigte dat die vliegtuig reeds halfpad die aanloopbaan af was voordat dit op die grond was (die aanloopbaan in die geval was iets soos 2800m), boonop sou die "reverse thrust" nie werk nie aangesien die enjins met die landing direk op die grond was wat sou verhoed dat die enjin se reverse thrust meganismes kon werk (die goed skuif oop naby die agterkant van die enjins wat die aandryf stukrag na voor draai, maar daarvoor kan die enjins nie oppie grond wees nie...as dit sin maak? Die aanloopbaan het ook beide aan die begin sowel as die einde 'n lae baksteen muur, met die wat die vliegtuig nie kon rem nie en in alle geval slegs helfte van die aanloopbaan lengte gehad het is die engiste stop 'n harde stop (muur) gewees. Een van my ou kontakte by INCOSE (international Council on Systems Engineering) Richard B het onlangs by RR in die VK afgetree, sal na nuwe jaar sy opinie vra.
Paar korreksies wat die…
Paar korreksies wat die Korea ongeluk aanbetref:
Het na 'n CNN video van die ongeluk gekyk, lyk wel asof die "reverse thrust" openinge aan die enjins (minstens die ene wat sigbaar is...) oop was wat dui daarop dat die vlieënier die aksie gedoen het onmiddelik voor die landing....blykbaar het die bemanning wel 'n Mayday vir voels geroep na die beheer toring maar dit verklaar nie hoekom die onderstel wiele nie laat sak is nie en ook hoekom daar geen nood dienste ontplooi was nie. Vlgs CNN het hulle ook 'n sg. "go around" gedoen...waarom was die onderstel dan nie reeds laat sak nie? Blykbaar het die vliegtuig slegs 1/3 van die aanloopbaan oorgehad met landing. Gelyktydige hidrouliese faling? Wie weet...hierdie is ene wat ek met aandag sal volg!
Die CNN video is te siene by:
Kyk na die agterste deel van die enjin...die swart streep wat mens sien lyk soos die reverse thrust opening wat oop is, hoekom het dit nie die vliegtuig se spoed verminder nie?....enigste waaraan ek kan dink is dat beide enjins ophou werk het soos die geval destyds in die VSA met ene Kapt Sully wat sy Airbus in die Hudson rivier by New York geland het...
Von en haar dogters is…
Von en haar dogters is vandag dorp toe vir inkopies. Het laat weet dat daar by Buffelsdrift gestop is vir lunch, sal glo so 4 uur tuis wees. ?? So vir my lunch was dit in die yskas krap vir leftovers. 2 Piri piri hoendervlerkies en sweetcorn, van gisteraand se braai. Poeding ń bakkie Trifel van Kersfees. Die Trifel was al so effe soggy, maar het toe met Giepie gedeel.
. Wat sal ń Trifel in Afrikaans wees??
Die lugramp lees ek maar wat beskikbaar is, en op ń Pilot blogg afgekom waar hy dit ook probeer uitpluis. Hy het die model al geloots
Wat hy noem is dat waneer die enjins albei sou staan, dan gebruik hulle nie klappe of landing gear om te land nie omrede die invalshoek te steil raak weens die vinnige daal van lugspoed. Dit is as dit nou glide?? soos dit blyk in die geval.
Hy merk ook op dat enjin 1 dood is, maar dat enjin 2 wat die voëls ingesuig het nog ń hittespoor het, dus sou kon daar hidroliese krag wees etc. Maar hoekom enjin 1 dood is, is nie duidelik op due stadium nie.
Dit wat die Kaptein gevra het om ń kringvlug te doen, en van die teenoorgestelde rigting te kom land, is ook onduidelik in die omstandighede, dit was reeds op final approach.
Daar kan moontlik menslike besluitneming wees wat in die situasie bevraagteken kan word, maar dit is net bespiegeling van hom. Die vlugdata opnemer is glo beskadig, maar kom uit die wrakstuk waaruit ń oorlewende kom. Dit neem glo so 3 maande om die inligting publiek te maak.
Koekstruif
Dis die naam vir die walglike nagereg wat ek nie oor my lippe neem nie. So deurmekaar besigheid staan my nie aan nie.
Aandete op die oujaar
Ons spandeer meeste van ons tyd onder by die see met kreef-trek. Darem so 'n bietjie opge-"stock" vir vanaand se oujaars-ete. Maar jy weet dat jy werk om 30 krewe bymekaar te maak. Ons "cater" vir so 3 krewe per persoon vir vanaand se vroegaand-voorgereg. Die "steaks" sal heelwat later (so net voor middernag) aan die beurt kom.
Dan ook die verdere geluk getrek om 2 x Weskus-snoeke, 2 x witsteenbrasse, 1 x hotnotsvis (Ralie se gunsteling), 6 x engelvis-filette en 6 x makriel-filette present te kry. Hierdie visvreter is dus in sy element. Dit is nogal voordelig as jou seun bevriend is met die kaptein van 'n Sea Harvest vistreiler. My voorraad behoort net-net te hou totdat ons op 22 Feb Hentiesbaai toe vertrek om weer ons visvoorraad te gaan aanvul. Ek het darem ook nog 7 galjoene in voorraad.

Koekpoeding !!!!
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal [HAT] verwys na die deurmekaar poeding, bestaande uit koek gemeng met vla,neute,wyn, kersies en versier met room of roomys, as koekpoeding.
Ek sal dus in die toekoms die keurige woord "koekpoeding" besig.
My en Chris S se insette het seker gekruis, ek het nie sy bostaande ene gesien nie. Duidelik ken hy sy koekstruif![]()
Kreef maat ????
Middag my VVV, dit staan vir Vis-Vreter-Vriend, sommer uit onkunde, wat is die maat vir krewe, seker maar in lengte.
Om Herman en sy wiskundige modelle voor te spring
, wil dit blyk dat julle so 10 persone vanaand saam vir ete is.
Wessel ...
... om jou vraag te antwoord - die minimum grootte word volgens die lengte van die kopgedeelte bepaal. 80 mm vanaf die skerp puntjie tussen die oë tot waar die stert begin. Die Engelse noem daardie voorste gedeelte die "carapace".
Mense maak kreef op verskillende wyses gaar. Ons kook dit graag in seewater - wat net die regte hoeveelheid sout bevat. Bring die water tot kookpunt, plaas jou kreef in die pot en laat 15 minute kook vandat water weer begin kook. Laat die krewe afkoel en geniet stukkie vir stukkie deur dit vinnig in asyn te doop (my seun glo dit moet bruinasyn wees - beslis nie balsamies nie). Dit is hoe ek kreef as kind leer eet het en bly vir my nog die lekkerste. Die bietjie asyn bring die smaak van die kreefvleis na vore. Andere, soos my skoondogter, verkies mayonnaise saam met kreef (en sy wil net Crosse & Blackwell se mayonnaise hê), maar vir my verbloem mayonnaise die kreef se smaak.
Ander mense mors met kreef deur dit te braai. Ja - die stert proe dan lekker, maar dit is al wat jy van die kreef kan geniet. Die vleisies in die pootjies is dan heeltemal uitgedroog.
Ek om kreef te kerrie "pok" jy die lekker vars seesmaak heeltemal op.







Kavango ongeluk
Wat verstommend is, is dat daai veselglas romp nie aan flarde is nie!!!! Die neusklap, om voorste bed te maak, met die swart driehoek poot op, het nie eers oopgegaan nie. Selfs die sonpaneel op die dak is op sy plek en heel.
Dalk het die wa op die laaste oomblik net omgeval, en tot stilstand gekom.