Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 minutes ago
Onze Rust Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -46 minutes ago
Onze Rust, Colesberg Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
nuwe Isuzu enjin Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Daar is nie veel oor in my… Onrus woonwapark Voortrekker -1 hour ago
soos Heinz Konsalik se boek.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago

Natalse draai - Geert

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Natalse draai 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 28/12/2024 - 16:33

Ons het vandag Margate tie gery via Oribi Gorge se natuur reservaat.....wat n mooi natuur pad. Ek het oorspronklik gedink om die roete terugpad te ry, maar pad is sekere plekke nou en klompie potholes, maar okay om solo te ry

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/12/2024 - 17:36

Vir baie jare was Natal nie naastenby op ons vakansielys nie. Behalwe vir besoeke aan Ndumo Wildreservaat was ons in 2005 laas so slinger-slinger met die Midlands Meander tot by die kus en dit was ook nie kampering nie. Tyd is nou meer aan ons kant en as ek so na die foto's van die Oribi Gorge reservaat kyk, kan ek maklik oppak daarheen. Dis pragtig, dankie Geert.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 29/12/2024 - 07:24

Die foto’s hier bo laat my dink aan Natures Valley. Dis baie mooi daar by julle, en lekker om te sien hoe voluit julle leef op vakansie. Geniet dit!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 29/12/2024 - 09:52

1ste ontbyt wat ons vir die vakansie maak. Die res van tyd het ons maar iets gaan eet by restaurant op oord omdat dit lekker en baie billik geprys is

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 29/12/2024 - 10:16

Gelukkig is hier spek en eiers in die huis....

Kuier lekker verder!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 29/12/2024 - 16:31

Neef se antwoord.

Dit wil oorwegend voorkom of dit vir 2 is omrede van die 2 stukkies brood.

Maar daar is egter 3 worsies, dit beteken 1 persoon kry twee worsies ander een net 1. Altwee het ń broodjie.

Indien daar 3 persone is met elkeen ń worsie, kry een  nie brood nie.

Nou weer is daar 4 eiers... so dan is dit twee persone met elkeen ń broodjie, een met twee worsies, een met een, en elkeen 2 eiers.

Of 3 persone, maar die een wat nie brood kry nie, het ń ekstra eier.

Nou die spek.. ń mooi klompie, genoeg om in 4 te deel. Dus 4 persone. Elkeen kry ń eier, 3 kry worsies, en net twee kry broodjies.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 29/12/2024 - 16:46

...nou wat torring jy nou aan die man se ontbyt. !!!!

ek vermoed dis so eenvoudig, ontbyt vir 2 persone. Elkeen kry sy sy regmatige deel, wat beteken beide kry een en 'n halwe worsie. Of Geert nou 'n skuifliniaal gebruik om 3de worsie presies te deel, moet hy maar verduidelik.

ek sou egter lekker saamge-eet het, selfs sonder broodjie!!!laughlaugh 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 29/12/2024 - 21:58

Die rede vir 3 worsies vir 2 is...die verpakking is 2x 3-afdelings.... jy moet 3x braai of 6x. 6x...3x elk is te veel....so idee was 1½ elk, masr het ge-eindig op 2 vir my en 1x vir vrou 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 30/12/2024 - 08:32

Dankie Geert. Prof Wessel met die halwe worsie verduideliking is toe in die kol. Wys jou net hoe belangrik dit is om te gaan leer. Dit vereenvoudig darem baie ingewikkelde kwessies.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 30/12/2024 - 08:43

....of dan my vriend Herman, dis mos elemêntere logika. 

Wel, ek raai jy was bietjie verveeld na 'n heerlike brunch en wou net torring

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/12/2024 - 21:55

Vandag was ons laaste dag by Lake Eland. Hierdie was een van ons heerlikste kampe ooit gewees. Ek het vandag die extreme zipline aangedurf...dit was lekker pret gewees

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 30/12/2024 - 22:22

Dan nog dapper 00k daarby! Hoop jy het die reël nagekom en was darem comfortablelaugh

Met al die foto's en vertellinge het jy my oortuig dat daardie gedeelte van Natal 'n besoek werd is. Bly dat julle dit geniet het. Ek sien uit na die res van jou toer. Veilig ry.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 31/12/2024 - 16:37

Die mense wat gister met die ander zipline afgegaan het, het n oor n besondere sighting ge-zipline. Daar was n groot luislang onder hulle wat om n bok gedraai was....hulle het so 3 meter bo oor dit gegly

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 02/01/2025 - 10:32

... nou kuier jy seker éérs lekker, want daar is al twee dae verby sedert ons van jou laaste vakansie-manewales gehoor het.

Maar geniet dit ou maat - ons ander se beurt kom ook hopelik binnekort. Selfs Rona dink nou al hoe meer ernstig om 'n slag uit Dullstroom weg te kom cheeky

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 02/01/2025 - 12:31

Met al Geert se rondjakker was die einddoel nog om by die see uit te kom as ek reg onthou. Port O' Call?? 'n Plek wat ek gladnie ken nie. Hy laat alles so lekker lyk en klink dat ek sommer wil oppak om dit ook te gaan beleef. Ons wag maar....net miskien kan mens aan "swaai-skok" ly of erens in die mooi bos verdwaal??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/01/2025 - 14:59

Ek wil nou nie Geert se lekker vakansie-gesprekslyn besoedel nie. Maar na aanleiding van sy melding (hierbo) van 'n luislang - ek het 4 keer die voorreg (en dit ís 'n voorreg) gehad om 'n luislang in die natuur te sien.

Die eerste was 'n jongerige slang op 'n plaas in Mooketsi. Die tweede keer was in 'n mensgemaakte rots-stapel agter ons karavaan by Eiland Spa. Ek kon geen idee van die grootte van die slang kry nie. Ek kon slegs sowat 'n meter van sy lyf sien waar dit tussen klippe uitgesteek het.

Die derde keer was dit 'n reus van 'n slang wat in die mik van 'n njalaboom om die stam gekrul was - suid van Shingwedzi (langs die teerpad). En die laaste keer kon ek ook nie die lengte van die slang uitmaak nie, maar gemeet aan die dikte van die stuk lyf wat ons gesien het, moes dit ook 'n mooi grote gewees het. Dit was net suid van Afsaal piekniekplek.

Dit bly maar 'n indrukwekkende slang.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/01/2025 - 19:09

Ons het die 31ste Desember oorgeskuif na Port o Call. Baie lekker privaat staanplek gekry. Oord word netjies versorg. Kon lekker 1 Januarie op strand deurbring sonder dat locals pla

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/01/2025 - 19:24

Het eergister by die ou Transkei brug gaan kyk...bly maar indrukwekend. Nog in mooi toestand. So...ons was ook vir n rukkie in die Kaap....Oos Kaap laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus