Na aanleiding van Rona se inset/navraag, begin ek die gesprek.
Hoe verhoed mens die diefstal terwyl wa en voertuig erens onbewaak staan. Dalk die volgende oorweeg;
1] vasketting aanmekaar
2] neuswiel verwyder, waens met swaar neusgewig gaan paar manne verg om bo te hou
3] iets aanwend om woonwa hak in gehakte posisie te sluit. Maw, kan dit nie ontkoppel van sleepvoertuig nie
Enige ander voorstelle, want ek het nog nooit so iets bedink nie.
Trailercuff kontak details
Chris, hier is die skakel na Trailercuff se online winkel:
En dan ander plekke volgens Trailercuff se website waar dit te koop is:
Available online, at trailer manufacturers and leading outdoor retailers:












Netjiese stukkie toerusting....
en kan dalk net groot skade en hartseer voorkom. Dankie vir die plaas van die inligting, Trev.
Woonwa slot
Ek gaan ook soek, bekyk en moontlik koop.
Met 'n Hilux is die probleem andersom. diewe gaan wa afhak, laat staan en net trokkie vat.
Die groot debat....
.... om te bedink. Met die' sluitmeganisme is jou woonwa vasgeketting aan jou voertuig. Nog meer so, as met die los veiligheidsketting wat los agter om die sleepbal kronkel.
In 'n ongeluk situasie is die ontkoppeling van wa en voertuig sekerlik amper fisies onmoontlik. Is dit wenslik???
Ek dink dis oulik om te verhoed dat losstaande wa nie gesteel word nie, maar tydens beweging, weet ek nie so mooi nie.
Wat dink julle hieromtrent???
Daar is 'n Youtube video van…
Daar is 'n Youtube video van die verskaffers (trailercuff.co.za) wat wys dat dit redelik baie beweging toelaat, dink as mens dit oorskrei is jou moeilikheid in alle geval van so 'n aard dat dit nie meer saakmaak nie! Sou ook dink as jou wa regtig sy eie kop wil volg tydens 'n ongeluk gaan die plate plus skarnier bout en slot ophou om saam in formasie te vlieg! Prys is egter aan die rowwe kant...ongeveer R1600. Uiteindelik seker maar weer 'n risiko bepaling, van hoeveel waens weet julle wat gesteel was deur dit af te haak as die eienaar erens vir 'n rukkie staan? As dit gereeld gebeeur, goed, indien nie is dit regtig waarde vir geld? Vra maar net!
Ek sal net sóveel meer gerus…
Ek sal net sóveel meer gerus voel as ek so-iets aan het wanneer ek by 'n besige vulstasie/eetplek stop vir iets te ete. As my kombinasie nie binne sig staan nie, staan ek kort-kort op en gaan loer of alles nog in die haak is. Ek dink veral aan besige plekke daar bo in die noorder-wêreld wanneer ons wildtuin toe gaan. So loer ek ook elke keer voor ek wegtrek, na só 'n breek, of die wa nog reg gekoppel is en of die handrem af is. Altyd versigtig vir kwajongens wat so-iets kan doen. Seker maar my maniese neigings tot versigtigheid - of is dit oorversigtigheid.
Risiko bepaling
Elke persoon sal moet bepaal of die R1600 waarde vir geld is of nie teenoor die gemoedsrus wat mens het.
Ek het my 2 Trailercuffs jare gelede gekoop en moet sê dat dit vir my gemoedsrus gee - alhoewel dit steeds moontlik is dat as iemand die wa wil steel, hulle dit sal doen - die Trailercuff gaan hulle net baie meer moeite besorg. Dit is maar soortgelyk aan alarms en ander maatreëls wat ons installeer by ons huise en besighede - nooit 100% waarborg maar gee 'n mate van gemoedsrus.
Kameras op karavaan
Ek het 'n stap verder geneem en het kameras aan die buitekant van my wa geïnstalleer. Die kameras neem alle beweging binne 'n paar meter van die wa op en stuur boodskappe na my selfoon en iPad, asook 'n lig wat aangaan wanneer beweging waargeneem word. Dit het ook 'n alarm wat afgaan - jy kan die kamera stel dat die alarm nie afgaan wanneer jy by die wa is nie of gedurende die dag (Home), en dan wanneer jy weg is, sit jy dit op "Away", dan is die alarm ook geaktiveer. Die weergawe wat ek gekoop het, is "wifi" weergawe, so dit het soms uitdagings wanneer die internet konneksie nie so goed is nie, maar andersins werk dit goed.
Ek het eintlik die kameras gekoop om een te gebruik in stede daarvan om 'n "rear view" kamerastelsel te installeer - sommer 2 vlieë met een klap.
Jinne, en ek dog ek het 'n…
Jinne, en ek dog ek het 'n erge probleem met paranoia! Ek het nog nooit gehoor van 'n karavaan wat afgehaak en gesteel is terwyl die eienaars bv by 'eetplek langs die pad staan nie. My Fleetline is in 1999 gekoop, so ek het die nou omtrent 26 jaar en nog nooit eers 'n inbraak in die beleef nie. Gelukkig? Almiskie, maar ek fokus liewers op die areas waar statistiek (feite?) 'n risiko van diefstal of inbraak aantoon. Ek doen darem ook terwyl ons erens langs die pad stop die Chris B ding...probeer so stop dat ek die wa kan sien terwyl ons eet (meer vir inbrake in die wa as iets anders (Eintlik om Trokkie dop te hou, die een wat ek verloor het was genoeg dankie baie! - maar minstens wys die stats dat Rangers amper net so gewild is wat diefstal aanbetref) Interessant is dat wanneer ek stil sit en die spul deurdink begin mens wonder oor die woord "gemoedsrus". Ten spyte van al die magaftirs om Trokkie meer diefstal bestand te maak (wat "gemoedsrus" moet verseker
) is my gemoed alles behalwe gerus as Trokkie erens op sy eie geparkeer is...erg genoeg volgs my vrou. As ek die karavaan ook nog moet insluit sluit sy my verseker ook met 'n ketting vas! Op die stadium sal ek eerder die R1600 gebruik om twee baie lekker steak etes met al die toebehore saam met vroulief te geniet...beter waarde vir geld en definitief baie beter vir die gemoed
). Die ouens met 'n ernstige aanval van paranoia, geniet die "gemoedsrus" terwyl ek 'n paar "medium-rare"'s kafdraf!
Bestek opname
Ek sit ook en bedink hoe om gemoedrus te bekom. Bedink en evalueer scenarios, soos;
hoe lyk my bewegingsprofiel, ry nie in donker nie, veral nie tussen Brits en Pretoria,
parkeer selde[nooit] my trokkie in dorp in die aand,
gaan selde daarmee in oggend in die dorp rond, en indien wel,dan kom stuurwielslot aan,
met woonwa opreis, geniet ons padkos by besige vulstasies,
daar is altyd een van ons by die woonwa en trokkie, maak beurte vir ablusie besoeke. Marie bestel wegneemetes terwyl ek Grompie se pens vul.
Ons sal uiters selde in 'n eetplek gaan sit met woonwa en trokkie buite. Nog net by Kambro gedoen waar ek dit kan sien.
Ek gaan dus soos Grootwind maak en eerder vir die steak, chips en eiers belegging gaan. Ek het selfs daarteen besluit om rathefboomslot te laat aanbring. Toyota het op eie koste en inisiatief gister 'n ekstra sekuriteit katoeter aangebring, genaamd "Hilux blade key single horn enhancement".
So maak ons mos maar soos ons elkeen goeddunk. As SANTAM my nie dreig, en aandring op 'n ekstra stelsel nie, los ek dit eers.
I like your car
Menigte petroljoggies het al kwytgeraak, "I like your car" en dit sit in ouma se kop vas. By paranoia uitdeel dag, dink ek het sy net agter van my maters hier gestaan. Laat ek net praat van ń toer maak buite die gemaksone, en die is kort duskant Oudtshoorn, maw dit val klaar buite, dan is daar hensops en allerhande voorbodes.
Daar was al hele paar voorstelle van om eerder Indiese voertuie te kry. Bless my soul..Die bedoelings is egter goed. Wat die mark is vir 2de handse woonwaens, weet ek regtig nie. Moet erken by de Rust staan so ou Jurgens 590, dalk was dit vasgelê. Die steak en chips, saam ñ botteltjie rooies, klink na ń goeie een.
My gebruik om woonwas diefstal te voorkom ids............
..................soos Wessel se nr. opsie in die inleiding hierbo. Wanneer ons aangehak is, lig ek die jockie-pyp op met die slinger en dan val my trippel-wieletjie uit. Dié sluit ek in die Pathfinder toe tot by ons bestemming. Dit is totaal onmoontlik om die Exclusive op te lig vanaf die sleepstang.
Ek het dit nog nooit gedoen nie, maar andersins kan jy jou movers tot teenaan die wiele aktiveer en dit daar laat as 'n permanente briek. Dit het ek wel al gedoen as ek iewers by 'n steil op- of afdraende moet parkeer dan dien dit as 'n veiligheids- "handrem".
Goeie plan ...
... om jou movers te aktiveer. In my geval, met die Ewiks movers, sal dit egter beteken om dit fisies met die moersleutel te moet doen.
Nietemin - my Trailer Cuff is op pad. Dit is gister versend.
Hallo Almal
Ek raak nou bang. As hulle my Fleetline moet neem sal dit n gatslag wees. Vir die trippie Kruger toe (mei 2025), gaan ons net op die hoofpaaie wees en nie laat aande ry nie.
So ek stem saam met Wessel oor sy ririko bepaling. Maar dit maak my bang.
Groete





Trailercuff
Ek gebruik ‘n trailercuff vir my sleepgoed (karavaan, sleepwa en boot). Wat lekker is, is dat ek wat ek ook al sleep kan ek vassluit aan die kar se stang en wanneer die sleepding nie in gebruik is nie, kan ek dit ook sluit met die rubberbal.