Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -58 minutes ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Jan... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -2 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/01/2025 - 14:56

Ek moet sê, veral die twee hekke van Orpen is nogal verwarrend, want beide is beman.

As ek reg onthou, word mens selfs voor die 1ste hek gestop, en moet jy jou vuurwapen inklaar.    

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 27/01/2025 - 16:14

Duidelik het die weermag nie gevaal in jou naskoolse opvoeding nie Wessel! Woordeskat was mos alles vir 'n kopporaal gewees! In my tyd op Heidelberg het hulle ook die jaarlikse klomp tokkelokke gehad vir basies....die spul was ge-ag as te belangrik om hulle basies by 'n "gewone" kopporaal te kry, net 'n S'sant was goed genoeg, ene Sersant Luus daai jaar, en die ou was nogal 'n meester in "woordeskat" beoefening, maar hy was verbied om dit te gebruik...Kon my indink hoe swaar hy gekry het, mens skreeu mos nie ewe ordentlik "Gedra groot asseblief vir jou mooi troep, anders word ek dalkies kwaad", dit moet mos wees "Jy moet jou #$^ gedra jou %%$# troep, anders %^& ek vir jou sodat jy bloed ^%$ vir die res van jou #$% lewe!" - moet byvoeg die res van ons wat nie as kandidaat engeltjies geklassifiseer was nie het die spul vir drie maande lank gate uit geniet...dink ou Sersant Luus was 'n senuwee wrak na basies!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 28/01/2025 - 08:31

In vanoggend se Die Burger (seker ook in Media24 se aanyn koerante) is daar nog 'n lugfoto wat die parkeerterrein voor die Malelane Ontvangshek aan die linkerkant aandui, met 'n rooi kruisie wat die presiese plek van die vertrapping aandui.  Die vertrapping het daarvolgens by die begin (grens) van die parkeerterrein plaasgevind  -  die kinders moes nooit tot daar geloop het nie ten spyte daarvan dat 'n mens uit jou voertuig mag klim in die parkeerterrein-area.  Alles het duidelik binne die Wildtuin-grense plaasgevind.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 08:39

Ek moet ruiterlik erken dat ek ook houtgerus by Malelane hek uitklim, en stap na ontvangs. Eintlik vergeet ek skoon dat die parkeerarea en geboue,sonder heinings is, en mens eintlik enige dier kan raakloop.

Ek weet wel dat as ek iets gaan raak"loop", ek dit gaan "weghol". laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 28/01/2025 - 09:36

... sowat 200 meter vanaf die hek gesien. Die "ongediertes loop maar daar rond. Maart 2024 het 'n luiperd agter die toiletfasiliteite geloop, volgens oorvertelling deur my bure in Berg-&-Dal.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 09:47

Ek weet wel dat as ek iets gaan raak"loop", ek dit gaan "weghol".

Veral met olifante en leeus is dit die verkeerdste opsie. Die kanse is beter dat ‘n dier jou gaan jaag (en vang) as jy weghardloop.  Bly staan en kyk in die dier se rigting, spring op en af, waai jou arms, skree en fluit maar moenie omdraai en wegloop of -hardloop nie. Jy kan selfs ‘n paar dreigende treë in die dier se rigting neem terwyl jy skree, arms swaai en lawaai.  Ek verduidelik verder op die Ekologie gesprekslyn. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 13:52

Ek lees in ‘n artikel dat die waarde van R100 dertig jaar gelede (1995 klink nie so lank gelede nie maar dit is) in hedendaagse terme R513.72 was.
 

Ek dink dis nog erger as dit. ‘n Amerikaanse dollar was bv toe R3,60 werd, ‘n kis bier het R60 gekos, ‘n dubbelkajuit Hilux tussen R70k en R90k en ‘n liter petrol R1,80.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/01/2025 - 15:01

In '95 het ons hard afbetaal aan ons Hilux maar was nie skaam om in die pad te val nie. Brandstofprys het nie gepla nie, ons het baie rondgerits. Daar was net nie nog "plek" vir 'n kis bier ook nielaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 28/01/2025 - 15:53

Die ou voël begin my nou kos. Vry/Sat se ekskursie na die voël-veearts in George het my reeds 'n aardige bedrag gekos - R4 128. Ek moet sê dat die betrokke veearts gee werklik om vir Stoffel. Teen Vrydagaand het ek haar gevra of die ou nie maar genadedood moet kry nie. Sy wou van niks weet nie en het gereken ons kan haar gesond kry van haar artero-sklerose, swaminfeksie in die sinusse en groot kalsiumtekort. Sy wou haar graag tot Maandag in die hospitaal hou, maar ons moes Maandag ry. Ons is toe Saterdag daar weg met 'n steeds siek pasiënt en 'n klomp mondelinge medikasie - wat bleddie moeilik is om in daardie skerp bek te kry (maar ons wen).

Die veearts se omgee het duidelik geblyk toe sy ons gisteroggend bel om te verneem hoe dit met Stoffel gaan. Gistermiddag het sy 'n WhatsApp gestuur om aan te beveel dat Stoffel eerskomende Vrydag 'n spesifieke opvolg-inspuiting kry. Die afspraak is vir 11:30 gemaak by die welbekende voël-veearts (Dr De Beer) by Klapmuts. Hy het reeds met Dr Elke Schellmus op George gesels oor haar diagnoses. Hy sal dan 'n tweede opinie gee en verdere besluite sal daarvandaan geneem word. Intussen tref ek vooraf reëlings met my bankbestuurder - want goedkoop sal dit sekerlik nie wees nie.

Troeteldiere????

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/01/2025 - 16:51

Chris, jy moet maar vir Stoffel sien as 'n laatlammetjielaugh. Julle het haar nou, en as daar steeds hoop is dat dit beter kan gaan dan skud mens maar jou sak (kinders is duurder om te onderhou). Enigste wat nou kan pla is dat sy julle 'n bietjie aan bande lê wanneer dit kom by vakansieplanne - dit is ook dan die enigste rede waarom ek nie weer 'n hondjie gekry het nadat my Yorkie deur 'n slang doodgepik is nie en ons nader aan aftrede gestaan het. Ek mis 'n diertjie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/01/2025 - 18:53

Hierdie foto op facebook gekry. Nie dieselfde olifante as met insident nie, maar olifante beweeg oral. Hierdie lyk soos uitgaan baan....maar daar waar hulle loop is ook parkering....ons al daar gestaan om badkamers te gebruik voor ons uitgaan

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/01/2025 - 19:37

Die foto wat Geert geplaas het laat mens nogal dink.... By die "hek" is dit verpligtend om jou voertuig te verlaat ten einde aan te meld. By piekniekplekke is waarskynlik bordjies wat sê besoekers verlaat hul voertuie op eie risiko - ek let nooit op nie, want ek wil/moet daar wees. Sulke kennisgewings kan nie by die hek werk nie. Ek kan net dink dat daar ná die jongste voorval bietjie van 'n verandering gaan/moet kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 19:48

...sal beslis paar heinings om parkeerarea en hoofgeboue moet aanbring. Iemand gaan in toekoms 'n goeie advokaat kan betaal om saak teen Sanparke te wen, gegrond op nalatigheid.

Ons gebruik ook graag die hek, veral om uit te boek. Gelukkig nog nooit so 'n ontmoeting daar gehad nie. soos tevore al genoem, ek was nie eers bewus dat dit moontlik is nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 28/01/2025 - 21:46

Nee wat Wessel. As jy  binne ń wildtuin gaan waar jy weet dat daar gevaarlike diere is, is jou veiligheid beslis jou persoonlike verantwoordelikheid. Die geriewe glo ek nie is veilig gewaarborg nie. Wat van ń slangbyt?

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/01/2025 - 23:29

Video gesien waar die man uitwys van waarskuwing borde onder andere dat jy nie mag uitklim op die brug nie. Ek het al self paar keer daar bo op brug aan die kant gestaan en uitgeklim.....gedink jy staan nog aan veilige kant van grensdraad. Mens sien dit eintlik permanent dat mense buite hul voertuie is op brug....daar is ook gedurig Sanparks personeel en het nog nooit iets vir ons gesê nie. Miskien sal hulle nou strenger daarteen optree. 

Ek wonder of die personeel huisies by die hek ook onomhein is?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/01/2025 - 05:07

.... jy is reg met stelling " as jy binne wildtuin gaan".

Ek dink net baie mense besef nie by Malelane hek, rivier kant, dat hulle reeds binne die wildtuin is nie.

Eintlik is dit daar dan net soos enige piekniekplek binne wildtuin, wat ook nie omhein is nie. Dink  aan Tsokwane, Timbavati en Pafuri om paar te noem.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 29/01/2025 - 08:12

ChrisS se 30 jaar gelede en inflasie storie hierbo verwys.

Selfs as jy reeds 17 jaar afgetree is, voel jy aan jou lyf en kom jy werklik agter watter nare ding inflasie is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus