Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert, November 2026 Rona du Plessis -27 minutes ago
Koud November 2026 Geert -1 hour ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -2 hours ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/11/2026 - 12:57

Dis tans BAIE ongemaklik warm en droog op die dorpie. Vlug na koeligheid, is weens dieselpryse nie 'n opsie nie. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/11/2026 - 13:20

Pretoria ook warm....34°c vandag. Maar ek geniet dit.....haat die winter

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 01/11/2026 - 13:46

Ons het vir elke een warm dag 10 nat en koue dae. As daar 'n windjie waai is dit nogal koelerig. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/11/2026 - 15:03

...is daar nog huise beskikbaar. Dit klink na my plek daai😁

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 15:28

Jan, geniet dit, en moenie kla nie want dit hou nie vir altyd nie😸 Laat my dink aan die eerste jaar wat ek die padstalletjie naby die Stilbaai-afdraai gehad het. 'n Ou omie wat vir die vorige eienaar gewerk het was bereid om my vir nog ses maande uit te help. Teen middel November was dit steeds winterkoud met reën. Toe ek vir oom Saaiman vra of dit dan nooit somer word op daardie plaas nie, het ek geen antwoord gekry nie, net 'n ooglid wat optrek en 'n skewe glimlag. Teen Februarie was die oom nie meer daar nie, maar ek het daardie gesig onthou en presies geweet wat hy eintlik wou sê.

*Liewe oom Saaiman was in daardie stadium reeds 78 jaar oud. Hy het nie naweke gewerk nie en sy gewoonte was om elke Saterdagoggend met sy dikwielfiets gou-gou Ladismith toe te ry,(Garcia pas oor) by sy vriende tee te drink, en weer die pad terug aan te pak. Ek dink dit was +/- 90km eenrigting.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/11/2026 - 16:08

... die koeler weer hier by die see na ons meer as 2 weke van baie warm kry. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/11/2026 - 17:36

As jy tans praat van koud in Pretoria, dan verwys jy na iets in n glas

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/11/2026 - 18:17

jy moes eerder gepraat het. Sou ek hierdie 10 uur vanoggend geweet het, het die hitte moontlik nie houvas gekry nie😉

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus