Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -6 hours ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -8 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -11 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -14 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 17/12/2024 - 13:57

Swart voêl by..............................................die vink

Voël in boom
Swart voël by vink neste

neste in die boom voor my. Kan nie mooi foto neem nie want hulle sit nie lank genoeg stil nie. 

Voël

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/12/2024 - 16:04

hoop nie daai swart voël is 'n Indiese spreeu[Myna] nie.

Wat het jy in onderste- bo bottel se bek dat voëls kan drink, maar bottel loop nie leeg nie??? 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 17/12/2024 - 18:33

Wessel het hom.........................................so gekoop hier by Sedgefield mark. 

Dit is 'n rubberprop met 'n gaatjie en 'n 1/2" elmboog wat in besproeiing gebruik word wat daar ingedruk is. Dit lek glad nie.

Kenners sê  jy moet 'n rooi prop gebruik maar die een werk goed. 

Bottel1

 Voëls

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 10:49

Ek het elders genoem dat dit nie ‘n goeie idee is om weg te hardloop vir gevaarlike wild nie. Ek het opleiding gekry in nader beweeg aan gevaarlike wilde diere te voet (approaching dangerous game on foot). Daar was teoretiese en praktiese opleiding en toetsing in SA en Botswana betrokke, waar ek albei geregistreer het om staptoere te doen in gebiede met gevaarlike diere (grootwild). Daarna het ek self staptoere gelei in Botswana en was al op staptoere in Pilanesberg, die Krugerwildtuin, Umfolozi, Zimbabwe en Zambië. Terwyl ek staptoere gelei het in Botswana het ek ‘n hele paar keer gevaarlike wild teegekom. My ervarings daar het gestaaf wat ek geleer het in my kursusse en ek het nooit ‘n besering opgedoen of ‘n gas gehad wat beseer of gedood is nie en nie nodig gehad om ‘n dier te skiet nie.

Enige wilde dier (nie net die gevaarlikes nie) het in teorie (en praktyk) drie sones om hulle. Die eerste is die gemaksone. As jy as mens (of ander roofdier) so ver van die dier af is, is die dier op sy/haar gemak. Hulle sal aangaan met waarmee hulle besig was – bv wei/vreet. As jy nader beweeg betree jy die herkenningsone. Die dier herken jou dan as ‘n bedreiging en sal ophou met waarmee dit besig was. Prooidiere wat bv besig was om te vreet se kop sal oplig en in jou rigting draai. Die dier sal dan ophou kou of andersins beweeg en na jou staar om te kyk wat jy volgende gaan maak. Beweeg jy nog nader betree jy die kritieke sone. Nou moet die dier besluit wat dit gaan doen, want jy (wat gevaarlik is) is te naby. Daar is net twee opsies beskikbaar – veg of vlug.

Selfs gevaarlike diere soos olifante en leeus sal eerder vlug as veg. Lg hou die risiko van beserings in, en dit kan oorlewing benadeel. As jy nader aan ‘n gevaarlike dier beweeg nadat jy reeds gesien het dit herken jou, moet jy dus seker maak daar is ‘n ontsnappingsroete beskikbaar vir die dier sodat dit die vlug opsie kan kies. Dis egter nie mooi om so naby aan wilde diere te beweeg dat hulle wil vlug nie. Dit veroorsaak onnodige spanning vir hulle en versteur hulle doen en late. Maar soms gebeur dit per ongeluk dat jy in die kritieke sone inbeweeg. Jy het dalk nie die dier gesien voor dit te laat was nie.

Nou staan jy en ‘n olifant/leeu vir mekaar en kyk. Jy skrik jou boeglam en jou eerste instink is om jouself uit die voete te maak. As dit ‘n leeu is, reageer jy soos prooi as jy hardloop. As dit ‘n olifant is, gee jy te kenne wie is baas as jy hardloop. Die olifant is dalk reeds ontsteld omdat jy hom so ongeskik in die rede geval het met wat hy die grootste deel van die dag doen – eet. Nou steek jy stert tussen die bene en hy sien ‘n lekker speletjie. Omtrent die enigste dier vir wie ons kan weghardloop is ‘n skilpad, so jy gaan die wedloop verloor teen die res. Die leeu gaan jou plat trek (en vreet as dit honger is) en die olifant gaan jou inhaal en omstamp/vertrap/met die slurp optel en neergooi/deurboor of ‘n kombinasie van die vier. Weghardloop gaan nooit mooi eindig vir jou nie.

Dis hoekom jy maar jou man moet staan en probeer groter en gevaarliker lyk. Lig jou arms op, waai hulle heen en weer, maak ‘n lawaai, tel goed op en gooi dit na die dier, en neem selfs ‘n paar dreigende tree in die dier se rigting. Dit is nie hoe prooi reageer nie, en solank die vlug opsie beskikbaar is gaan die dier eerder vlug as om te veg. Jy gaan na die tyd soos ‘n riet bewe van die adrenalien en nuwe onderklere benodig, maar jy gaan wegstap van die onderonsie af.

Onthou net, die drie sones wat ek hier bo genoem het het nie vaste afstande vir ‘n sekere spesie/s nie. Dit hang af van terrein, windrigting en ander faktore soos ouderdom en die teenwoordigheid van kleintjies of kos. As dit by renosters kom (veral swartes), werk dinge ook ‘n bietjie anders. Hulle sig is baie swak, en hulle bestorm soms selfs bome of ander diere. Soek ‘n boom en klim dit of gaan staan daar agter as dit sterk genoeg is. Troppe buffels het kleintjies in en hulle vlug maklik as hulle selfs ‘n mens ruik. Die ou bulle is baie gevaarlik as jy hulle verras. Bly uit die riete en digte plantegroei naby water weg. Dit is waar hulle gewoonlik rus as dit warm word, en waar jy hulle onnodig kan verras. Maar gaan stap gerus. Dit is nie die beste manier om naby aan diere te kom of na hulle te kyk nie, maar dis die naaste wat jy aan die natuur kan kom en daar is nie die geraas van voertuie om jou ervaring te belemmer nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 11:03

.... dankie dis nou mooi verduidelik. Onwetend het ons almal seker al die "veilige" twee in wildtuine waargeneem. Dis eintlik die herkenning sone/fase waarop mens bedag moet wees. 

Die gefoeter is as die ou grotes, olifant, renoster en buffels in/langs die pad staan en vreet. Hy herken jou, en wys dit, maar baie duidelik wil hulle ook nie padgee[vlug] nie. Nou begin ou olifant terg, hy sal maak of hy jou ignoreer, aanhou vreet, maar nie wyk nie. Beweeg jy nader, wys hy dat hy nie gaan retireer/vlug nie. 

Om dan geduldig te bly, is moeilik, veral as 'n ompad 'n groot draai behels, of nie bestaan nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 28/01/2025 - 12:48

Die sones soos verduidelik is van toepassing op ‘n mens/e te voet. Net soos ‘n rooibok die vorm van ‘n leeu op ‘n afstand kan uitken en instinktief die bedreiging besef wat dit inhou, herken alle diere die vorm van ‘n mens. Sedert die grotbewoners se dae maak mense jag op diere, so hulle weet baie goed dat ons gevaarlik is. 
 

As ‘n mens/e in ‘n voertuig is herken die diere dit nie as ‘n bakkie/SNV met mense in nie. In die Krugerwildtuin is daar al vir so lank voertuie dat daar nie ‘n dier oor is vandag wat gebore is voordat voertuie daar begin beweeg het nie. Hulle is dus gewoond aan voertuie, en sien dit nie as blikke vol gevaarlike mense nie. Dit is vir hulle hoogstens soms ‘n ergernis wat raas en stink. Die sones hierbo beskryf is dus nie van toepassing op die benadering van wild in jou voertuig nie. 
 

Ek dink ek het al verduidelik dat jy net na ‘n olifant se oë moet kyk om sy gemoedstoestand te bepaal. As hulle ontspanne is (dit is hulle meeste van die tyd) hang hulle ooglede sommer so halfmas. 
 

A

As hulle die josie in raak maak hulle die oë groot oop. Jy kan soms selfs die wit van die oë sien. Wees dus gerus solank hulle lyk soos op die foto hier bo. Nog voordat hulle ontsteld raak sal hulle gewoonlik eers begin fidget en bv met die slurp in die oor krap. Dit is net ‘n teken van onsekerheid, nie aggressie nie. 

Moenie bang wees vir Kruger olifante nie. Mens kan lekker na hulle kyk sonder spanning. Skakel net jou raserige, stink enjin af en geniet dit.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/01/2025 - 13:34

....ag nee man, almal ry mos nie met Hiluxe nie. laugh

Ek sal in die toekoms met my vêrkyker na olifante se ogies kyk, voordat ek dit nader waag.  

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 28/01/2025 - 13:40

Dankie Wildehont.  Dit is nou mooi verduidelik.

Maar ek sal vir my navigator wel aandui sy moet meer onderbroeke inpak...surprise

Ek vrees altyd as jy van een kamp na n ander kamp sleep en oom Oli kom van voor.  en jy kan nie terug stoot oor motors agter jou...

Dankie weereens.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/01/2025 - 15:27

Dankie Wildehont. Behalwe dat hierdie kennis 'n noodsaaklikheid is vir veldgidse, wonder ek of dit nie ook deur 'n parkeraad gedeel kan word met alle besoekers nie. Mens lees nie baie gereeld van 'n geval soos die onlangse gebeure by die Malelane hek nie, maar om meer te weet van dieregedrag in sekere omstandighede gee net 'n beter begrip van hoe hulle kan optree. ??

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 29/01/2025 - 06:31

Ek sal in die toekoms met my vêrkyker na olifante se ogies kyk, voordat ek dit nader waag.  

Die probleem is, as jy nader beweeg en die Olifant sien daai "Toyota naam" dan gaan jy die wit oge sien.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/01/2025 - 08:55

....soos verlede jaar met ons besoek aan Kruger. Die tante in foto het karretjie laat spaander, tot in die veld. Ongelukkig het ek dit nie verfilm nie, was te besig om agteruit te stoot

 

ollie

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 30/01/2025 - 08:42

Ek sê die bg met die mooiste bedoelings. In die meerderheid reservate waarin gevaarlike wild voorkom in Sub-Sahara Afrika is daar nie heinings nie. Dis eintlik maar net in SA, Namibië en dalk Hwange in Zimbabwe tot ‘n mate waar ruskampe omhein is en reservate gedeeltelik of ten volle omhein is.

In die ander lande vorm natuurlike grense soos riviere of bergreekse gewoonlik die grense van reservate. Dit is glad nie ongewoon dat daar nedersettings aangrensend aan reservate is nie. Dit is ook onafwendbaar dat daar konflik plaasvind tussen mens en wilde dier - veral olifante en tot ‘n mate seekoeie.
 

In Suid-Luangwa loop van die troppe olifante elke dag teen sononder deur die vlakste deel van die rivier en gaan wei in die nedersetting buite die reservaat. Ek het dit met my eie oë gesien van die kere wat ek daar was met toere. Ons het ‘n paar keer sundowners gestaan en drink langs die wildritvoertuie terwyl die olifante ‘n ent verder deur die rivier loop. Die inwoners langs die reservaat het baie skade gelei, en alles probeer om die olifante uit hulle gewasse te hou. Uiteindelik het hulle iets gekry wat werk. Hulle het brandrissies met ou motorolie gemeng en die mengsel aan toue gesmeer wat om hulle landerye gespan is. Olifante is heeltyd doenig met hulle slurpe, en kan baie beter as honde ruik. Die brandrissie/olie mengsel het hulle so erg afgesit dat hulle wegdraai van die landerye af. 
 

Om terug te kom na die punt, selfs in besige dorpe soos Victoria Valle en Kasane is dit nie ongewoon om olifante en ander grootwild te sien nie. Ek het self meermale olifante en buffels in beide dorpe gesien en ‘n kollega het ‘n luiperd in Victoria Valle gesien. In die reservate soos Moremi, Chobe, Mana Poele ens is kampterreine nie omhein nie, en kan enigiets deur jou kamp loop. Dit het ek ook baie ervaar.
 

Die bevolkingsdigtheid in die lande en besoekersgetalle in die reservate is uiteraard baie laer as in SA. Daar is ook minder (geen) massa toerisme nie en afgesien van selfryers en kampeerders word gaste meestal deur gidse vergesel. Dit verander die dinamika aansienlik. Tog is daar baie min voorvalle waarin mense beseer of gedood word, al leef inwoners in konstante teenwoordigheid van wilde diere en kampeer (meestal Suid-Afrikaners) sonder heinings tussen grootwild. 
 

Mense moet net hulle gesonde verstand gebruik, die wilde diere met respek hanteer en onthou dat ons die wilde diere se gebied betree en versigtig moet wees. Dis glad nie so moeilik om ‘n interaksie met grootwild te oorleef nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/02/2025 - 14:04

My plasing gister oor wat die ou op RSG gesê het daaroor en dat dit siektes soos voëlgriep kan versprei verwys. 

Lewe is afhanklik van habitat. Daar is baie voëlspesies wat glad nie voorgekom het in dorpe en stede voordat mense daar was nie. Mense het habitat geskep. So het tarentale en hadedas bv nie in die Wes-Kaap voorgekom voordat moderne mense hier gevestig het nie. In Pretoria en Johannesburg is daar baie bosveld spesies wat nie voorheen daar sou voorgekom het nie (behalwe in die Noorde van Pretoria, wat nog bosveld is). Veral Johannesburg was grasveld gewees, en kyk hoeveel bome staan daar nou. Dit word beskryf as die grootste stedelike woud in die wêreld tesame met die Tijuca NP in Rio. 

Die voëls wat julle voer is juis daar omdat julle daar woon. Hulle is egter nie afhanklik van die kos wat julle uitsit nie. Ons blote teenwoordigheid skep vir hulle habitat. Kyk bv na die inheemse bome in Mnr Boucher se tuin, waarvan hulle kan vreet en waarin hulle kan nes maak. Sou jy ophou voer of trek, gaan hulle bloot elders hulle kos soek. Hulle is baie beweeglik, want hulle kan vlieg. 

So moenie skuldig voel dat julle massa sterftes gaan veroorsaak deur moontlik siektes te versprei nie. Volg net Mnr Boucher se voorbeeld en hou die voerders en waterbakke mooi skoon en vervang die water daagliks. Dan glo ek die moontlike verspreiding word beperk. 

Die werklikheid is dat spesies wat kan aanpas by mense se teenwoordigheid sal gedy en die ander se getalle sal afneem tot hulle moontlik uitsterf. Voëls soos duiwe en mossies vervuil in stede. Kraaie is nog ‘n spesie wat menslik geskepte habitat geniet en goed daarby aanpas. Rotte en muise bly ook baie lekker saam met mense. Ander diere soos leeus en mense verdra mekaar minder goed. As mens die leeus in aanhouding wegneem, bly daar baie min oor. Wildehonde vaar nog slegter, want hulle kan siektes aansteek by huis honde, en omdat hulle so sosiaal is en kos vir mekaar opbring steek die hele trop vining by een hond aan en vrek almal. 

Ons is geneig om van die mens en natuur te praat asof dit twee onderling uitsluitende konspete is. Ons is tog ook deel van die natuur, want ons kom nie van ‘n ander planeet af nie. Die probleem met mense is dat ons ‘n ongeëwenaarde vermoë het om ons omgewing te verander. In die proses skep ons wel habitat, maar ons vernietig baie meer spesies se habitat as waarvoor ons habitat skep. Ons moet dus maar gewoond raak aan die diere en insekte wat goed vaar in menslik geskepte habitat.  

Om ‘n lang storie kort te maak, die kanse is goed dat soos wat stede al verder uitbrei die spesies wat nie saam met ons kan leef nie plaaslik uitsterf (baie het al reeds) en die wat saam met ons kan leef groei in getalle.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 07/02/2025 - 15:49

Ek voer geen wilde dier of voël nie, of ek nou in die Wildtuin is en of ek nou by die huis is.

Ek is van mening dat die wildldlewe hul eie kos, water en broeiplekke in die natuur moet vind

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/02/2025 - 16:31

Chris S, ek vind jou inset oor "geskepte" habitat interessant. Dit is amper 'n logiese proses wat plaasvind soos woonbuurte uitgesit, bewoon en ontwikkel word. 

Wat my veral in Brits opgeval het, is die vreeslik baie aangeplante palmbome.  Ek het byvoorbeeld 14 uitgehaal op my klein erfie [<450m2]. Na my mening is dit nie 'n tipiese bosveld boom nie. 

Terug na JHB en hoëveld omgewing veral, eintlik is dit 'n boomlose streek, of is ek verkeerd. Kan mens die dorpsbewoners verkwalik wat moeite gedoen het en bome/plante/tuine aangeplant het om dit te verfraai???  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 07/02/2025 - 17:37

Hier is so paar stukkies wild, wat in ń omheinde kamp loop. Buite die kamp, plant ek lusern en tef wat ons baal en bêre. Sodra die veld begin verswak, word voer uitgesit vir die diere. Sodoende word verhoed  dat die veld te erg benut word, en herstel vinniger na reens. Dit kan nie anders nie. As ek ophou voer, sal hulle op ń slegte jaar dalk vrek van hongerte. Daarmee leef ek nie saam nie.

Hier is dam wat voordat ons hier gekoop het, 26 jaar gelede, uitsluitlik vir besproeing gebruik was, dus was dit net grondwalle en dooie water. Dit het my baie jare geneem om dit in ń lushof te omskep met riete, waterlelies, watergras, vissies. goggas, wat  watervoëls, vinke, en ń swetterjoel ander geveerdes gebruik. Selfs Visarende kom roep hier.

Die kan seker ook as kunsmatig gesien word?  My gevoel is egter dat dit bewaring bevorder.  Von voer die voëltjies en het ń badjie hier by die huis. As Dave Pepler daarmee saamstem, wie is ek om te stry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus