Nou dat ons 'n paar vrinne het wat sopas in Kruger Wildtuin begin kamp het, het dit my laat wonder hoe struktureer jy 'n so 'n vakansie ? Ek weet natuulik party ouens hou nie van bure te naby aan jou nie, ander vang altyd 'n middagslapie, nog 'n klompie ry van oopmaak tyd tot sluitingstyd. Dan is daar die klompie wat wraggies nog wasgoed met die hand was in wildkyk-tyd, ook daardie ouens wat eerder by restaurante eet as om 'n gesellige braai-vuurtjie.
Maar ons weet almal daar is nie 'n reg of verkeerd nie, almal doen die Wildtuin ding op sy eie manier.
Ek wonder ook hoe beplan ander hulle wildsoek program as hulle wel so 'n program het. Het jy 'n rooster wanneer watter paaie gery gaan word of is dit maar 'n "mag dit troffe" wees ?
Het jy 'n spesifieke reël om fotos te neem en neem jy met jou selfoon of met 'n kamera ? Wat maak jy met al die fotos ?
Hou jy daarvan om piekniek-plekke te besoek ? Slaan jy daar ietsie te ete saam of neem jy voorbereide kos soontoe ? Of verkies jy om iets te ete daar te koop ?
Hou jy daarvan om besienswaardighede in die Wildtuin te besoek of hou jy liewer verby ?
Daar is seker nog 'n lang lys van hoe ander kampmaters doen-dinge doen. Laat weet gerus hoe verkies jy moet jou Wildtuin-vakansie verloop.
so maak ons...
Ons hou van oggend en namiddag widritte. Ongeveer 120km per dag.
Peusel goed in trokkie, biltong droewors, vrugte water en koeldrank. Kom so 11h00 by woonwa en slaan iets te ete aanmekaar. Soms broodjie en oorskiet braaiwors, soms groot ontbyt---spek eiers en konfyt brood. Saans braai ons vleis, met vooraf bereide bykosse.
Ek neem net met kamera fotos. Dit word oorgelaai na skootrekenaar vir berging. Dan teken ek met internet "rooter" in op kampforum, om te klets en fotos te deel.
Besoek selde piekniekplekke, behalwe vit toilette en om soms ietsie te ete te koop. Ons ry egter nooit Tshokwane verby nie.
As ek vir ...
... 'n kort rukkie in die wildtuin bly, of enige ander plek met vakansie is, sal ons aand na aand braai. Maar soos nou, met 'n 4 maande trip, wissel ons af net soos by die huis. Woensdag-, Vrydag- en Saterdagaande is pal braai-aande en meeste Sondagaande ook. Maandag-, Dinsdag- en Donderdagaande is kook-aande. Ons volg nou dieselfde program. Om te braai vir 4 maande aaneen is eerstens te duur en tweedens mag ons dalk net gatvol raak.
Ek volg 'n beleid om my wildritte te beperk tot 75km op 'n keer (oggendritte) en namiddagritte tot 'n maksimum van 50 km. Sou my oggendrit wel langer as 75 km wees, ry ons nie weer in die namiddag nie. Vandag is só 'n voorbeeld. Ons is 07:50 uit die kamp uit en het 5 uur later teruggekeer - sonder bene-rekstoppe by 'n ander kamp of piekniekplek. Dus is ek klaar gery vir die dag en span net lekker uit. En ons is ook nie van diegene wat hek-oopmaaktyd in die pad val nie. Ons slaap tot ons wakker is, drink eers koffie ens.
Ons maak nie kos by piekniekplekke nie. Ons maak 'n toebroodjie of twee, kook 'n eier en as daar oorskietkos van die vorige aand is, sal ons dit ook saamneem. Soms (by uitsondering) sal ons iets ligs by 'n kamp-restaurant of kafeteria eet. Ons beplan juis om môre by Onder-Sabie se M&B "brunch" te geniet.
Mammie glo dat sy klere beter met die hand was as die munt-masjiene. Net beddegoed word in die madjiene gewas. Ons was saans (of liewer laatmiddag - ons voorkeur storttyd wanneer ons kamp) ons onderklere in die stort. Ander klere kry nie kans om in die wasgoedsak op te gaar nie - dit word bykans daagliks met die hand gewas.
Oor die jare (sedert ek rekord hou vanaf 1987) het ek vir my 'n persoonlike rekord opgebou oor wat die beter paaie rondom elke kamp is. Ek bly grotendeels op daardie roetes, maar is nie rigied daaromtrent nie. Vanoggend het ons bv die Randspruitpad (H5) tot Mpondodam gery en met die Bume- en Krokodilrivierpaaie (S26 en S25) teruggekeer. My rekords wys dit is minder goeie wildbesigtigingsroetes - en dit is weereens aan my bewys vandag. En boonop is die H5 en S25 beide in 'n gagga (of vervang die "g"s met "k"s) toestand.
Ek is maar 'n swak fotograaf. Selfs die tyd wat ek met 'n redelike goeie digitale Canon-kamera afgeneem het, was my foto's maar van powere gehalte. Deesdae neem ek slegs met my selfoon foto's. Gevolglik neem ek nie baie foto's van wild nie - ek verloor te veel fokus wanneer ek in-"zoom". Ek beperk my merendeels tot foto's van my kampeeropset en landskappe. Ek gebruik ook slegs my foon vir internet wanneer ek nie toegang tot WiFi het nie en vind dit baie gerieflik om foto's direk van my foon op hierdie forum te laai en ook bv aan my kinders per WhatsApp te stuur.
Besoeke aan geskiedkundige plekke of besienswaardighede gebeur selde. Ek is hier om af te skakel en net die natuur te geniet. Daar is soms dae wat ons net in die kamp spandeer - met 28 aande in Krokodilbrug vanjaar mag daar dalk etlike dae wees wat ons nie gaan ry nie. Ek sit dan rustig en lees of vat my verkyker en doen sommer net "birdwatching".
Meyers in die Kruger het…
Meyers in die Kruger het geen program nie. Ons word vroeg wakker, drink koffie en beskuit en besluit hoe ons die dag gaan aanpak.
Party dae gaan ons vroeg uit as die hek oopmaak en ander dae laat of glad nie. Die gewoonte is om die klein butane gasstofie met Cadac paella pan saam te neem en wors of spek en eiers te maak by 'n piekniek plek. Ons het 'n klein yskassie wat met 220/12volt werk wat altyd saam met ons in die Ranger is. Selfs as ons net vêr ry of sleep vir ietsie koels. Gewoonlik warm fles met kookwater vir Elmarie se tee.
Ons is in die Kruger om wild te sien maar om net rustig te ry is ook vir ons goed genoeg. Wild is amper 'n bonus.
Ons braai die meeste van die aande, partykeer is dit net 'n stukkie wors maar meer om vir die vuur te sit en kyk met ietsie in 'n glas en gedagtes wat vêr weg dwaal.
Wasgoed word gewas met die kamp se masjiene wanneer nodig. Hou nogal daarvan om deur die kamp te stap en so skelm te loer wat die ander mense doen of hulle kamp opset.
Kruger bly vir ons 'n plek om te gaan afskakel en net die natuur te geniet en weg te kom van enige winkel af.
Dankie vir die terugvoer.............
................tot dusver. Vir my is dit baie interessant hoe verskillende mense op verskllende maniere die Wildtuin geniet.
As ek oor ons Wildtuin-vakansies praat, kom dit nogal baie ooreen met die Meyers se Wildtuin gebruike. In die Wildtuin self, beplan ons niks, behalwe net natuurlik ons vooraf besluite en bespreekte kampe. Ons doen dinge soos ons op die betrokke oomblik voel. Ry sommer op wildsoek-ritte soos dit kom. Ons doen graag aan by piekniekplekke om iets te eet en soms slaan ons selfs iets aanmekaar daar by die piekniekplek. Ons ry selde by 'n ruskamp verby sonder om vir 'n versnapperinkie te gaan inklok. Besienswaardighede is laag af op ons prioriteitslys, maar by Letaba se Olifant Museum sal jy ons altyd daar raakloop.
Ek neem graag fotos in die Wildtuin met my Canon digitale kamera en ook met my selfoonkamera. Saans laai ek die fotos af op my laptop waar dit permanent gestoor word. Ek het 'n mini invertertjie wat krag verskaf aan my laptop, kamera en selfoonbatterye op daardie plekke waar daar nie 220v krag beskikbaar is nie.
Met Annatjie se beperkte mobiliteit, kom ons eie badkamer in die Exclusive baie handig te pas. Sy gebruik die stort daagliks en ek sal dit ook dan en wan gebruik as die weer te ongunstig is. Andersins gebruik ek die kamp-ablusie.
Ai, dis darem 'n lekker plek om te gaan vakansie hou.
Oor die jare....
het ons wildtuingewoontes baie verander - eintlik is dit bepaal deur die manier waarop ons gaan kamp het ook, hetsy met 'n tent, karavaan of nou my bussie. Toe ons jonk was was ons flink uit die vere en het met oopmaaktyd uit die kamp gery, vandag nie meer nie. Ons het toe altyd by piekniekplekke gaan ete maak (daardie skottelskaar met gebraaide uie, sampioene, tamatie, piesang, spek en eiers en dan nog 'n broodjie van 'n aard). Nou kan ek nie dink waar ons dit alles "weggepak" het nie. Verder was daar ook altyd peuselgoed (sout en soet) in die voertuig vir die res van die dag. Om die kroon te span is daar dan ook vanaand 'n braai uitgepak met bykosse. Ek is baie bly dat daardie jare verby is. Ons geniet steeds ons etes maar met baie minder moeite.
'n Tipiese dag sal deesdae min of meer so verloop: staan op wanneer ons wakker word, stort, maak tee/koffie en beskuit en besluit dan watter koers ons gaan inslaan vir die dag. Ons spandeer graag die hele dag uit en keer eers naby slutingstyd terug. Ete vir die dag is baie maal 'n kosblik met vleis/wors van die vorige aand se braai, en ander eetgoed uit die yskas. Die uitsondering kom wanneer Tshokwane op ons pad is (altyd) en verlede week het ons ook lekker wegneem-broodjies by Nkhulu gekoop. Ons spandeer min tyd nou by piekniekplekke - geniet dit baie meer om by 'n dam of onder 'n boom met rivieruitsig te staan. Ons kan deurloop in die bussie, met nog +/- 30cm te spaar tot by die dak. Die badkamer met toilet is byderhand, yskas met koue drinkgoed, kaste vol peuselgoedjies, 'n stofie om water te kook vir koffie, water in die tenk vir al die krane en deesdae kry die beddens ook aftrek vir 'n middagslapie. Indien ek te warm kry kan ek verklee
. Ek verruil my bussie vir niks anders ooit weer nie (behalwe as gesondheid ons sou noodsaak om van vaste akkommodasie gebruik te maak). My wasmasjien het sy plek - gewone 9kg "top loader" huismodel. Kampmaak: so vinnig as wat die kanttafel wat aan die bussie vas is kan sak en twee kampstoele staangemaak is.
Aandetes: vir kort tye sal ons elke aand iets braai. Alhoewel braaivleis heerlik is raak ek maklik moeg daarvoor en wanneer ons langer bly is dit baie aande sommer net kaas en wyn met olywe, beskuitjies ens. Ons maak selde meer potjiekos in die wildtuin. Ter wille van groente te ete koop ons graag Matumi se groentesosaties vir saam met braaivleis - heerlik.
Winkels: Gelukkig hou Daan daarvan om aankope te gaan doen indien ons iets nodig het. Die enigste winkel wat ek nie kan weerstaan nie, is Satara se Park Shop. Die rede: ek het jare gelede twee houertjies (geglasuurde pottery) daar gekoop waarvoor ek baie lief is en gereeld gebruik wanneer ek 'n vingerete maak. Dieselfde ontwerp was/is steeds daar en ek het die versamelinkie oor die jare so een-een aangevul (dink daar is nou sewe en miskien genoeg...)
Die laataand kuiervuurtjie om na die naggeluide te luister.......priceless!
Ons spandeer graag die hele…
Ons spandeer graag die hele dag uit en keer eers naby slutingstyd terug.
Ek weet nie hoe werk die KNP se besprekings nie, aangesien ek al gesien het dat julle(kampforum lede) meld dat jy vroeg in 'n park wil wees om die beste staanplek te kry.
My vraag dus aan Rona. As julle die heeldag uit is, moet jy dan weer 'n ander staanplek soek?
Twee stoele en ‘n tafeltjie
Die mense wat met hulle slaapplek wildritte doen los gewoonlik twee stoele en ‘n tafeltjie op hulle staanplek om te wys dit is gevat. ‘n Paar jaar gelede het ons dit gedoen by Shingwedzi om te wys ons beset die staanplek terwyl ons voor ons kamp opslaan die Kavango se watertenk volgemaak het by ‘n kraan so entjie weg. Ander kampeerders wat twee staanplekke langs mekaar gesoek het tel toe ons tafel en stoele op om dit te verwyder sodat hulle daar kan kamp opslaan.
Ons het hulle vriendelik daarop gewys dat ons reeds beplan om daar kamp op te slaan toe sê hulle ons kan ‘n ander plek soek want hulle soek twee staanplekke langs mekaar. Ek moes op die ou end minder vriendelik raak en sê ons was eerste daar, hulle sal ongelukkig elders twee oop staanplekke langs mekaar moet soek.
Chris, ek kan onthou dat jy…
Chris, ek kan onthou dat jy so iets al genoem het, maar dit kan ook baie ongemaklik raak indien die mense "hardegat" raak.
Ryhuise se kamp-staanplek
Ek het nou al meermale gesien dat ryhuis-eienaars 'n bordjie op 'n betrokke staanplek inkap waarop daar staan : "Hierdie is ons ryhuis se staanplek waarheen ons netnou terugkeer" - ook 'n Engelse vertaling van die boodskap.
Jissie Rona, jou kommentaar hoe julle met julle bussie hierbo maak klink baie aanloklik !
Staanplek
Ons is nie kieskeurig oor waar ons kampmaak vir die aand nie - ry ook nie om so vroeg moontlik die beste plek te kry nie. Siende dat ons heeldag uitry is koelte nie belangrik nie. Draadstaanplekke is 'n bonus. Die enigste waarvoor ons wens is 'n gelykerige plek want ons ry nie blokke saam nie (nog nie). Dit het al gebeur dat ons ander staanplek moet soek wanneer ons meer aande in dieselfde kamp oorbly. Verlede week in Pretoriuskop was ons gelukkig - niemand wou ons plek hê nie. Dit het ook al in Skukuza gebeur. Om dit te voorkom kan mens 'n gazebo opslaan wat jou plek sal hou en dit is dan ook een van die planne vorentoe. Wat ek ook nog nodig het is 'n afdakkie oor die groot deur vir wanneer dit reën. Dit is klaar beplan (afgekyk by Len!) en moet net gedoen word. Sonpanele op die dak? Tot dusver het ons dit nie gemis nie, en met die opsie van droë ys (dankie Wildehont) gaan dit waarskynlik ook nie nodig wees nie.
Ek dwaal af van die draad, jammer![]()
Jy is nice
Ons het hulle vriendelik daarop gewys dat ons reeds beplan om daar kamp op te slaan toe sê hulle ons kan ‘n ander plek soek
Ek dink nie ek sal nice kan wees met so n arrogante persoon wat dit doen nie
Nuwe truuk....
...vir my is om eers staanplek te gaa soek, wa staan te maak en dan te gaan aanmeld by kantoor.
So doen ek dit nie in B&D, en gaan volgende oggend kantoor toe. Word ingelig dat ere veldwagter reeds opdrag het om my op te spoor.
Nou by Satara ook gedoen, en baie bly, want anders het ek nie die heerlike staanplek, met kragpunt gehad nie. Dis die lekker van Tsendze, jou staanplek wag net vir jou.
Terloops Chris B, ek is ook van daai manne wat roer tussen kampe. Spoedbeheer op 55, dan is regte spoed mos 48km/hr vir Hilux.
Hallo Len en almal
Ons doen dit maar soos ons geleer is.
Vroeg uit vere en dan jag ons die diere tot so 1 uur. Dan terug na kamp vir n kasteeltjie of 2 as slaap pille en n lekker brekkie. Indien die brekkie gemaak is by n piekniek plek dan geniet ons net die kasteeltjie by karavaan.
Ons gebruik maar die piekniek plekke. 2009 was ek so beiindruk oppad na SATARA, Tshokwana wat ons kudu wors as worsrolle geet het dat ek die keer weer dit bestel het. Maar die bye is n pes.
Agtermiddag sal ons by n dam gaan sit en lekker die kleinere goeters beloer.
Daar moet gebraai word. en brekkies sal op die CADAC SAFARI gemaak word.
Slaan vorige aand omtrent alles af om vroeg te ry vir n lekker staanplek by volgende kamp.
Ek is n sucker vir museums. So sal by Skukuza die Hamilton museum besoek. En bt Letaba die olifant uitstalling.
Navigator sal die paaie uitle, ek ry net en kyk.
Hoop dit maak sin.
Diere / Stilte
Ek lees afelope tyd baie verkies om meer noord te kampeer agv suide se verkeer. Ek self hou nie van baie verkeer nie, maar aan die ander kant ry ek weer baie rond om diere te sien, veral die katte is vir my spesiaal. Daarom is ons lief vir Satara....dagbesoekers is heelwat minder in daai area en wildsbesigtiging steeds baie goed. Ons het al paaie in wildtuin gery wat min wild oplewer en dan raak dit vir my vervelig. Sulke paaie is dan gewoonlik ook baie stil....dit wil vir my aanduiding gee dat meeste dan daar is om wild te sien as net stilte, daarom ry hul die meer besige paaie met beter kans op goeie wildsbesigtiging. Selfs in suide is baie paaie wat baie stil is....so keuse in suide vir stil paaie is definitief daar, maar mens moet dan nie veel verwag van wild sien nie
Geert...
....ons is ook baie lief vir Satara. Geen of weinig mopaniebosse, baie paaie/opsies om te verken. Ek hou daarvan om elke dag darem 'n ander pad te ry. Behalwe as ons weet waar die katte was die vorige dag, dan sal ons weer daar gaan soek.
Ons het byvoorbeeld die afgelope vakansie vir 4 dae by Tsendze elke dag die kroonarende op die S50 gaan soek. Die laaste oggend daar, het ons hulle vir 1ste keer by die nes gekry.
Dagbesoekers met eie vervoer is weliswaar minder, maar die verdomde toeriste groen trokkies is ook maar nog daar, seker net minder.
Dit kom van die klip af
Die soort veld wat voorkom wissel taamlik in verskillende dele van die Krugerwildtuin. Dit is as gevolg van die kombinasie van moedergesteente en klimaat. Die moedergesteente verweer na ‘n sekere tipe grond wat tesame met die klimaat geskik is vir verskillende plantgemeenskappe. Lg lok weer verskillende dieregemeenskappe.
Op die kaart hier onder is die mopanie gordel waarna ek elders verwys het die liggroen wat strek van Olifants tot by Pafuri. Die enigste uitsondering in daardie gordel is die gelerige “vingers” rondom Shingwedzi. Dit is alluviale vlaktes langs die rivierlope. Dis meer vrugbare grond met groter bome. Die olifante grawe in die sand vir skoon water waarvan ander diere ook drink. Gevolglik is die roetes rondom Shingwedzi langs die rivierlope meer produktief as die mopanie gordel. Dis ook baie mooier.
Rondom Satara (die olyfgroen) is knoppiesdoring en maroela met soetveld (goeie weiding). Dis waarom daar baie vlakte wild is en gevolglik baie roofdiere. Dis ook lekker oop en mens kan ver sien. Ek kan nog lank aangaan maar ek moet werk. Môre oor ‘n maand vertrek ons DV op ons toer Krugerwildtuin toe.

Die groentrokkies
Ek merk oral op sosiale media (en ook op ons forum) dat die groentrokkies heelwat kritiek kry, veral by interessante besigtigingsplekke. 'n Belangrike punt wat ChrisS ook elders genoem het, is dat hierdie voertuie met hul meestal buitelandse besoekers 'n uiters belangrike en noodsaaklike inkomstebron vir SanParke is.
Behalwe vir die samedromming van hierdie voertuie by besigtigingspunte, was dit nog nooit vir my 'n irritasie nie. Trouens, baie van hierdie gidse is vriendelik en deel graag hulle ervaring met ander toeriste. As ek SanParke was, sou my enigste optrede teen hierdie voertuie wees dat hul verbied moet word om radioverbindings tussen hierdie gidse te gebruik want dit is wanneer gejaag word en samedromming plaasvind.





Eet
Ons het in verlede baie keer probeer om elke dag by n ander picnic area te besoek en kos maak....soms eiers en spek, maar is lief om boerewors rolle te maak op die klein weber. Laasjaar het ons niks gemaak nie....net gestop by picnic areas om bene te rek en toilet te gebruik, en het dan elke keer by n eetplek gaan sit en eet.....net deur die dag. Saans word elke aand n braaivleis vuur by die karavaan aangesteek, Ons gunsteling plekke om te eet is Satara, Olifants kamp, Skukuza, Tshokwane (groot gunsteling) , en Unkhulu. As ons by Berg en dal is....eet ons by Malelane golfbaan....ons is nie lief vir Afsaal en die restaurant in Berg en Dal nie.