Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;
Berg& Dal 5 tot 11 Mei
Satara 11 tot 17 Mei
Tsendze 17 tot 23 Mei.
Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.
Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son
Stormseil in sak
Jy is korrek, dis die slaaptent se stormseil. Die sak is geryg in 'n tipiese Al- gleuf wat permanent bo-op die dak geheg is. Die afrol en span oor die tent is maklik en vinnig. Ongelukkig is die oprol en bêre in die sak effe moeilik.
Dit geskied deur die voorste venster van die opwipdak. Ons sit/staan binne, rol op, en dan word rol deur die venster, in die sak in gebeur.
Ek pak ook die kappie sodat ek nog deur die truspieël 'n skrefie van sig het. Deur na die wa se horisontale aansig te kyk, saam met my merkers in die buite spieëls, weet ek dat bande nog styf is.
Veilig sleep
Sjoe, jou tyd het ook nou vinnig nader gekom. Veilig sleep....sien uit na foto's en vertellinge
Wessel alles word seker…
Wessel alles word seker vandag klaar geskrop en gepak/ingeprop.
Julle moet mooi ry môre en lekker vakansie hou in Oom Paul se tuin.
Veilige pad
Ek hoop dat die verkeer julle môre genadig gaan wees - dink darem so, want die vakansiedae is vir eers verby. Geniet die vakansie waarna julle lank reeds uitsien. Jakkalsies is in die wildtuin, moet niks saamneem nie![]()
Wessel, jammer om te hoor.............
...........dat dae om te tel na julle Wildtuin-vakansie nou op NUL staan. Van nou af moet julle nie meer die dae tel nie want dis nou net huistoe gaan dae om te tel.
Alle voorspoed met julle reis van môre af en moet tog nie vergeet van ons tuisblyertjies nie - gesels tog maar gereëld met ons met fotos asb.
Ek groet nou eers...
....tot ek weer kontak maak vanuit wille Kruger tuin. Dankie aan almal vir julle wense vir 'n voorspoedige reis.
Die skootrekenaar en "rooter" word nou afgebreek en ingepak. Ek neem mos nog met 'n kamera fotos, wat dan oorgelaai word op die rekenaar. Dan kan ek dit maklik oorgelaai kry na die kampforum platform.
Ek sukkel om met selfoon op die forum reg te kom.
Nog 1 maand en 3 dae
voordat ons die Kruger binnery. Kan nie wag nie - veral nadat ek ChrisB se olifant storie gelees het
Berg en Dal
Ons is veilig in B&D, halfskadu gekry, die plek is vol!!!!
Vanoggend eers gaan inboek, en word amper opgesluit. ere veldwagter moes al gaan soek het,want het ingekom, maar nie in kamp nie.
Vanoggend vir Maurits en Mertie opgesoek, en rukkie gesels. die ou het al sondag ingeboek, en natuurlik heeldag skadu teen die draad losgeslaan.
Eerste dag in veld en moes wragtag 3 keer omdraai weens olifante. Klaar gatvol die oorlaste. Wild is skaars, darem troppie buffels gekry, en 2 renosters.
Fotos sal nog volg
Wessel nou het jy hulle…
Wessel nou het jy hulle stelsel getoets en dit werk.
Mooi man amper het ek gaan "peanuts" koop ![]()
Nouja, dan tik ek maar weer.
Sopas 'n mooi briefie vir jou getik Wessel, maar toe verdwyn alles. Ek probeer weer. Vergeet nou van die ollies, hulle is eintlik dierbare goeters. Ek is bly julle het renosters gesien want met ons afgelope drie besoeke in die Wildtuin was dit ons nie beskore nie.
Geniet julle kuiertjie daar en moenie vergeet van ons tuisblyertjies nie.
Tart die olifante as jy sleep
Maak net seker hulle is agter jou sodat hulle die Kavango rol. Dan koop jy ‘n Gecko met die versekering en bou ‘n nuwe liefde vir die pypneuse. Twee probleme opgelos.
Berg en Dal 7 Mei
Julle kan maar spot, weet julle hoe lank is n Hilux, en nou is party grondpaaie.
Vanoggend met grondpaaie tot by Afsaal gery. Bitter min wild, net weer trop olifante op S118. Darem 'n mooi Bateleur gekry.
Ook 'n Hiena gekry wat afgekoel het in poel water.
Sommer vir mooigeit, my Poolse skoondogter praat van giraffies.
Tussen kamphek en piekniekterrein is daar 'n maanhaar wat in pad ronddrentel, behalwe as Grompie naby is.
Nou sit ek in wa mer lugreeling aan, so 30C buite.
Dankie Wessel
Die hiëna wat lafenis soek in 'n poelletjie water is besonders.
'n Bateleur lyk altyd vir my so 'n kwaai voël, so asof hy sukkel om te glimlag.
B&D 8 Mei
Nog 'n swak dag hier. Al die pad tot by Pretoriuskop, darem 4 koedoes, 10 blouwildebeeste en arend gesien. Hier is minder wild as in Kalaghadi. Gelukkig het ek nie uit Kaap uit woonwa gesleep nie.
Ontbyt by Afsaal, plek sien my weer slegs vir toilet gebruik. Swak diens, koue kos en koffie en oorvol met luiddrigtigr groen trokkie drywers.
Ek sal fotos plaas as internet sein beter is.
Byt vas
Soms gaan dit so dat die katte mens ontwyk en mens het so halwe (vals) idee in jou agterkop dat ‘n Krugerwildtuinbesoek sonder om ‘n leeu te sien ‘n mislukking is. Maar dis nog vroeg in julle toer, en ek glo julle sal nog bederf word met goeie besigtigings.
Forum vriende...
...het lekker gesels vandag. Soos almal weet is Maurits ook hier. Vanmiddag kom iemand na my en stel hom voor as Hein. Die ou is van Balito, en het by Voortrekker navraag gedoen, hoe om my te eien. Die laphoedjie en Kavango kombinasie het gewerk.
So het Maurits ook by gesprek aangesluit. Te lekker gesels.
Hein het ook nog 'n lang toer, by verskeie kampe voor, in Kruger.





Watse rol lê dwars oor die dak?
Is dit die voorste tent se stormseil? Myne haal ek af, vou dit op en bêre in die wa. Dit hang seker af hoe joune heg aan die opwip dak. Geniet die pak en moenie vir Salomien vertel hoe vol word die kappie geprop nie. Ek laat darem so 30cm ruimte bo die hoogste items in die kappie, en sy moenie uitvind daar kan dalk nog goed saamgaan nie.