6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -6 hours ago

Polisie kapers

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Op die N2, hier naby Humansdorp, is 'n vragmotor gekaap deur mense wat hulself voorgedoen het as polisie.  'n Vrou, aangetrek in polisieklere, het die vragmotor afgetrek en die res van die kapers het toe toegeslaan.

Nou is daar 'n berig in die koerant dat "die polisie waarsku motoriste om bedag te wees op kapers wat hulself voordoen as polisielede".

Nou wil ek weet, wat help so waarskuwing as daar nie riglyne gegee word oor wat ons nou te doen staan nie.   Stop jy of ry jy aan?   As jy aangery kom, het jy tog nie genoeg tyd om die situasie op te som om te sien of dit 'n lokval is nie.   

Middelburg

Somer Kamper

Thu, 07/12/2017 - 07:07

Naby ons op die N4 snelweg het 'n Indiër man gestop by 'n vulstasie. Hy merk toe 'n mooi Chev Lumina op en kyk nogal die voertuig mooi uit. Nadat hy weer vertrek het merk hy toe 'n voertuig met blou ligte op wat hom aftrek. Hy sien toe dit was diesefde voertuig en het besef dit was nie polisiemanne nie.

Toe die gewapende aanvallers uitspring en nader hardloop het hy losgebrand op hulle. Die een is dood op die snelweg agter gelaat en die res het gevlug. As my geheue reg is het hy glo nog een gewond.

https://mobserver.co.za/…

Dit bly maar 'n moeilike kwessie. Daar is polisiemanne in uniform, polisiemanne in burgerlike drag, polisielede wat deel is van die politici se bloulig konvooie en dan skobbejakke wat hulle as polisielede voordoen. Die grootste probleem is skelm polisiemanne wat vryskut werk as rowers doen. Hulle lyk na polisiemanne want hulle is polisiemanne.

Goeie oordeel, waaksaamheid en 'n vuurwapen het die "slagoffer" hier gered. Sy optrede was as geregverdig beskou, want gewapende ouens wat op jou afstorm in die nag kom nie vir koekies en tee nie.

Sou dit blyk 'n ooglopend amptelike padblokkade te wees, stop. As jy te vinnig of sê maar oor 'n rooi verkeerslig gery het, sal jy maar moet stop as daar 'n skielike blou lig is. Dan het jy net jouself te blameer vir die situasie. Indien 'n situasie enigsins verdag voorkom, sou dit dalk beter wees om te maak asof jy die ou nie sien nie en ry dan na die naaste polisiestasie of dan polisie- of verkeersvoertuig wat jy sien; nou nie die een wat jy verdink nie. Gegewe hierdie tipe insidente behoort jy jou optrede te kan regverdig in 'n hof.

Ek self dra 'n wapen, maar die aanvaller het gewoonlik die voordeel. Daar moet eers 'n aanval of onmiddellik dreigende aanval wees alvorens jy dit mag afweer. 'n Verkeerde besluit kan lei tot jou dood as jy te lank wag, of 'n duur uitgerekte hofsaak as jy te vinnig en verkeerdelik skiet.

Dit is nou 'n lank genoeg opstel hieroor.

Secunda

Sleep nou

Thu, 07/12/2017 - 07:24

Freda en ander dis nice polisie se wees versigtig hoe weet jy en ek is dit nou n polisieman of n skelm met polisie klere aan ??

Vaalpark

Johann L

Thu, 07/12/2017 - 22:33

My dogter en haar man is albei in die polisie,  op my vraag aan hulle wat maak jy in so geval, het hulle albei gesê;

As dit nie 'n pad blokade is nie, maw blou ligte kom op jou af en vra / wys jy moet stop, dan moet jy aan hulle erkenning gee dmv 'n hand sein,  jou hazards aan sit,  en ry aan tot hy naaste polisie stasie. Moet onder teen omstandighede net daar (in die verlatenheid) aftrek nie. Jy kan egter ook by 'n besige "veilige" plek aftrek,  dit is jou keuse. Moet ook nie begin jaag nie, as dit wel polisie is,  en jy begin weg jaag, gaan hulle onraad vermoed!!

As dit wel polisie is, sal hulle verstaan, as dit onwettig is, sal hulle pad gee.

Dit bly egter 'n risiko.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus