Goeie môre alaml,
So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".
Goeie hout...
....praat ons van die selfde Bundu river lodge langs die N1?? Ek praat van die plek naby die plek van die Sandrivierkonvensie, oorkant die afdraai na Aldam. Van die Suide af, gaan mens net by Aldam se teer afdraai [regs] verby en dan links vir Bundu.
Die vrou van Bundu het nog vir my en Chris B laasjaar 'n video van hele stukkie pad gestuur, en dit het gruis en plat voorgekom.
Wel as jy dit kon maak, behoort ek dit ook te maak.
Jy sal moet bel [083 308 0397] om my in Bellville te sien. Blykbaar laat Van Zylsrus nie sommer besoekers net in nie.
Goeie hout
Ek het permanent 2x leisure awns op my karavaan....nie een het al ooit gewapper nie. Die 2de gebruik ons as ons meer mense is en meer skaduwee soek....die 2x awnings zip aanmekaar vas, maar moet dit apart van mekaar vervoer....1x aan elke kant
Len...
....bly om te hoor dat Annatjie by die huis is, en dat dit beter gaam.
Ek kan dink dat julle voor 'n paar ernstige besluite staan. Na 56jaar se kampeerdery kan dit seker 'n moeilike besluit wees om hokaai te roep. Tog het julle 'n moerse klomp fantastiese belewenisse vergader, wat nooit uit julle geheue gewis kan word nie.
Daardie keuse wag op almal van ons, een of ander tyd. Ek sê juis die naweek vir Marie, ek wonder hoeveel kan ons kry as ons al ons kampgoete nou verkwansel.
sloop aan kant
Goeie hout, my Kavango se tentdak is ook 'n 'n toerits sak aan die kant. Dit word weliswaar effe vasgeknyp met die wa se dak tydens ritte, maar dit wapper nie.
Die " sloop" waarin die stormseil van die voorste bed geberg word, wapper ook nie. As ek dit nie self na agter op die dak, oorgooi nie, gebeur dit ongeveer op 20km/hr, en dan lê dit doodstil op die dak. Ek maak dit egter met 'n kabelbinder vas sodat dit nie uit die gleuf skuif na links of regs nie.
Hallo Almal
Baie dankie vir julle insette, Wessel en Geert.
Wessel, toe ons daar was, was die pad op berge en dale. Dit is die Bundu wat baie naby Aldam se afrit is. Maar met jou sleep kombinasie en grompie, sal julle dit maak.
Ry net stadig.
Goeie Hout
Die enigste nadeel van die awning is dat jy moet plan maak met reen water wat opdam. Ons laat sak net die een hoekpaal. Ek het ook een maat groter gegaan as wat specs is op my karavaan. Ek het Expo en hulle het die 3000 aanbeveel....ek het die 3500 opgesit. Dit gaan effe om die draaie, maar dit werk perfek vir ons. Miskien meet of jy kan gaan vir die 3900. My karavaan se specs is 5520 lank en n 3500 werk....Fleetline is 5970, so 3900 gaan heelmoontlik perfek werk





Goeie hout
Hi Goeie Hout. Ek kan nou nie die gespreklyn opspoor waar ons reeds gesels het nie....so kan nie onthou wat ek reeds gesê het en wat nie? Om jou vraag hierbo te antwoord....Nee, hy het nog nooit rondgewapper nie. Ek het al geloer op hoë spoed....awning lê stil langs karavaan. Ek het al gelees van mense wat sê hul sak wapper....maar dis met n rally awning wat opgerol is sonder pale. Die leisure awn is alles vas aan mekaar. Ek sorg ook dat Zips aan die agterkant van karavaan is sodat sou daar n klein opening wees, hy nie lug kan skep tydens sleep nie.
Watter karavaan het jy nou weer?