Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -22 minutes ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -4 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -5 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/11/2025 - 13:04

sjoe Grootwind, het jy al na die gebruikte padwaens gekyk soos ge-adverteer op Caravan Parks se blad.???

Sal julle 'n goeie gebruikte wa oorweeg, of moet dit verkieslik stink nuut wees.

Ek is nie 'n kenner van deesdae se padwaens nie, maar 2 name wat ek raakgesien het, was die Maverick by silver Lakes en 'n Quantum Infinity by East Rand Caravans.

Ek is onder die indruk dat staandak padwaens opsies redelik beperk is, meeste is opligdakke.

Dink jy dat jou trokkie darem die swaarder wa en groter windweerstand sal kan baasraak??laugh     

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 08/11/2025 - 13:16

"Nuut" in die geval beteken, soos die (Toyota gebruikte voertuig) advertensie sê "nuut vir ons", maw gebruik! Hierdie Omie het nog nie die Lotto gewen nie, so nuut uit die boks is absoluut uit! Die Infinity is dubbelas, dus uit. Die Maverick lyk asof ekke nog 'n PhD, die keer in karavaan opslaan, sal moet doen...lyk soos 'n pseudo veld wa? Wat bedoel jy? Dis mos 'n Ford wat maa...aaklik een van die modelle waarna ek kyk sal baasraak! Gelukkig is ons nie haastig nie, sal rustig rondkyk tot ons iets kry "wat met ons praat"

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/11/2025 - 16:05

Grootwind, wat van 'n luukse Mobi?? Dit voldoen mos aan jou spesifikasies, en dit behoort die teerpaaie wat agteruit gaan beter as 'n padwa te hanteer.

Die ander voordeel is dat julle met meer gemoedsrus so effe kan wegbreek na plekke, af van snelweë. laugh

Ag kom nou man, daar skuil mos so 'n growwe kantjie in joudevil 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 08/11/2025 - 17:16

Houtvrot kom met tyd en sleg oppas.  Ek sal met ń geruste hart Len se Exculsive aangeskaf het, dit is seker gewaarborg vrotvry. Nou glo ek stellig daar buite is nog sulke maters wat net so mooi hulle waens  versorg en seel en onder dak bêre.  

Die wa moet vir 10 jaar diens doen, ek glo stellig karavaan  kampers raak maar skaars op ń stadium. So ń 10 jaar oue Jurgens in skou kondisie gaan dalk paar boksies tick. Wat die kinders eendag met die ou klomp tools en karre en karavaan mee gaan doen, is hulle probleem. Ek, koop nie meer met her verkoop, of inruil in gedagte nie. It's my party, se die song.

0
Centurion

lein

Mon, 10/11/2025 - 10:16

Goeie more uit Centurion, Ons, ek en vroulief, is reeds oor sewentig(76 in my geval), en het onlangs ons Classique verruil vir 'n Quantum Connect (kleiner as die Comfort maar met presies dieselfde stort en toilet, maar slegs twee slaapplek) met Ewiks en lugreeling. Tweedehands gekoop by handelaar, 2019 model(die wa nie die handelaar!) maar letterlik "soos nuut" met volledige dubbel tent (dis soortgelyk aan Jurgens se modulere tente wat jy stuk-stuk kan gebruik) en rally tent

Die wa is kleiner en ligter as die Classique, hanteer en sleep baie lekker en het hope meer praktiese pakplek as die Classique

Ons geniet hom baie en sal hom nie maklik verruil nie, tewens hy hanteer en kamp baie lekkerder as bv die Sensation Vee wat ons klompie jare gelede nog gehad het

Groete en lekker soek!

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 10/11/2025 - 12:16

Hi Lein, ons is ook van Centurion (Irene)! Ons het oorspronklik gedink die Connect het nie 'n badkamer nie, maar jy bevestig dit het wel ene. Sal die ook op ons kortlys sit!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/11/2025 - 12:25

Grootwind, ek het gou op internet geloer. Dit lyk baie spoggerig, sal pas by julle statuur.wink

Pasgemaak vir 2 persone, ongeag ouderdom. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 11/11/2025 - 11:44

Moet sê dis nogals lekker om "window shopping" te doen vir 'n nuwe wa as mens nie haastig is nie. Opmerklik is die gebrek aan produk kennis van die meeste handelaars...eenvoudige vraag soos "Watter tipe as het die wa?" is duidelik bokant die verkoops mense se vuurmaak plek, Duidelik sal Oom GW maar die selfdoen roete moet loop....reeds 'n spreivel opgestel waarop ek beskikbare waens se details kan invul. Mens kan 'n klein projek hiervan maak! Komende Saterdag sal ons so bietjie rondloop en koop met onse oge! Ook opmerklik is dat party van die advertensies op bv Junkmail duidelik skelmstreke is met belaglik lae pryse, duidelik is die vir of 'n skrootwerf wa of ene wat 'n "spook" is. Ook opvallend is dat baie van die nuwer modelle slegs met 'n rally tent beskikbaar is (bv Quatro Connect)...handelaars reken om op te gradeer na 'n voltent kos in die geval "net" sowat R48k...

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 11:48

Grootwind, ek sal wegbly van Junkmail goete. Fokus eerder op handelaars met jare ervaring om waens te besigtig. 

Caravan Parks.com is ook goeie plek om dop te hou.

Wat het jy teen 'n pop up dak, na soveel jare met 'n Fleetline??

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 11/11/2025 - 12:09

Uiteraard is mens versigtig vir Junkmail en dies meer, maar steeds interessant om te kyk wat daar gesmous word en watter skelmstreke daar uitkom! As 'n selfopgelegde reël sal ek eerder by 'n gevestigde handelaar koop, minstens gee meeste 'n 6mde waarborg, nie dat dit altyd iets beteken nie soos die gevalle in die Kaap (Tygerberg) en Krugersdorp (Kennis)  klompie jare terug gewys het. Uitsondering sal wees as mens 'n goeie prys kan kry op 'n privaat koop waar mens die eienaars ken. Wat 'n popup dak aanbetref werk dit nie so goed met 'n badkamer, stort nie (Palma), Vroulief se uitdruklike instruksie is dat ons dan net sowel die Fleetline kan hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 13:16

Jou beterhelfte het 'n punt beet, ek het 'n Palma gehad.

Dalk moet jy tog jou uitkyk verbreed en 'n goeie gebruikte Mobi Lodge  oorweeg.

Ek kan nie nou aan ander boswaens dink wat 'n staandak het nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 12/11/2025 - 10:41

Mobi Lodge? Nee dankie, van buite af lyk dit soos 'n konings grootte perdetreiler! En die pryse is belaglik....onthou ons gryskoppe is nogal sensitief wat ons begrotings aanbetref, behalwe nou sekere omies wat sommer gou 'n nuwe 4x4 besteldevil En nee, ek stel nie in 'n boswa belang nie, ongeag vaste dak of nie. Wat ons keuse aanbetref lyk dit al meer asof ons sal moet kies uit 'n Classique, Quatro Connect, Okto Castello, Sensation/Destination. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/11/2025 - 11:18

Grootwind, dit is baie mooi. Ek sien nie 'n eethoekie [tafeltjie] binne nie. Dit bly vir ons 'n groot bederf, veral as weer sleg is.

Het jy stoorplek onderdak vir so 'n groot hoë wa. Seker nê, anders sal jy nie dit oorweeg nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/11/2025 - 18:12

Grootwind, ekskuus man, ek loer saam met jou rond.

Ek sal veel eerder na die Comfort de Luxe of -Country neig, as die Connect. ek sit groot premie op daai binne eethoek. Net reg vir skootrekenaar en beterhelfte se Bernina naaimasjien, om baie dae by Scotties te verwyl.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 12/11/2025 - 19:46

Lyk my ek sal my spreivel moet ernstig opgradeer met iets soos 'n Multi Criteria Decision Making (MCDM) algoritme om te help met 'n besluit! Met die insette van die bendelede op die forum begin ek ernstig bekommerd raak oor die aantal permutasies wat moontlik is as dit by 'n keuse kom. En die omie se koppie raak juis so maklik deurmekaar! Ons probeer om rondom R300k te hou...maar as ek weer kyk begin die mikpunt ook skuif soos rubber doelpale!

Ek stem saam met die eethoek ding Wessel. Die buwer waens het wel 'n eethoek dink ek maar die tafel is los en word nie altyd in foto's gewys nie. Die ouer Jurgens waens soos die Fleetline se tafel haak aan die een muur was met sulke magaftirs waarmee mens die tafel heen en weer kan skuif...ek hou meer daarvan as 'n los tafel, dalk die eerste "verbetering" aan die "nuwe" wa?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/11/2025 - 07:45

...daai R300k kriteria is seker bo en behalwe die inruilprys van die Fleetline?

Ek kyk so na die buite breedte van padwaens, meer as 2.3m, en ril as ek dink aan die sleep in druk verkeer en op smal enkelbaan paaie. 

Hoe groter die vriende inset kring, hoe moeiliker raak keuse. Ek sal met moeite nou probeer stilbly.laugh Geniet die rondkyk en intensiewe navorsing. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 13/11/2025 - 08:33

Die breedte van 'n pad karavaan pla my nie, hulle is basies almal dieselfde, net so ietwat minder as 2.4m. Het my ekstra swaar voertuig liksens op 'n Rooikat pantser kar gedoen, met praktiese toets in Bedford View se smal paaie, boonop was die gedoente iets soos 8m lank en het 28t geweeg. Bestuurder het slegs 'n klein kykhoek vorentoe en res slegs met spieels....so nee wat karavaan is geen probleem nielaugh

Tussen al die karavaan opsies is daar altyd die ene wat sê hou wat mens het! Sal moet sien.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/11/2025 - 08:36

Ek kyk so na die buite breedte van padwaens, meer as 2.3m, en ril as ek dink aan die sleep in druk verkeer en op smal enkelbaan paaie. 

Elke keer wat ons ‘n vaste dak pad karavaan in die teenoorgestelde rigting verbysteek verstom ek my aan hoe groot die goed is. Ek het nog nooit ‘n pad karavaan gesleep nie, vaste- of opwipdak ongeag. As mens dit gewoond is, is dit seker anders maar my senuwees sal my opvreet. 
 

Geniet die soek en vergelyking GW. Ons het maar ‘n opslaan Kavango met ‘n uitskuif stort maar dis seker my gunsteling luukse van die wa. Ek is nie baie lief daarvoor om in ablusie te gaan stort en alles saam te piekel en maak nie saak wat mens doen kry ek nooit reg om my voete heeltemal af te droog of my plakkies droog te hou nie. Dis soveel lekkerder om uit jou stort direk in jou wa te klim en skoon aan te trek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus