Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 minutes ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -34 minutes ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -55 minutes ago
Fred Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Geniet die laaste luilekker.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Ek sien hierdie ertjiesop… Ertjie Sop! - Hester Kruis Voortrekker -1 hour ago

Die Bouchers en Dwarswegstrand

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.

Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 12:45

Dit sukkel om patats te kry. Hartenbos se PnP het so 'n paar verleptes gehad en De Dekke Spar sê dat patats skaars is en hulle sukkel om dit in die hande te kry. En as daar nou een ding is wat vir my absoluut noodsaaklik is in 'n kerriepotjie is dit patat. En môre-aand is daar 'n kerriehoender-potjie op die spyskaart.

Toe ons dus gister na Die Punt toe ry, het ek eers by Food Lover's by Heiderand gaan inloer. En hulle het toe die mooiste patats denkbaar. Dus is ek geholpe vir môre-aand se noodsaaklikheid in my potjie. Wessel sou, indien hy kon kom saameet, seker eerder gewens het dat ek nie kerrie in die hande kon kry nie. Maar ek het die Indiërvrou se sogenaamde "Honeymoon Curry-mix" saamgebring.

Maar by Food Lover's sien ek toe Van Loveren se Colombar wyn teen R59.99 per bottel versus die R75 per bottel by Van Loveren se afsetpunt by Klein-Brak. Ek het maar nie gekoop nie, want die pakplek in die Honda (vir die terugreis huistoe) is ongelukkig te knap. As ek hier was met my Dakar Hilux sou ek beslis opge-"stock" het.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 13:15

....gaan jy met die woonwa, of in hulle huisies.

Ek het lekker windgat daar bo, voor die huisies my woonwa gaan staan maak. Toe kom die wind en ek het agter melkhout duin en ablusie gaan inkruip.

Onthou die gesegde-----as jy die see kan sien, gaan die wind jou raak waai

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 13:36

... die Hilux sal seker saamkom - tensy ek weer voor die tyd gaan duine ry wink. Maar nee, ons gaan weer in een van die strandfrontwoonstelle bly vir die 14 aande - dieselfde een (4A).

Op hierdie stadium werk my kop aan 'n karavaan-vakansie in Namibië volgende jaar. Ek twyfel of die karavaan se wiele weer vanjaar gaan rol.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 13:38

Chris B, dalk moet jy maar versigtig wees met daai mix!!! Mens weet nooit wat is saam met kerrie ingemeng nie. 

0
Sandbaai

maurits

Mon, 19/01/2026 - 13:44

Wessels ek is die Boland gebore. Ons mense is nie bang vir wind nie. Hier op Sandbaai waai die Noordwes in die winter soos jy nie ken nie. Dan drink ons rooiwyn en braai binne. Solank ek kan gaan ek met my karavaan kamp. Op hierdie jeugdige ouderdom van 78 geniet ek en Martie ons karavaan nog ten volle. Daar sal seker n dag kom dat ek my Hilux ook by die huis moet los en met die karretjie moet ry. Kampers wat alle weer soos hy kom. Maurits

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 16:37

Daar kan dalk gesê word ek draai nou my gat op kamp. Maar daar is tye en omstandighede wat ek vaste akkommodasie baie geniet. Die twee kere wat ons hier by Dwarswegstrand gekamp het was elke keer hemels. Maar met die ghawwermint se gesondheids "issues" is kamp tans 'n bietjie ongemaklik.

Om in 'n goed-toegeruste seefrontwoonstel by hierdie puik oord te bly, is vir ons op hierdie stadium gemakliker. Met onbelemmerde uitsigte soos hierdie kan jy nie vir beter vra nie.

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

Dwarswegstrand

En aand na aand se sonsondergange (vanaf jou stoep gesien) is dit nog meer spesiaal.

Dwarswegstrand

Ek vertrou dat die antie se gesondheidsprobleme kan/sal oorkom word sodat ek weer met 'n gemaklike hart kan gaan kamp. Ek vertrou dat selfs ons beplande (en reeds bespreekte en betaalde) reis na ons ver kinders sal kan realiseer in Mei/Junie. Daarom ook dat ek vaste akkommodasie in Kgalagadi en Augrabies tydens Oktober bespreek het.

Maar diegene wat nog gemaklik kan kamp - doen so voort. Dit is 'n voorreg.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 20/01/2026 - 08:09

Ek ken daardie uitsig goed, en dit is inderdaad onverbeterlik in daardie geweste. Teen die prys wat julle betaal blameer ek julle ook nie dat julle in ‘n huisie tuisgaan nie. Woonstel is bietjie misleidend, want dit laat my dink aan iets wat in ‘n blok aanmekaar gebou is op meer as een vloer. Die huisies daar is skakelhuise in pare waar een net een slaapkamer het en die ander twee as ek dit reg het. En hulle is almal heel voor teen die see met so ‘n uitsig.
 

Dit het ook alles in wat jy mag benodig tydens vakansie en daardie uitsig terwyl jy braai. Bespreek liewers so ‘n strandhuis as jy Dwarswegstrand toe gaan en los die simpel kampterrein vir die sukkelaars wat hou van die geraas van kinders, die wind van die see af wat jou pla en badkamers deel met 33 ander staanplekke. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/01/2026 - 10:09

...met 'n boswa af see toe,as jy in so 'n 2-persoon [1 slaapkamer] huisie kan bly.

Mens pak 3 dae in, sleep 3 dae af see toe, om in die wind te staan met 'n slap tent wat soos uithang-onderok wapper. Ag en dan praat mens nie eers van die beknoptheid van die waentjie nie. 

Staanplekke is maar knap en opmekaar, en jou voertuig staan in die bloedige somerson. Boonop moet mens 'n allemintige ent stap na die ablusieblok toe.

Skielik wonder ek, hoekom sukkel ek nog so met 'n wacrying 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/01/2026 - 10:26

Nog 'n pragtige dag - bewolkerig, maar tot nou toe nie 'n teken van wind nie. Ons het pas teruggekeer van nog 'n 4km (volgens my foon se Strava App) strandstap tydens laagwater. Watter voorreg!!

Soos wat ek nou hier sit en tik kom 'n groot skool dolfyne agter die branders verby geswem. Té mooi om te kyk hoe party heeltemal uit die water spring en hoe hulle in die branders baljaar.

Gisteraand het hier so 'n lawwe windjie (baie effentjies) uitgekom wat dit amper 'n bietjie koelerig gemaak het tydens die braai op die stoep. Aitsa - daardie "dry aged pork rashers" van Van Rensburgs is aan te bevole. En hulle boerewors is ook nie "bad" nie. Nee - hulle boerewors is eintlik blerrie lekker.

My ontbeende hoenderborsies is uit die vrieskas gehaal vir vanaand hoenderkerrie wat in die driebeen swartpot aanmekaar getimmer sal word.

Nee o jinne - dit is amper 10:30. Ek moet darem seker my tande gaan borsel. Maar my tyd is my eie. Ek kan mos doen wat en hoe ek dit wil. En die antie het darem nog nie gekla dat die ou bek stink nie.

Mooi dag vir almal. Myne is reeds mooi.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 20/01/2026 - 16:01

Chris. Jy moet asb vir my die kontak no en persoon se naam stuur. Plan is om met Von se verjaarsdag, week van 19 Feb, vir paar dae daar uit te span. Sal jou spot probeer bespreek.

Aanvanklik het ek gedink aan KagaKama omdat dit so onder bespreking was. Dit lyk bitter aangenaam daar. Vir 2 pensioensrisse het dit R4400.00 per dag beloop met DBB. Ouma het gesê ek is simpel, en heeltemal te vêr vir 2 aande.  Bly ek het so vrou getrou. smiley

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/01/2026 - 17:38

... die dametjie by Ontvangs is Deidre. Ek weet nie of sy self die foon antwoord vir besprekings nie. Nietemin - hulle nommer is 044 879 1010.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 09:01

Watter pragtige oggend hier by Dwarswegstrand. 'n Lekker strandwandeltog binne die volgende halfuur is op die dag-beplanning. Maar verder niks - net die mooi inadem.

Ek het vanoggend 'n mooi "dry aged rump steak" (ala Van Rensburgs) uit die vrieskas gehaal vir vanaand se braai - saam met lekker krummelpap en sous. Die sous laat my sommer dink aan ons Tzaneen-dae toe ons vir die eerste keer as Bolanders aan pap-&-sous as standaard bygereg by braaivleis bekendgestel is.

Daardie jare (vroeë 80's) was daar nog nie geblikte uie-&-tamatiesmoor op die winkelrakke nie. Elke huisvrou, wat verantwoordelik was vir die pap-&-sous het haar eie uie-&-tamatiesous (of soos ons dit leer ken het as 'sheba') gemaak volgens smaak. Deesdae volg ons maar die lui manier met geblikte uie-&-tamatie (wat ons steeds 'sheba' noem).

As koshuisganger in my laaste 2 skooljare in Ficksburg, het ek krummelpap leer eet - elke oggend vir ontbyt met melk en suiker en een aand per week saam met vleissous. My vriende in Tzaneen het deur die bank stywepap gemaak (wat ons toe ook maar gedoen het). Maar na ons terugkeer tot die Boland (reeds 43 jaar gelede) maak ons deesdae graag krummelpap. My ou boesemvriend, steeds woonagtig in Tzaneen, sê dat hy hou nie van krummelpap nie, want die wind waai dit uit sy bord uit.

Nietemin - vanaand sal dit krummelpap en geblikte sous wees. Ons maak net pap wanneer ons "steak" braai. Saam met ander vleissoorte bly 'n braaibroodjie maar die voorkeur.

Nog iets - terwyl ons in Tzaneen woonagtig was, was daar op 'n stadium 'n tekort aan witmielies. Die gekoopte mieliemeel was gemeng met 'n persentasie geel meel. Sedertdien meng ons steeds ons mieliemeel met 'n derde geel meel (Polenta). Wanneer my dogter vanuit Roemenië kom kuier, of wanneer ons daar gaan kuier, word etlike pakke geel meel (Milai genoem in Roemeens) gekoop - baie goedkoper as Italiaanse Polenta.

Geniet jou dag - ek geniet tans myne met 'n tweede koppie koffie op die stoep.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/01/2026 - 09:28

Ek sit en nuus lees, ons het letterlik gisteraand uit die "bloute" 25 mm reent gekry. Dus is my turfbeddings so taai gemors dat ek nie eers wil probeer om met vurk daarin te werk nie.

Ek sien ou Trompie is nou lekker omgekrap omdat engelse 'n klein eilandjie vir Mauritius terug gegee het. Ongelukkig is daar 'n vreeslike besige Amerikaanse militêre vliegveld op die stukkie grond.

Nou moet ons kyk wat Trompie by Davos gaan onderhandel. ek vermoed hy gaan NAVO lande se skuld oorvat, in ruil vir Groenland. Baie van die lande betaal blykbaar nie hulle lidmaatskap nie, maar goeie ou VSA moet voor in die koor sing, as liedere opgegee word.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 21/01/2026 - 11:06

Ek sien Mnr Boucher is aanlyn so of hulle het klaar gaan stap of hy sit nog in sy slaapklere op die stoep en kyk vir die dolfyne. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/01/2026 - 13:27

Nou van wanneer af slaap ChrisB met slaapklere  -  beskou hy homself dan nou reeds as oud ?

ChrisS, gegewe jou opmerking hierbo betreffende ChrisB se slaapklere, lyk dit vir my jy weet iets meer as ons. Bring ons asseblief op hoogte van hierdie gedrag.

Ns. Gegewe die skrapse gesels oor die kamplewe, is dit g'n wonder dat ons nou begin twak praat nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 13:34

... jou aannames is bykans 100% in die kol. Teen daardie tyd wat jy jou inset geplaas het, was die 4km al agter die rug. Ons wissel dit af - een dag in die rigting van Glentana en die volgende dag in Groot-Brak se rigting. Vandag was laasgdenoemde.

Nee - ek was darem al uit my slaapklere en het gister se klere vir die stap aangetrek. Maar ek het nog tot ongeveer 12:30 in gister se klere rondgehang. Ek het net voor 13:00 eers klaar gestort en die ou gesig met 'n skeermes gekrap. Ek lyk nou weer 'n bietjie meer respektabel.

Noudat ek klaar my broodjie met 'n stukkie droëwors geëet het, gaan ek 'n bietjie op my rug staan vir 'n "power nap". 'n Man is mos nie 'n perd nie - dis net 'n perd wat kan aanhou en aanhou werk. Mens moet mos rus ook tussen die niksdoenery.

En nee - nog nie weer dolfyne gesien nie. Ek kyk net vir die paar hoopvolle hengelaars hier voor ons kaia. Hulle probeer hulle "luck" elke dag - maar ek het sedert ons verlede Maandag hier aangekom het nog nie 'n enkele vis uit die water sien kom nie. Hulle het nog nie gehoor van Hentiesbaai nie.

Van Henties gepraat - my seun-hulle vertrek 14 Maart. En my hart trek met 'n punt daarnatoe. Maar ons moet hulle kokketiel oppas.angry

Nee - met die Roemeense besoek wat om die draai lê (vertrek 4 Mei op die ouballie se 72ste), kan daar beslis nie nóg iets ingepas word nie. Dis wat my bankbestuurder sê.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 13:39

... daai dinge (slaap sonder klere) was jare gelede gedoen - voordat die kinders begin grootraak het en soms onverwags ons kamer ingekom het. Deesdae is dit maar 'n T-hemp en 'n Boxer-broekie. Ag - waar's daai dae toe die hormone nog hoogty gevier het.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 21/01/2026 - 16:46

Ek het nou so lekker gelees aan die Bouchers se heerlike niksdoen-vakansie op 'n pragtige plek. As ek kon sou ek sommer môre vir 'n paar dae uitgestap het wildtuin toe, maar ai, dis nat en ek dink nie dit gaan dieselfde wees om ingeperk te wees t.o.v paaie nie.

Geniet die res, Chris. Ek geniet die saamkuier - met of sonder pajamaslaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus