Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Addo toer

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

More almal. Voorspoed vir 2026. Het iemand al van die Kaap so kamp kamp gery tot in Addo. Wil net graag weet van veilige staanplekke en wil miskien nie weer met N2 terug kom nie. So n sirkel roete, miskien deur Karoo terug. Is Junie n goeie tyd om dit te doen. Dankie

Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/01/2026 - 12:16

Jeanne, jy gaan baie raad kry hier.

Ek sal byvoorbeeld met die N2 toer tot by Port elizabeth, en dan N10 na Paterson. Daar vat jy die R342 na Addo se hek. Ek sien Sanparke beveel die roete aan. Moet nie van Despatch, of R335 gebruik maak nie. Dis blykbaar onveilig.

Met die N2 is daar baie veilige woonwaparke om te oorweeg. Dink aan Bontebokpark , Jongensfontein, Dwarswegstrand, Glentana, plekke om Plettenbergbaai, Stormsriviermond, om paar te noem.

Met die terugry, kan jy lekker groot draai ry. Van Addo gaan jy eers op na Cradock, na die MountainZebra NP. Dan ry jy Graaff Reinet oor en slaap 1 nag by CamdebooNP. Dan skuif jy aan na KarooNP vir ten minste 4 aande. 

Het julle toe al 'n boswa gekoop??? Wat het julle gekoop??

 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 26/01/2026 - 12:21

Dankie Wessel. Jou roete klink spot on. Nee maar besluit om motorhome te hou. Net te gerieflik. By kampplek kan ons binne 10 minute ontspan. Sleep maar Jimny saam vir rondry.

0
Sandbaai

maurits

Mon, 26/01/2026 - 12:26

Jeanne, hierdie roete wat Wessel aanbeveel is perfek. Ek het dit al n paar keer so gery vanaf Sandbaai. Groete. Maurits

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 26/01/2026 - 12:31

Maurits, dankie. Is Onrus n veilige plek vir kamp, was lank terug daar. Sal motorhome inkom onder bome, daar is baie. Weet jy of daar oop staanplekke is naby ablusie.

0
Sandbaai

maurits

Mon, 26/01/2026 - 12:55

Jeanne , Wessel sit daar bo in die ander land maar hy gee jou goeie raad. Die kamp waarvan hy praat in Kleinmond is net voor jy die dorp inkom op die regterkant. Was eers n munisipale kamp, maar  is nou onder die regte bestuur. Onrus kamp het baie melkhout bome wat taamlik laag is waaronder julle wa beslis nie sal pas nie maar daar is genoeg ander mooi staanplekke wat 100% reg is. Ek was vanoggend daar verby toe ons in die gety poel gaan swem het. Die kamp is taamlik leeg. Wat Addo in Junie betref moet jy onthou dit is winter. Lieflike dae met koel aande Maurits

0
Durbanville

Jeanne Jones

Mon, 26/01/2026 - 13:09

Baie dankie Maurits. So ek ry van Gordonsbaai via Clarens Drive en dan nadat ek oor n hoe brug is le die plek regs net voor Kleinmond. Ek vra maar net, is dit nie naby daai groot plakkerskamp nie

0
Sandbaai

maurits

Mon, 26/01/2026 - 13:21

Nee as jy van daardie rigting kom ry jy regdeur die dorp. Net soos jy deur die dorp is moet jy links draai om by die kamp te kom. Dit is ver van die plakkerskamp. My eerste aanwysing was van Hermanus se kant af. Sorry

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/01/2026 - 15:12

...weet niks van 'n hotel af nie. Wat ek wel weet, is dat ons forum se Dakarjaer in Kleinmond bly.laughdevil  

As Maurits korrek is met Junie se beskrywing as " lieflike dae met KOEL aande", dan is dit absoluut die regte tyd. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/01/2026 - 17:49

Nou onder private bestuur. Kom ek verduidelik eerder van Hermanus se kant af om verwarring uit te skakel.

Soos wat jy eerste huise in Kleinmond kry, is eerste straat regs (na die berg se kant toe) Haemanthus (padwyser langs die pad wys Heuningkloof - waar ek woon). Hou jy egter aan met die pad, ry jy verby die woonwapark aan jou regterkant (net-net sigbaar van die pad/straat af). Draai dan eerste straat regs en ry tot T-aansluiting waar jy weer regs draai. Die park se ingang is knap daarna aan regterkant.

Die park is deur die nuwe "eienaars" pragtig opgeknap en is tans baie gewild.

As jy met Clarence Drive sou ry, ry jy regdeur die dorp. Nadat jy oor die derde 4-rigtingstop is, kry jy die tennis-, jukskei- en rolbalklubs links. Nadat jy by die rolbalklub verby is, draai jy met die tweede straat links.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 26/01/2026 - 18:28

Jeanne.  Hallo daar.  Onrus is nou weer terug geneem van die boewe.  Ons het n maand desember daar gestaan en alles was wel.

Ons gaan ook 2de naweek in Feb daar staan.

Die plek neem RV's.  Geen probleem.  Daar is baie staanplekke en hulle sal RV's akkommodeer.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus