Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -6 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -7 hours ago
Hael November 2026 Geert -7 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago

Maart saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Iran & Dubai

Wessel

Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister. 

Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.

Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.

Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.

Groetnis

Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/03/2026 - 11:04

...begin met engine coolant koste. Ek sien dit nie op ander kwotasie nie. 

Elke ou moet maar self besluit wat jou vraag aanbetref. Ek het my Hilux na 30 000km diens weggevat by Toyota, ongeag diensplan.   

Ek het meer vertroue in 'n plek waar ek nie net 'n nommer is nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 05/03/2026 - 11:26

Ek kon nog nooit 'n vinger wys na my Toyota-agentskap nie (Hermanus Toyota). Ek ken die eienaar, ek kom al jare aan met die spesifieke verkoopspersoon, ek is op goeie voet met die diensbestuurder sowel as die hoof-tegnikus. Ek is op vriendskapsvlak met die diens-ontvangspersoneel. Wat meer kan ek sê.

Dit het nog maar selde gebeur dat enige van my Toyota-voertuie se diensplan verstryk het. Dus word my Hilux'e altyd deur Hermanus Toyota gediens. My ervaring is egter nie só goed met my vorige handelaar nie - 'n baie groot agentskap.

Ralie se Honda het maar 'n 2-jaardiensplan gehad, maar 'n 5-jaar waarborg. Tot tyd en wyl die waarborg nog geldig was, het ek die Honda na die agentskap geneem vir dienste. Maar sedert die waarborg verstryk het (die Honda is bykans 9 jaar oud - 46 000km op die "clock") neem ek dit na 'n plaaslike werkswinkel wat uitstekende diens lewer.

Sou my huidige Hilux se diensplan verval (dan is dié ouballie 80 jaar oud) sal ek beslis sterk oorweeg om uit gemaks- en koste-oogpunt ook dieselfde plaaslike werkswinkel te gebruik.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/03/2026 - 13:51

...met 'n smile op my bakkies, en las van skouers af. Vier keuses waarom;

1] nuwe woonwa bestel

2] kompleks se boeke klop 

3] of nuwe 4x4 in garage

4] al die bostaandes 

 

Ongelukkig is die regte antwoord nr 2. Selfs op my oudag bly dit sleg om pa te staan vir ander mense se geld en spandering daarvan. As my inkomste/uitgawe staat klop, kan ek met lekker hart die Kavango hak en die pad vat.

Die eienaars stel meer belang daarin, as die amptelike lywige oudit-verslag.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/03/2026 - 14:57

...sê dat dit kalm is daar. Paar vegvliegtuie wat rondvlieg en seke skepe in straat van Hormuz oppas. daai olieskepe moet ongehinderd kan deurkom, sodat lande olie kan kry.

Trump se aand en oggend praatjies klop nie. Paar maande terug verklaar hy dat Iran se Uraanverrykingsaanlegte platgeskiet is. Nou beweer hy dat Iran binne 2 weke[??] 'n kernbom kon bou. Dit is eintlik onmoontlik om so vinnig aanlegte weer op die been te kry, en tot kerngraad te kan verryk.

Dit laat 'n ander opsie, word Iran van elders van die verrykte Uraan voorsien en hulle plaas dit net in reeds vervaardigde samestelle en in die missiele????

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 05/03/2026 - 14:59

Deesdae doen die agente se werktuigkundiges meestal maar net wat die handleiding of rekenaar vir hulle voorskryf. Vir die eerste 90000km se dienste is dit OK, so as jy ‘n nuwe voertuig kan bekostig en ‘n diensplan gekry of gekoop het gebruik dit. 
 

As jy egter soos ek ander mense wie se diensplan verstryk het se voertuig koop uit ekonomiese oorweging, sal ek nie agente toe gaan nie. Die koste is een faktor, maar die kundigheid en ervaring is eintlik die belangrikste. Afgesien van net doen wat die rekenaar en handleiding sê, glo ek die meerderheid voertuie wat na agente gaan het waarskynlik onder 100000 gery. Dus doen die werktuigkundiges basiese werk soos olie en filters ruil, dalk remskoene vervang. Niks groter as dit nie.
 

Ek het einste Hermanus Toyota gebel voor ek die RAV (wat ek intussen al weer verkoop het) gekoop het. Ek het gekyk waar dit laas gediens was, en dit was by hulle. Hulle sê toe die voertuig het nie groot werk gehad nie, maar die cam pulley seël moet vervang word, en die vorige eienaar het gesê dit moet wag. Seker geweet sy gaan verkoop.
 

Nadat ek dit gekoop het vat ek dit na Pierre Nolte toe en sê vir hom hy moet asb die cam pulley seël vervang. Hy bel my later en sê dit makeer niks, en die bietjie olie wat lek kom van agter die enjin af. Hy het die lekplek geseël vir spotgoedkoop, en dit het nooit weer gelek tot ek dit vyf jaar later verkoop het nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 05/03/2026 - 17:43

Hoor wat almal sê van onafhanklike werkswinkels en dat dit heelwat goedkoper is. Agente moet diens soos die vervaardiger aanbeveel, en daar is sekere items wat vervang moet word lank nadat die diensplan verby is. Bv my 76 se timing belt word eers op 180 000km vervang. Die wiellaers moet elke 20 000 gepak word. My vraag is, weet Mike die Makeniek dit? Dogter se Merc B200 turbo se ratkasolie en filter moet ook op hoë kilos vervang word. Haar betroubare John Deere makeniek het nie geweet nie. Sy sit nou met n flenter auto ratkas.

En dat die verskil tussen ñ Toyota diesel filter en ene wat ń kwart van die prys is, en erens vreemd vervaardig word. Selfde met olie filters. Ek het al n bekende naam oopgesny om te kyk, en ook ñ genuine Toyota filter. Dit was chalk en cheese.

My punt is dit. Vergewis jouself van wat spesifiseer word op sekere dienste vir jou voertuig. Probeer daarby hou al dink jy dit is onnodig. Vervaardigers hét ñ goeie rede daarvoor, hulle sal beslis nie twak voorskryf nie.

Koop self jou filters etc  by die agente, en laat Mike dit gebruik. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/03/2026 - 21:09

Ek kyk nou ‘n bemarkingsvideo vir Kaapstad uit die 60’s   Hulle spog oor die goeie paaie met kapasiteit vir die stadsverkeer. Dit terwyl hulle die paaie uit die lug afneem. Dit lyk nog presies dieselfde (ewe veel bane) 60 jaar later. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 07/03/2026 - 20:25

Het vanaand Wraps gemaak..  was bietjie moeiliker as wat videos wys...maar was lekker. Ons het met tuna mayonnaise gemaak 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/03/2026 - 07:41

Ek sien op die ander forum dat daar reeds gewaarsku word dat brandstof skaars GAAN word.

Ek wonder vanwaar kom SA se olie en brandstof?? As ek reg onthou, het SA mos nie meer olie reserwes, geberg nie. dalk moet mens maar tenke volmaak, want ek twyfel of ons 'n vooraf waarskuwing gaan kry.crying

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 08/03/2026 - 08:49

As olie skaars raak kan ons gereed maak vir hernude beurtkrag. Ek glo dis net die miljoene liter diesel wat verbrand word wat ons intussen daarvan gered het.

Amerika het natuurlik baie strategies eers vir Venezuela “bevry” sodat hulle makliker toegang tot die land se olie kan kry voordat hulle Iran begin “bevry” het en die straat van Hormuz gesluit raak. Basta met die res van die wêreld.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/03/2026 - 12:00

Opvallend die ooreenkoms tussen Iran en SA presidente se gedrag/verskonings.

Beide verkondig dat hulle opdragte gegee het dat  militêre aksies nie mag gebeur nie. Tog steur beide lande se generale staf hulle nie daaraan nie. 

Ter plaatse, dat Iran nie aan vootoefening moet deelneem nie.

In Iran, moenie VAE bestook met missiele en hommeltuie nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/03/2026 - 17:16

Wie het onlangs by die oord kampeer?? Ek wil die pad korter maak tussen Plett en BergkwaggaNP.

Ek het nie lus om na The Willows te gaan nie, dit lyk of mens deur die hele PE moet ry.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 08/03/2026 - 20:32

Wessel die enigste waaraan ek kan dink wat moontlik kan help met inligting t.o.v. hierdie oord is VW. Nie so lank gelede nie was hulle daarheen vir 'n wegbreek (as ek nou reg onthou) en woon in die omgewing. Indien jy wel daar gaan oorstaan kan ek aanbeveel dat jy ook by die duine gaan afgly - dis vet pret. Miskien kan Marie vooraf vir jou 'n broek stik van meelsakkies met rekkies in die some om sodoende die ergste sand uit te hou. Buite Brits op die TBZ pad was/is mos 'n meule wat aan Duitsers behoort??

Hoop jy het groter sukses om vir VW aan die praat te kry. Toe ek gevra het of hy dit kan oorweeg om sy varkie-oond aan my te verkoop is ek pleinweg geïgnoreersadlaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 09/03/2026 - 01:05

Ek het nou n YouTube kanaal begin waar ek al die oorde wat ek besoek my ervaring mee wil deel. Ek het nou die 1ste video gelaai van Dolphin Holiday Resort. Vir die wat hom gekyk het...gee asb kommentaar hier....positief of negatief....wat julle mis wat ek in volgende videos kan byvoeg. Sommer enige terugvoering....al is dit negatief sodat ek daarop kan verbeter volgende keer.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 09/03/2026 - 01:08

Ek het nou n YouTube kanaal begin waar ek al die oorde wat ek besoek my ervaring mee wil deel. Ek het nou die 1ste video gelaai van Dolphin Holiday Resort. Vir die wat hom gekyk het...gee asb kommentaar hier....positief of negatief....wat julle mis wat ek in volgende videos kan byvoeg. Sommer enige terugvoering....al is dit negatief sodat ek daarop kan verbeter volgende keer.

https://youtu.be/gb4wy77…

 

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/03/2026 - 06:49

... skitterend gedoen! Ek het nou die video op You Tube gekyk. Dit maak mens lus om Dolphin te besoek.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/03/2026 - 07:44

Ek het ook gekyk, en kan nie jou video kritiseer nie.

As mens egter nie jou "link" het nie, hoe kom Jan alleman daarby uit??

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 09/03/2026 - 10:05

Diegene wat die oliepryse so af en toe volg sal maar die bottel Prozak moet nader trek. In die laaste 24 uur het die Brent Olieprys (wat ons direk raak) by 110 Dollar verbygeskiet (hoogste sedert 2008 toe dit 147 Dollar was dink ek) en "darem" effe terug gesak na 'n rapsie oor die 99 Dollar. Beginne lyk asof ons mense wat sleep maar die karavaan op blokke moet sit en wag vir die Iran/Israel/VSA ding wat Trompie begin het om oor te waai. As vorige geskiedenis homself herhaal sal die prys nie vinnig terugkeer na wat dit skaars 'n week gelede was nie. Ek ys om te dink wat diesel binnekort gaan kos (en dan die gepaardgaande impak op byna alles soos kos wat per vragmotor vervoer word) Beginne 'n gevoel kry dat my Junie/Julie vakansie met Juffrou Sensasie so half in sy m#$r kan wees wat die brandstof begroting aanbetref. Julle gevoel?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 09/03/2026 - 12:17

En ek hoor dat Trompie sê die duurder brandstofprys is ń " small price to pay" !!! Hoe die spul tot n einde gaan kom, is net so kommerwekkende vraag. Iran sal nie oorgee nie, teen hulle geloof, sal eerder sterf, en dan is dit die grootste eer wat hy kan bereik in die lewe.  Die Straat van H●¤☆》witz sal toe bly.

So, brandstof beperkings lê en wag vir ons. Al word dit duurder, gaan die tekort ñ groot probleem wees. Ons kry n groot hoeveelheid olie van ek dink  die UAE af. Bietjie Nigerië, bietjie Suid Amerika. Maar nie genoeg nie. 

Dalkies kry elektriese voertuig verkope ñ hupstoot. Paar eksta panele op die dak en voila. 

Genoeg twak gepraat vir die maandag.laugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 09/03/2026 - 13:13

is een ding, maar beskikbaarheid is my grootste bekommernis. Vanaf middel April het ons 'n bespreekte wildtuin wegbreek van nege dae. Dink ek het dit iewers genoem dat my bussie ons met een tenk diesel tot by Satara en weer tuis kan kry, maar vir rondry in die wildtuin gaan ons meer nodig hê - @ nét 100km/dag (wat nooit gebeur nie) vir 9 dae, beteken dit nog 'n tenk diesel. Indien vulstasies daar uit brandstof raak gaan dit lol. Daan reken dis geen probleem nie - ons sorg net dat ons gestrand raak in 'n kamp ver van 'n toegangshek en die parkeraad gaan ons nie uitsleep nie, want hulle kort ook brandstof laugh Indien beurtkrag dan al ingestel is a.g.v. 'n tekort aan diesel sal dit ook veel lekkerder wees om op 'n kampvuur te bak/braai.

Ook klaar nonsies gepraat....vir eers.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus