Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -6 hours ago
see water November 2026 Geert -6 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -14 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -15 hours ago

Maart saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Iran & Dubai

Wessel

Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister. 

Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.

Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.

Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.

Groetnis

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 14/03/2026 - 10:05

Om terug te keer na nonsens praat....Dink nie die Amerikaners dink dat Iran verslaan is nie (Trompie se opmerkings is aan 'n spesifieke gehoor gerig dink ek). "Tel 'em what they want to hear" is mos wat politici se koppie is! Die Amerikaanse militêre mense waarmee ek in die verlede te doene gekry het was almal baie goed in wat hulle doen en natuurlik is hulle wapentuig van die beste wat daar is. Ek dink ook nie hulle sal stewels op die grond neersit in Irak nie (hulle is gewoonlik goed daarmee maar nie te briljant as dit by die onttrekking kom nie). Lyk asof die Iraanse vloot se skepe wat nie gesink is nie in ander lande se hawens wegkruip, oa Indië. Wat Iran se lugmag aanbetref is die sekerlik ook daarmee heen. Maar wat hulle soldate self aanbetref is hulle godsdiens van so 'n aard dat dit hulle fanaties en blind maak...(godsdiens en politiek bly maar 'n slegte kombinasie) amper soos die Japanese in WW2. Maar ons sal sekerlik ook 'n prys betaal wat brandstof en alles stroomaf aanbetref...wens net Cereal wil sy bek hou en nie Trompie verder die dinges in te maak nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/03/2026 - 11:15

....het al klaar die VSa ambassadeur op rooi tapyt gehad oor sy uitlatings aangaande "dood die boer", grondonteiening ensovoorts.

Gelykkig het Trompie nie nou tyd vir kabouter bollie nie. Hy moet klaarmaak met Iran, sodat olie vrylik kan vloei. 

Ek sien VSA het die Kharg eiland se militêre fasiliteite geroer, maar die olie verwante fasiliteite ongeskonde gelaat. Baie duidelik moet dit funksioneel bly, vir toekomstige aanwending tot voordeel van VSA[?] 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 14/03/2026 - 12:34

Verstaan ook van CNN dat Trompie geluide maak dat Kuba volgende aan die beurt is! Lyk my hy soek baie toets terreine om sy nuutste wapentuig te toets!

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/03/2026 - 12:51

....mens spring nie van halfklaar take na ander nie.

Hy is ook maar 'n bang Jan, as hy wil wapentuig toets, gaan toets dit in die Oekraiene!!! 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/03/2026 - 17:28

....buite Malmesbury gegaan. ???

Laat hoor bietjie wat se mooi woonwaens en kampeer katoeters julle daar gesien het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/03/2026 - 21:03

Nou nie krieket nie, kinders se eerste kwartaal. Ons het dus nie eers oorweeg om na die skou te gaan nie. Die brandstofpryse laat ook lankal nie meer toe vir flankeer nie. 
 

Ek onthou hoe ons ‘n dekade gelede sommer na kerk Hermanus toe gery het vir middagete. Nou ry ons reguit huis toe en laat die voertuig vryloop die laaste 100m tot by ons huis se hek. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/03/2026 - 21:05

Hennie sal seker nie omgee as ek laat weet dat hulle drie die naweek Hartenbos toe was nie. Die plek waar hulle gebly het lyk baie oulik, en bekostigbaar. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 16/03/2026 - 09:19

Met die dat die olieprys so wipplank ry, veral aan die hogere kant agv Trompie se manewales sou ek dink baie forum lede se kamp planne direk geraak word, veral as die dinges die fên tref met die eerste direkte impak op ons brandstof pryse die eerste week in April (geluide wat ek hoor is dat diesel met soveel as R6 per liter kan styg). Die intydse olie prys kan gesien word deur die volgende skakel (tans is Brent sowat 104 Dollar per vat) vir die wat belangstel.

https://www.google.com/s…

0
Sandbaai

maurits1

Mon, 16/03/2026 - 09:30

Wessel ek het n draai op Malmesbury gemaak en dit vreeslik geniet. Ek is net bly ek hoef nie n wa te bemark nie. Daar is soveel op die mark dat dit n taamlike wedywering is. Ek moet ook noem dat wat aangebied word is werklik van goeie gehalte is Daar was natuurlik baie gadgets waarvan n mens kon kies. Dit was net lekker om rond te loop en alles te geniet. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/03/2026 - 12:01

Ek lees op ander forum dat daar hoofsaaklik boswaens en waentjies was. Blykbaar net OKTO van die padwaens. 

Ek glo die boswa mark is "cut throat" soos engelse sal sê. ek het op die ander gesprek "alternatiewe woonwaens" genoem dat die neiging na luukse groot boswaens is. 

Ek wonder of dit gedryf word deur die mark vir langstaners en lang kamp-swerwers. Dalk soek hulle ruimte, gerief en die harder onderstel vir ons swak paaie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 16/03/2026 - 12:48

Geen idee wat die werklike mark vir lang staners is nie, maar as ek die spul elke jaar by die KZN suidkus so deurkyk elke jaar, is seker 90% van die mense aan die ouerige kant en staan met gewone padwaens, hier en daar kom iemand met 'n boswa in. ook is bitter min van die lank staan padwaens nuut, meeste is ouerig en baie wys ook die gepaardgaande |plooie" en oorlogs wonde! 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/03/2026 - 13:32

...ek praat nou ons ouderdom lang staan kampeerders/swerwers. Sonder plooie en opsigtelike oorlogswonde!!!laughwink

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/03/2026 - 13:47

Ons begin seker die week  die rioolpyp probleem aanspreek. Die pyp wat al 6 huisies bedien, het vir een of ander rede effe ovaal geword in my erfie. Dit veroorsaak periodiek 'n blokkering wat onaangenaam kan raak, as dit nie opgelet word nie. Met my geluk is dit reg onder 'n Wendy huisie wat ek oor die pyplyn opgesit het. Ja OK, ek weet dit was ondeurdag, maar nou kan ek darem 'n kat swaai op die oorblywende stukkie erf.

Huisie moet leeggemaak word van kampeergoete, wasmasjieb en kombuiskassies. Dan afgebreek word voordat begin grawe word. 

Ons sal dus nie volgende week Pilansberg/Manyane toe gaan nie. Ek wil maar aankap en klaarkry voordat ons Meimaand Kruger toe gaan.  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/03/2026 - 15:57

Wessel, kan hulle nie pipe cracking probeer nie? Dit hang dalk af watse materiaal die bestaande pyp is, maar dis trenchless tegnologie wat nie grawe vereis nie en dus bespaar op koste (en tuinhuisies wat sonder bouplanne oor riool lyne gebou is). 

video
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/03/2026 - 17:23

Deesdae tel ek nie meer my hoenders voor hulle uitbroei nie. Vandag het ek wel die eerste eier gelê in terme van ‘n moontlike besoek aan Dwarswegstrand. Die Kavango is na Worcester Brake & Clutch toe om die remskoene en -kabels te laat vervang. As dit nie té duur is nie moet ek voor Vrydag die R3715 balans betaal vir ons verblyf by Dwarswegstrand. As daar iets oorbly vir diesel en alles andersins ten goede meewerk broei die laaste eier hopelik 27 Maart uit wanneer ons DV vertrek daarheen.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/03/2026 - 18:26

Sjoe dis netjiese tegnologie, maar beslis te gevorderd om in Brits te vind.

In ons kompleksie gaan dit nie werk nie, want die ontwikkelaar was te lui/suinig om slote te grawe. Die huis se water toevoer pype loop mooi netjies bo-op die rioolpyp vanaf die straat tot by laaste huis.

Wendy kan gelukkig relatief maklik afgebreek en verwyder word. Gee my 3 handlangers en ek doen dit alleenlaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 16/03/2026 - 20:07

Hallo julle mooi mense.  Ek het toe lekker met kinders en klein kinders op Berg Rivier gaan kamp.  Nice om weg te kom.

Nodeloos was daar n paar manne van George wat toe Malmesbury se SHOW gaan kyk het.  Dieselfde as die vorige jare deel hulle my mee.  Duur kos en net 4x4.

Weer was lekker so ek kon weer swem na my Knie operasie.  Loop nou soos n ou man.  Chris B....

Mooi week vir almal.

Neef, ons beplan n lekker 2027 toer.  Navigator het weer haar pligte oorgegaan...

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 16/03/2026 - 21:53

.... Bly om te sien jy is weer op die lig. Ekke is op soek na jou. Waar kan ek jou kontak asseblief. Moenie skrik nie, is nie so ernstig nie maar nie vir ander se ore bedoel nie. Sommer net n grappie 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/03/2026 - 06:17

....ek mis iets, wat bedoel jy met stelling;

"Nodeloos ......paar manne van George....show gaan kyk het" ???

Laat ons hoor hoe 2027 toer  beplanning uitsien

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus