Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -4 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -5 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

De Bakke en Santos

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

nou wil ek 'n lekker dom vraag vra----is De Bakke en Santos by Mosselbaai twee afsonderlike oorde, of is dit een ???

Die pryse vir oumense lyk goedkoper as by Hartenbos. 

Wat sal julle aanbeveel, Hartenbos, de Bakke of Dibiki?? 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 28/06/2026 - 17:33

Dit is beslis twee verskillende kampeerterreine. Persoonlik wil ek nie by een van die twee kampeer nie.

Hartenbos is vir my die beter opsie. Dibiki is baie netjies. Maar nie "my-cup-of-tea" nie. Dit beteken ry na alles toe - see, winkels ens.

By Hartenbos kan jy voor teen die see kamp (as jy braaf genoeg is vir die wind) en jy is by winkels, apteke, restaurante ens.

Maar die beste (in my opinie) is Dwarswegstrand.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/06/2026 - 18:19

Dankie vir eerlike opinie, wat is die beswaar teen die twee terreine??

Marie wil die see sien, dus sal ek maar Kavango onderrok in wind gaan uithangsad . DWS is darem naby genoeg aan Mosselbaai vir daguitstappies. Goue middeweg is agter die ablusie by DWS. 

Ons wil Tuinroete, KarooNP en Baviaans saam deur toer. Ek het egter geen begeerte om deur Baviaans-reservaat te sleep nie. Is ek al spyt dat ek nie maar Grompie in 4x4 aandrywing gekoop het nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 30/06/2026 - 07:38

Toe ons Januarie 2024 by Dwarswegstrand was, het ons paar keer hier verby gery. Vir my soos een oord gelyk, maar karavaan gedeelte was op 2 areas. Soos ek kan onthou was die een kamp wat nader is aan Die Punt nie baie skaduwee nie en die kamp wat op perseel is waar chalets ook is, was daar heelwat bome met lekker skaduwee gewees. Oord het vir my baie lekker gelyk, maar kan nie 1ste handse ervaring gee nie omdat ons nie daar gekampeer het nie. Die een bietjie verder aan....Die Punt is baie populer onder pensionarisse en klink of hul gewoonlik vol is...maar ook nie baie skaduwee nie. Soos ek beide gesien het (nie by een gekampeer nie) sou ek vanaf die oog De Bakke Santos kies. 

Dibiki is anderkant spoorlyn...sien nie see

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus