Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe Restorasie

Pretoria
Profile picture for user TheFortunator
Submitted by TheFortunator on
Forums

1970 Jurgens 500 Deluxe Restorasie.
My eerste vintage karavaan projek  beginner soek raad! 
Sy kort n naam! 
So hier gaan hy. Wat het ek aangevang lol. My eerste karavaan wat die moeite werd is om van te praat, die (regte eerste was net ’n Tupperware bakkie of moet ek sê RAMA BAKKIE sonder identiteit, sonder papiere en het nooit ons eerste karavaan kamptrip gehaal nie). So hopelik sal hierdie Dame ons eerste karavaan kamptrip wees en hopelik baie in die toekoms.
Belangrik: Ek weet absoluut niks van karavane af nie en is ’n totale beginner in die kampeerwêreld. Die handjievol tentkampe was ongelooflik en ek is mal daaroor. Maar ons moes altyd ’n sleepwa huur of leen en ’n tweede motor saam ry om alles in te pas of daar te kry. 
Hopelik sal my 10-jaar-droom van ’n ou vintage klein karavaan nou vervul word en realiseer. Ek het geen kennis of ervaring nie, min spasie en nie baie tyd nie. Dit nou buiten my ouderdom en ou bene. Waar moet ek begin? Hmm. Ek dink bande, remme en ’n gebreekte venster. Want ek wil graag ’n kamptrip doen in haar huidige toestand en nie eers wag tot na restourasie nie (die meeste restourasie-projekte realiseer nie en ek weet dis nie maklik nie).
’n Vriend het vir my gesê: vat dit stuk vir stuk, sit tyd in op die goeie dae, loop weg op die slegte dae. Moenie dat dit ’n werk, stres of las word nie. Geniet dit.
So ja, daar is nie baie inligting daar buite nie, maar ek is bly ek het hierdie bladsy ontdek. Ek sal enige raad of wenke baie waardeer.
My doel en droom is om haar in haar oorspronklike vorm te sien, maar baie is oor die jare vermis of verander. So ek moet eers besluit: oorspronklik of nie? Wat dink julle?
Ek heg ‘n paar foto’s aan van die karavaan soos sy nou lyk.
Enige advies oor waar om te begin, veilige sleep, of spesifieke model-inligting sal baie help! Dankie almal. Ek is nuut op die web tuiste, jammer as ek op die verkeerde plek geplaas het. 
 

Attachment Size
New Scan 2026-07-06 2149.pdf 4.33 MB
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 09/07/2026 - 08:02

Vir my altyd pragtig om hierdie ou karavane te sien wat mooi opgepas is of gerestoureer is. Hierdie foto op facebook gesien....miskien baie klein, maar pragtig 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/07/2026 - 08:09

...sal ek hou!!!!! 

As ek onderdak staanplek by my paleisie gehad het, sou ek al lankal 'n Sondagkar aangeskaf het. Netjiese MB 280SE of kleinbak 280E van jare 1972-1974. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 09/07/2026 - 08:15

Die onderstel lyk op die oog af nie te sleg nie. Meeste oppervlak roes.  Die inloop rem se stang sien ek nie.

Die foto van binbekant van wielboog wat so effe skeef vertoon, lyk na taamlike houtvrot. Druk met jou hand teen die muur by die venster hoeke, maak die dakluik oop en woel die opening so bietjie op en af.  My karavaantjie het orals hotvrot gehad en om  te herstel was  deur die binnewand af te haal. Sodoende kon ek die mure versterk en hegtingspunte inbou vir die nuwe uitleg.  Die laaghout vloer kan jy ook maar deurkyk vir sagte plekke.

Die  projek gaan  jou lekker besig hou, en baie genot verskaf. Voorspoed.

0

Hallo Christo, nog 'n Pretoria maatjiecool 

Jy sien kans vir baie.  Baie sterkte met die projek en ek sien uit daarna om die draad te volg en die vordering dop te hou.  Hier is baie mense wat jou mooi kan help.  Ek sal net die bier aangeelaugh

Daai Fortuner gaan daai wa baie lekker sleep.

Welkom en geniet dit!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/07/2026 - 11:34

...moenie vir Groot G luister nie. Bederf jouself en soek 'n netjiese Ford Fairmont GT, Fairlane v8 of Capri Perana om voor Blommetjie in te span. 

Net vir kort uitstappies, sodat petrolverbruik jou nie gaan verarm nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Thu, 09/07/2026 - 14:20

Baie dankie julle almal. Die bande moet ek vervang, nuut maar 8 jaar oud. Sal so gou moontlik onder in en alles mooi afneem en binne om vloer en mure mooi deur te gaan soos Neef voorstel. Weet nie wat die goed kos nie, maar oorweeg om hele ewenaar met hubs en al te vervang. Maar laat ek eers skoonmaak en oopmaak. Dalk nie nodig. Vir my lyk dit erg. Maar hoop maar meeste is opervlakkige roes. Dankie baie vir al die raad. Waardeer erg baie. 

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Thu, 09/07/2026 - 19:05

Stadig en lank. Julle verstaan seker. Die twee grootste kokkerotte gesien. Knock ✊ knock who’s there, toe is my vingers deur die muur. Onder lyk dit redelik tot ek hout van ossewa gevind het. So het ek maar die alien kassies uit geruk, vinyl vloer verweider. Daar is onlangs aan vloer gewerk. Maar sal die lap werk uithaal en probeer vervang met groter vol panele. Ek hou nie van vas gevang wees nie, maar toe ek sukel sukel onder deur die ewenaar skuur, jy kyk op en knoppie spinnekop nessies hang bo my. Hier kom nog groot sports. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Sat, 11/07/2026 - 21:47

Ek weet ek kan, ek weet ek kan, ek weet ek kan lol

So ja hout vrot het ek verwag. Glo daar sal nog baie wees. As daar iemand is wat vir my kan se, wat die vloer en binne mure mee vervang moet word dalk? Herman HELP 🤣 Sien vore eienaar het plywood bo oor ou vloer net in middel by gevoeg. Wat is die aan beveelde hout vir vloer? Pplaywood? 18mm ? 
of 12mm treated Marine wat te din klink! Binne mure 6mm plywood of is dit te duk? Glo n Woodoc 50 marine penetrating sealer dalk onder? Of Varnish wat ek dink gaan kraak skulver met tyd. Hopenlik more het ek n bietjie meer tyd. Lekker naweek vrinne

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 12/07/2026 - 08:23

12mm Marine ply vir die vloer. Ek het met n Teak bolaag gebruik wat n mooi hout vloer is. Met n los mat wat ons uitskud. Die onderkant met Ravenol gesmeer. Dit is n teer basis voertuig onderstel behsndeling.

Vir die mure en plafon 6mm laaghout.  Dit kon die kurwe van plafon volg en met versinkte skoefis vasgeheg.

Al die nuwe raamwerk houte is met Pro 2Hp teen die buitenste Aluminium vasgeplak en geskroef aan die ander hout. As ek reg onthou is die raamwerk van 35mm hout????? Behandelde konstruksie hout is gebruik wat nie sal vrot nie.

Voorspoed.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 13/07/2026 - 07:56

Waneer jy nou die hout vervang het, dan sit jy eksta stukke in waar jou kaste, bed etc se raamwerk  later teen vasmaak. Dit maak die waentjie sommer baie stewig.

 

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Mon, 13/07/2026 - 10:46

Dankie Herman. Waardeer baie. Wil net graag hoor. As ek die vloer verweider om te vervang. Moet ek n tydelikke “stability frame”bou in die karavaan? Of nie nodig. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 13/07/2026 - 11:24

Ek kan ongelukkig nie raad gee nie - glo Neef Herman sal kan.

Al wat ek in hierdie stadium sien is 'n horror movie en dit maak my bang. Moontlik is dit maar hoe alle restourasie begin. Sterkte en vasbyt met jou projek.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 13/07/2026 - 12:50

Voordat ek met die restorasie begin het, is die karavaantjie staan gemaak waar dit gaan bly totdat die projek voltooi is. Daar is dit 100% waterpas gesit links regs, voor en agter. Steadies agter en 2 bokkies op die voorste hoeke. Daar was gewig op die wiele omrede die aste en wiellaers en remme voltooi was.  So dit was stokstyf stewig. Op die manier is die kanse in my opinie baie skraal dat enige " distortion" (verwringing??) gaan gebeur. 

Maak net seker dat die dak en sykante verbinding nog half goed is, dit dalk losgaan, waneer jy begin timmer maar ek twyvel.

Ek probeer nou onthou of die sykante bo-op die vloer gestaan het... en indien dit so was hoe ek te werk gegaan het met die nuwe vloer. Sal bietjie dink.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 13/07/2026 - 14:38

Die vloer is nie onder die mure nie, so dit is maklik om te doen. Daar is een  stuk hout wat aan die kant van die onderstel se kant staan waarop die mure rus. Laat die nuwe laaghout vloer tot teenaan die aluminium gaan. Nou kan jy die nuwe raamwerk op die vloer dra, dus direk op die onderstel. Dit is n verbetering op die oorspronklike bouproses.

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Mon, 13/07/2026 - 18:57

Dankie Herman. Ja ek het gesien die houtraam is vlakker as die vloer van binne. Buite lyk dit of die hout raam op n lip van die Onderstel raam rus. So as ek die vloer nou gaan le op onderstel, maar teen aan die aluminium wand en nuwe raam bo op die vloer bou, het hy basies nou twee rus pinte as ek nie die onderste hout uit haal nie. Een dwars balk van raam le nou op onderstel lip EN nuwe houtraam op nuwe vloer ook. 
 

Dan iets wat my pla. As jy nie omgee nie. Kom ons kyk nou net na een sy kant se raam. Die horizontale balk in middel is een stuk hout (aan gedui in rooi) maar die vertikale balke is gebroke deur die horisontale balk (in geel aan gedui) Dit voel baie wankelrig. Sou dit nie beter wees, dat die vertikale balke een stuk is, wat ek dink sterker en minder beweeging sywaart toelaat nie. En die horisontale balke tyssen in. Amper soos om n Nutek huis se raam te bou. 

0
Pretoria
Profile picture for user TheFortunator

TheFortunator

Mon, 13/07/2026 - 19:08

Amper vergeet ek. Al die baie ventilasie glewe. Sien dit weg geneem van later modelle. Hoekom is daar so baie? Ek kan net indink dat daar soveel meer water en vog in gaan as uit. Veral die twee ventilasie glewe bo die ruite! Dan as ek net n klein yskas en 2 plaat gas stofie in het. Geen oond. Kan ek nie dit liewers toe seel van binne? Of mis ek iets? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus