Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het.
My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit
Dankie vir die foto's
Mens voel sommer of jy self ook daar is.
Ek ry môre saam - links agter, dankie![]()
Smokey Joe
Vanaand word die nuwe Smokey Joe ingelyf....hoender starpack en noodle slaai.
@Rona....ons ry 7am![]()
Nice sightings vandag
Dit het begin 50m buite die hekke van Satara waar Wildehonde n rooibok platgetrek het....het gister al die Wildehonde op webcam gesien. Vandaar het ons S126 gery en terug na teerpad met S33. By kruising reguit aan gery en kom toe af op ma met 7x baba Wildehonde teen die pad....het mooi video geneem. Van daar roetes om Orpen dam gery en middag ete iets gaan eet by Tshokwane. Oppad terug het ons so 2½ uur by n luiperd gekuier wat besig was om rooibok te bekruip, maar het hom verloor op die einde. Ook n ratel op s33 gekry.
Besondere goeie dag!
Nou is jou 3-jaar? wildehond-droogte dubbel en dwars gebreek. Al jou foto's en vertellinge maak my net meer opgewonde. As alles goed verloop slaap ons oor 2 weke in Malelane kampie.
Kuier lekker verder, ons toer alpad saam.
Rona - Wildehonde
Ja....was opgewonde om weer Wildehonde te sien....daar was n 3de sighting wasr nog klompie karre was waar hulle gesê het eildehonde was teen pad, maar ons het dit gemis, niks gesien nie.
Eerste foto....
Was dit mistigheid of rook van veldvuur? Rukkie gelede gelees van beheerde brande. Het julle gebrande blokke teëgekom?
Rona....mis
Rona...dit was mis gewees. Toe ek 4am badkamer toe is, het dit geklink soos reen soos dou/mis druppels van bome op karavaan drup. Stoele en alles was sopnat onder awning
Luiperd vs Leeus
My vrou se gunsteling sighting in n leeu, en myne n luiperd. Gewoonlik loop sy ver voor....tans loop ek voor 2-1....1ste dat dit gebeur![]()
Ratel ????
Geert, 1ste foto geplaas op 20/07 hierbo, was dit 'n ratel??
Stem saam met Neef Herman
Dit is inderdaad die onderkaak van 'n olifant - gesien in Letaba se olifant-museum.
Kompetisie
Leeus vs Luiperds. Moenie so seker wees van jou eerste plek nie - jy't gesien wat gebeur in beseringstyd![]()
Wildehondjies (video) is iets besonders.





Rona...S100
Ja Rona, ons het nog laat middag die S100 gery, steeds n Cul de sac. Ons het net Waterbokke, Zebra en Blouwildebees gesien