Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het.
My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit
Plasing op Chris se draad
Ek moes maar op my hande sit om nie alles uit te lap nie - dit was inderdaad goed om te sien hoe die blouwildebeeste 'n aanslag van die wildehonde afweer. Julle was voorwaar gelukkig om wildehonde in een besoek al in soveel verskillende drama-tonele te sien.
Wildehonde
Wildehonde
Ons het vanmiddag n trop van 12-14 wildehonde op Orpen teerpad gekry....net anderkant die dam. Was interesant gewees om te sien hoe hyenas Wildehonde volg met die hoop seker om te aas. Een hyena was te naby aan Wildehonde en Wildehonde het hyena aangeval en geveg. Toe wou Wildehonde n blouwildebees plat trek....was mooi om te sien hoe blou wildebeeste saam werk as trop om die Wildehonde aan te val om hul trop te beskerm.. Ek het videos van beide gevalle as iemand wil sien....kan ongelukkig nie hier plaas nie.
Vanoggend op n ander renoster sighting afgekom. Daar was 2x roadblocks met luiperd sightings gewees, maar ons kon nie een van hulle sien nie.
Pure geluk
Geert, julle was omtrent gelukkig daar in Satara omgewing. Nou skuif julle af na die besige deel van Kruger.
Onthou van Mlondozi piekniek plek tussen S29 en S122. Meimaand was die S21 oop, en dis mooi natuurskoon daar.
Goeie beloning....
vir 'n tyd waarna julle lank uitgesien het. Sal voor ons vertrek hoor waarmee jy jou bakkie was, want dit werk! Geniet die laaste aand in Satara.
Spesiale sightings
Neef lees lekker saam wat julle so lekker beleef en raaksien. Wat sou gesien word as n baie skaars en regtig spesiale " sighting"deur die Maters
My lys lyk so. Self nog nooit ń Ietermagog gesien nie. 2 keer n Erdvark gesien. 1keer n Bruin Hiena. 1 keer n Pals fishing Owl. 1 keer n monster van ń swart Mamba. 2 keer die Aardwolf.
Lower Sabie
Klaar kamp opgeslaan op ons gunsteling staanplek....nommer 3. Leeus oppad gekry tussen Tshokwane en Lower Sabie. Eet gou brekkie by Mug and Bean
Spesiale wild
soos Herman gevra het, wat is spesiaal vir ons;
mooi arende naby
maar altyd die groot 5
skaars katte, soos tierboskat
Marie hou van allerhande klein vreemde voëltjies
skaars boksoorte
Hallo Almal
Baie dankie vir die mooi fotos.
Ai, ek gaan nie weer 16 jaar wag voor ek weer daar uit kom.
Dalk 2029.
Dankie Geert.
Wessel, ek dink ook hy hang iewers droë wors langs die HILUX. Dis hoekom Geert nie deur daai water wou ry nie. Bang die droë wors raak nat....
Net n grappie Geert.
Swartwitpens
Ons het vanmiddag afgery na Krokodilbrug...op die hoek van S28 n wyfie leeu gekry...n hele entjie langs ons kar gestap (seker agter daai droeë wors op sleepstang
) Daarna het ons die grondpaaie om die teerpad tussen Tshokwane en Lower Sabie gery, maar nie veel gesien nie. Oppad terug met die teerpad het ons n trop van 11x Swartwitpense langs die pad gekry. Was maar winderig gewees vandag....darem nou bedaar. Vanaand rashers op die rooster met stukkie wors en aartappelslaai en koolslaai
Mooi gesig
Om 'n trop 11 Swartwitpense te kry is vir ons nie 'n volop verskynsel nie - meeste nog was 9 bymekaar tussen Skukuza en Tshokwane.
Sunset dam. Vorige kere wat ons daar was het dit gewemel van krokodille - binne en buite die dam. Afgelope April kon ons nie één sien nie. Sal interessant wees om te weet wat die situasie nou daar is.
*Net toe ek dink daar's nie 'n enkele Rooibok in die Wildtuin oor nie agv. al die katte en honde, plaas Geert gelukkig 'n foto. Lyk asof daar heelwat meer diere langs die paaie te sien is as in die vorige maande.





So goed om te sien.....
dat daar nog soveel aasvoëls kan bymekaarkom. Ons kry al vir 'n hele paar jaar baie min van hulle. Vroeër het aasvoëls wat in sirkels sweef 'n roofdier-vangs weggegee, en op die grond was baie - sien dit nie meer nie.