Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -30 minutes ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -11 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -11 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -12 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -12 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -12 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Pretoria

Geert

Fri, 24/07/2026 - 19:01

Ek self wonder waar is hulle heen. 2 jaar terug weet ek daar was hordes om die dam, maklik 100x...vandag net 6x gesien

0
Pretoria

Geert

Fri, 24/07/2026 - 19:21

My vrou se enkels is afgelope 2 dae redelik bebyt en ek het sedert gisteraand so 6x bytmerke. Mens moet net nie krap nie, maar is soms moeilik. Kan glo gat daai mense wat so rou gebyt is mal word van jeukery. Ander aande het ek Peaceful Sleep gespuit...maar nie laasnag nie?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 24/07/2026 - 20:27

Die agterste kan ek sien, lyk soos die wildtuin-braai, maar die voorste?

Sien uit na die kortbroek-en-plakkie aande. Raak nou moeg vir die baie lappelaugh

0
Pretoria

Geert

Fri, 24/07/2026 - 21:09

Voorste een is n bak waar ons vuur in maak om om te sit en kuier. Ons maak gewoonlik 2 vure in die winter want as ons braai op die kuiervuur, kry ons meestal koud

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 25/07/2026 - 10:06

Byte wat aanhou jeuk is sekerlik bitter onaangenaam. Met hierdie terugvoer oor sandvlooie lyk my inkopielys skielik anders en ek kan net hoop dat dit gaan help. Ook besluit dat ons nie eens  'n grondseil of windskerm buite gaan gebruik nie. Ek is op soek na weggooibare matjies wat op die trappie gebruik kan word. In April was ons vir 2 aande in Satara en vlooie het ons nie gebyt nie - net 'n muskiet het gedink my arm is die plek (het hom gehoor zoem). My swaer het in Junie met 'n tent daar gekamp - nie gebyt nie. Hy het van die vlooie gehoor en skynbaar tussen sout wat hy gestrooi het en Peaceful Sleep het hulle nie gepla nie.

Maar nouja, so het elke sport sy beserings en ek wil nie te veel daaroor bekommer nie. Beplan nie om Satara se aande uit te ruil of die paar dae op te gee nie. "Wish me luck"

Geert, ek hoop julle het iets om aan te smeer sodat dit nie die res van julle vakansie in die wiele ry nie. Dankie vir die waarskuwing.

0
Pretoria

Geert

Sat, 25/07/2026 - 18:13

Geheim is lyk my "moenie krap nie" Op die oomblik ook klomp aan ander been, maar pla nie veel as ek nie krap nie. Soos jy sê...elke sport het sy beseringslaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 25/07/2026 - 18:40

Sal lekker wees om te hoor of daar baie diere in julle omgewing te sien is en of die grondpaaie meestal weer oopgestel is.

0
Pretoria

Geert

Sat, 25/07/2026 - 19:15

@Rona....nog nie geslote paaie gesuen waar ons vandag gery het nie. Ek weet Maroela loop is toe...gunsteling van ons.

Ons was vandag eers na S28 om te kyk of ons jagluiperd met kleintjies kon opspoor. Het net tot hide gery....niks gekry nie. Toe op na Skukuza met teerpad....stil. Vandaar na Renosterkoppues waar ons n pragtige luiperd in die pad gekry het. Kon hom vir n hele paar minite alleen geniet...het toe in ruig veld geloop. Vandaar verskeie grondpaaie tot S25 geneem tot Krokodilbrug. Oppad terug na Lower Sabie n pragtige groot leeu wyfie gekry....het nie foto op selfoon geneem nie, maar sal later plaas.van my vrou se kamera. Ook n mooi uil gekry net ba Nkhulu....ook foto op vrou se kamera....sal later plaas. Was n kouerige dag gewees...maksimun 22⁰

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 25/07/2026 - 19:48

maar ek het nie gedink hulle sal jou so vinnig inhaal nie - eergister was al wat kat is nog in Sataralaugh Enige ander vakansie gaan moeilik kers vashou by hierdie trip.

Bobbejane kan mens ook vir ure vermaak - solank hulle net uit die kampe bly.

Dankie vir mooi foto's en opdatering van grondpaaie.

0
Pretoria

Geert

Sat, 25/07/2026 - 20:46

Ek het op n ander draad gepraat van die gesellige atmosfeer wat by 3 en 4 bed hutte heers. Die braaiers wat bymekaar is, gesamenlike kombuis, almal eet voor hul eenhede. Ons het al klomp keer baie lekker hier gekuier, maar kampeer kraai nou koning

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 25/07/2026 - 21:40

as mens deel van 'n groep is (familie of vriende), maar om saam met wildvreemde mense te kuier trek my nie. So verskil ons almal. Stem saam dat ons ook sal kampeer solank moontlik vir die lekker atmosfeer wat tussen kampeerders heers (ongelukkig ook al die enkele uitsondering beleef).

Netjiese kleedkamers altyd eerste prys.

 

0
Pretoria

Geert

Sun, 26/07/2026 - 06:29

Ja, skoon geriewe is altyd lekker, maar hier is heelwat oorsee se mense wat ook kampeer....veral franse en hollanders. Hulle los die ablusies en veral opwas areas in n baie vuil toestand...telke male nou gesien by Satara....kombuis wat vuil gelos word en helfte van hul maaltyd in wasbak

0
Pretoria

Geert

Sun, 26/07/2026 - 07:18

Net oorkant die brug by Lower Sabie is daar tans 8+ hyenas besig om n luiperd te eet. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 26/07/2026 - 08:01

Goeie dag julle sandvlooi byters, julle kan gerus Tea Tree oil probeer aansmeer vir daai byte , dit ruik nie lekker nie maar werk goed vir gogga byt plekke. My vrou sê die Thursday tree ene is die beter olie. As jy kan smeer aan en plak toe vir n dag of 2, moet nie oop maak in daai tyd nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 26/07/2026 - 10:26

Ai, soms kan die pragtige natuur ook so wreed wees - hiënas wat luiperd eet. Maar dit is wat dit is. Seker dit was nie 'n mooi gesig nie.

Kookhuisies/opwasbakke. Juis die vuil toestand wat jy hier bo noem is die oorsaak dat ons dit nooit meer gebruik nie. Een van daardie stok-ou modelle (pyp-staander met wasbak en afdroograk) doen nog diens in ons kamp en is goed genoeg.

0
Pretoria

Geert

Sun, 26/07/2026 - 19:47

Rustiger dag gehad met Big5....3,5 van die 5 gesien, halwe een is luiperd vanoggend wat hartseer was om te sien. Ander leeu naby Krokodilbrug.

0
Pretoria

Geert

Sun, 26/07/2026 - 22:03

Hierdie jaar het ons geen probleem gehad met selfoon/data sein in Lower Sabie nie....selfs sein gehad op brug oor Sabie rivier

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus