Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het.
My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit
Geniet!! Oormôre klok ons…
Geniet!! Oormôre klok ons ook in by Phalaborwahek.
Eish! Eie besigheid
Ons ken daardie laaste oproep wat planne deurmekaarkrap. Sien uit na terugvoer oor Hippo - beplan ook om van die oord gebruik te maak oor 2 weke.
Hippo Waterfront
Oe, lekker om weer voor die karavaan te sit met n koue....dit was lang tyd afwesig. Lekker warm 30⁰ tans hier. Baie oulike plek
Hip Hip Hippo
Lyk baie netjies. Onthou net seekoeie vreet graag buite die water, en trap graag vure dood.
Wat kos 'n woonwa staanplek per aand daar?
Hippo tarief...
....van R450/nag vir 'n privaat ablusie staanplek is billik, na my mening. Mokala-NP is duurder as dit.
Lekker ge-eet
Ons het van hul restaurant kos gebruik gemaak vanaand, môre aand braai ons dv in Satara
Maan en Venus
Nie seker of dit nog sigbaar is nie. Mense in Nelspruit het vroeër foto's geplaas - baie mooi. Bewolk by ons.





Wessel
Ek weet nie. Party sê vlieë, ander vlooie. Ek dink dis vlooie omdat die mense net op die bene gebyt word. As dit vlieë is kan hulle seker op jou arms en nek/gesig ook byt.....