Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -8 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/06/2026 - 18:56

Nuuskierigheid laat my wonder op watter oord jy besluit het vir die aand voordat julle die wildtuin inry. Min dae!

0
Pretoria

Geert

Mon, 29/06/2026 - 21:34

Hi Rona. Dit gaan heel moontlik baie kort kennisgewing wees. Afhangende hoe laat ek tuis wegkom. Sover is beplanning by Indabusche, maar as tyd dit toelaat sal ons Hippo oorweeg. Hoef nie vooraf te bespreek by Indabusche nie, want ek sien sover is daar nog geen bespreking vir die hele Julie maand nie....eintlik scary

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/06/2026 - 22:05

Is Indabushe se stelsel dalk bietjie buite werking? Of vermy mense die oord agv padwerk in Shoemanskloof? Bel eerder voordat jy daarop staatmaak.

0
Pretoria

Geert

Fri, 03/07/2026 - 19:00

Lyk my daar is nie Stop-Go gedurende skool vakansie nie. Ons ry af laaste naweek van skool vakansie.  My jonger broer het vanoggend teruggekom vanaf Berg-en-Dal. Hy sé die enkel baan by Schoemanskloof is baie stadig agv trokke

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/07/2026 - 19:49

Dit maak dat mens baie stadig vorder in feitlik die hele kloof. Die klomp trokke maak dit net moeilik. Eenmaal wat ons drs toe op pad was in Nelspruit het 'n trok omgeslaan en albei bane was tot stilstand - groot opeenhoping. Die tonnel-pad het net soveel trokke, maar die verkeer vloei darem (gewoonlik). Indien lg gesluit is agv 'n ongeluk, word al daardie verkeer herlei na Schoemanskloof (ons het dit ook al in die kloof beleef) en dan moet jy meer as geduld en tyd hê. Alles hang dus maar af van hoe mens dit op die dag tref.

My keuse sal steeds Schoemanskloof wees. Dit is die mooiste natuurskoon en op pad wildtuin toe begin my vakansie wanneer ons by daardie afdraai kom. Met stadige verkeer sien mens ook meer -self hoe Old Joe aangetrek is deur die baie talentvolle kunstenaar - 'n hoogtepunt vir my.

O ja. Moenie vergeet dat die ander pad 'n tonnel het nie..............!!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/07/2026 - 21:58

Ja. 'n Baie groot probleem. Net 'n mens wat aan 'n erge graad van engtevrees ly sal dit verstaan. Tonnels werk nie vir my nie, daarom is ek ook dankbaar vir Schoemanskloof as alternatief.

Jammer Geert dat ons hier uitwei oor tonnels en vrese, maar indien jy ook nie van engtes hou nie is dit dalk 'n tip - hou verbylaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 10:11

of miskien sleep Geert teen hierdie tyd reeds ver op pad wildtuin toe - die klok was nog laas met 'n hele week uitlaugh

Dit sal interessant wees om te hoor waar jy besluit het om die aand voor inklokdag oor te staan. Met dié dat ons gister Schoemanskloof gery het en die padwerk in volle glorie beleef het hoop ek eintlik dat jou keuse die tonnel-pad sal wees. Met net 2 Bushlapa's op die ganse pad verstaan ek  waarom 'n plek soos Indabushe geen besprekings getoon het nie - moontlik vermy kampeerders vir eers hierdie roete. Glo aankope en pakkery gaan hierdie naweek begin. Geniet dit!

0
Pretoria

Geert

Fri, 10/07/2026 - 13:03

Ja....dv volgende week hierdie tyd is ons alreeds oppad. Die afgelope 2 weke het werkslading vreeslik opgeneem, maar ek dink ek is goed besg om dit op datum te kry..dit gebeur mos gewoonlik voor mens wil weggaan. 

Ek moet nog besluit op n oord voor ons Saterdag ingaan. Nog n oord wat my kan help is Henk van Rooyen by Marlof park, maar weereens hang dit af hoe laat ek kan wegglip Vrydag. Ek weet ek kan net sowel by Malelane of Krokodilbrug bly, maar ons geniet om ander oorde te gaan inloer. Ons wil eintlik Malelane Skukuza Satara ry, maar as ons by HVR bly gaan dit Krokodilbrug Lower Sabie Tshokwane Satara wees

 

0
Pretoria

Geert

Fri, 10/07/2026 - 19:12

Ons gaan basies net vleis saamneem. Ons het die afgelope 2 jaar bittermin ontbyt gemaak by picnic plekke. Ons het by elke kamp maar ons gunsteling plekkies waar ons dan n brunch geniet. Satara se restaurant maak vir ons lekker ontbyte. Dan ry ons gewoonlik 1x na Olifantskamp en nuttig iets daar. Tshokwane is ons gunsteling....so ons besoek die plek tydens ons verblyf aan Satara, Lower Sabie en Skukuza. By Skukuza en Lower Sabie is Nkulu n lekker stop vir ons. Mug and Bean ook 1x op die lys. By Malelane gaan ons weer by die golfclub eet. Ons het al by Skukuza golfbaan ge eet, maar was nie ons gunsteling nie. N Wimpy brekkie sou lekker wees, maar Pretoriuskop is te ver uit

Saans se bykosse koop ons maar by park se winkels. Meestal sommer klaargemaakte slaaie. Satara en Skukuza se slaghuis verkoop lekker voorbereide slaaie. Dan koop ons by Satara se restaurant hul pap en sous as takeaways.....warm net op by karavaan. Of by Tshokwane roosterkoek wat ons dan opwarm op rooster met botter, jam en kaas. By Malelane golfclub lekker mengel slaaie.

Omdat ons basies die hele dag rond rits, is ons saans moeg en het nie altyd krag om fancy disse voor te berei nie....maar ons eet lekker

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 20:58

en net 'n lekker braai vanaand klink so reg na 'n wildtuinvakansie. Ons doen min of meer dieselfde behalwe vir restaurante. Wat ons beplan vir brunch hang ook af van die pad wat ons beplan. Indien Tshokwane en Nkuhlu op ons pad is, altyd iets soos roosterkoeke of pasteie. Sedert ons my bussie het stop ons op ander roetes sommer op 'n plek met lekker koelte en uitsig oor 'n rivier, dam of mooi bos. Daar eet ons gewoonlik die vorige aand se oorbly braaivleis met 'n heerlike koue braaibroodjie of 'n rolletjie met biltong en kaas - so iets. Ons doen nie meer die skottelbraai-brunch nie. Dit was altyd lekker, maar neem te veel tyd in beslag en die afsaalplekke is gewoonlik besig. Sommige aande braai ons, omdat daar 'n vuurtjie is, net iets vir die volgende oggend - dit gebeur wanneer ons heeldag geknibbel het en nie honger is nielaugh

Ai, ek is skoon opgewonde saam met julle, droom saam en wens ek het nou planne gehad.

0
Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 07:05

Na aanleiding van Rona se ervaring op ander draad rakende huidige toestand van Schoemanskloof pad, dink ek ons gaan maar afsien van Indabushe omdat dit halfpad in die roete is. Ons gaan dan die tonnelroete volg. Omdat ons graag via Malelane-Skukuza na Satara wil ry eerder as Krokodilbrug-Lower Sabie, sal die keuse hierdie keer Hippo Waterfront wees. Dis 80km vanaf Malelane hek af....glo die pad deur kloof tussen Nelspruit en Malelane behoort nie so erg vroeg Saterdag oggend te wees nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/07/2026 - 11:45

en die eerste "oorslaap" is sommer in Malelane kampielaugh Net 'n grap - ek weet jy hou daarvan om ander oorde ook te besoek. Maar net miskien is die opgewondenheid te groot, tyd genoeg en .....Ons sal maar die spasie dophou.

0
Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 12:30

en die eerste "oorslaap" is sommer in Malelane kampiemakelane

....en daar is juis nou n kanselasie vir Vrydag

0
Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 20:20

Ek het plek gekry by Hippo Waterfront. Verleiding is groot vir Malelane kamp (sien 17de is steeds beskikbaar) , maar wil graag by Hippo inloer. Laasjaar toe ons Kingfisher toe was, was daar ook kanselasie binne wildtuin, maar ons het die 2/3 dae so geniet daar, dat ons Desember wil terugkeer. Miskien gaan dieselfde by Hippo gebeur

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/07/2026 - 20:37

Die foto's wat mens altyd van Hippo Waterfront sien laat jou wens jy was daar. Glo julle gaan dit geniet, en die volgende oggend is dit net 'n hanetreetjie Wildtuin toe.

0
Pretoria

Geert

Sun, 12/07/2026 - 13:02

Ek dink volgende Sondag en Maandag gaan daar groot in en uit wees in wildtuin soos skool vakansie volgende naweek tot n einde kom....heel moontlik groot keuse van staanplekke vir nuwe intrekkers. Ons was 3 jaar terug 2 weke in Satara gewees....die een week was tydens skool vakansie en die ander week buite skool vakansie. Dit was n gewekdige omkeer rakende rustigheid. Maar so gaan ons almal deur die verskillende fases....almal met kinders moet n tydperk daai binne seisoen tydperk trotseer. 

Toe ek bespreek het, was daar in Satara tot die Sondag geen staanplek beskikbaar nie, maar vanaf die Maandag 32x.

Sien uit.....baie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus