Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het.
My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit
Satara o Satara.....
...stel mens nooit teleur nie. Ek praat van die wild, nie die brekkie nie![]()
![]()
Stop die gebrag...
... oor leeus, jagluiperds ensovoorts. Hoe moet ek voel wat amper net sandvlooie gesien het![]()
Satara kuiergas
In April het hierdie outjie my amper 'n groot spelfout laat maak. Ten minste het hy goeie smaak - jou bakkie interesseer hom geweldig![]()
En nog 'n renoster ook vir die dag! Geert, ek dink julle raak nou al verveeld.....nog 'n luiperd...nog 'n leeu... Laat weet as ek die oorblywende van jou bespreking kan oorneem![]()
Sal interessant wees om te hoor waar julle veral die renoster raakgeloop het.
Nie mooi gedink nie
Dit maak nogals sin. Mens weet nie wie ken vir wie of wie lees hier nie. Sal nie weer vra nie![]()
Kameelperd
Wel, môre oggend weet jy waar om leeus en aasvreters te gaan kyk. Dit is nou as die karkas nie deur die nag verslind word nie.
Jy moes seker maar oor die bene ry, om verby te kom??
Geert
Hallo en baie dankie. Ai daai kameelperd. Kry hom so jammer. Sy kop val ver as hy moet val.
More oggend is die vleis seker weg gevreet.
Daai skedel. Ek nou nie n biologiese ou, maar ek vermoed daai kakebeen kom van n verkleur mannekie af.. Ag ek spot net.
lekker brekkie.
Dankie vir die fotos.
21 Julie
Ons het so 7am uit jamp gery. Nog voor ons uit hekke was, sien ons sl Wildehonde deur draad aan regterkant. Toe het ons links gedraai en Wildehonde gevolg. Op die hoek van kamp begin hul rooibokke te jaag....mense in kampeer area mies kon gesien het. Ons kon nie vangs sien nie. 300m verder jry ons n mooi wyfie keeu. Beide die Wildehonde en leeu sightings was so naby aan kamp dat ek nog sein gehad het en my seun in Pretoria via videocall gebel het....hy kon beide "live" sien vanuit Pretoria.
Vandaar so 3km verder Noord n mooi maanhaar. Links gedraai op S39....daar n luipetd gekry tussen rotse. Hoe ek hom gesien het, was seker net geluk, my oog was seker net op die regte plek.
Toe die onaangename sighting van kameelperd...was regtig aaklig gewees om te ervaar. Ons kon seker oor sy pote gery het, maar my vrou het begin huil rn gevra ons moet omdraai....sou disrespectful gewees het om oor pote te ry sl is hy dood.
Volgende luiperd sighting was basies op die hoek van teerpaaie na Orpen en Tshokwane. Ons het hom gesien, maar tussen bosse. Daarna het ons gaan eet
Na ete weer rondgery. Laasgenoemde luiperd sighting was nog daar tot hekke sluit in kamp. Ook toe laaste van groot5 gesien
Nuwe kuiergas
Haar nog nooit hier gesien nie.
Later meer oor vandag....was n besondere dag met Wildehonde
hoe gaan dit met die SS???
Dit staan natuurlik vir Satara Sandvlooie![]()
Te oulik!
Wonder ek of die jakkals haar sal probeer vang? Hoop maar sy lyk vir hom te groot om aan te pak. Kan dit wees dat, met al die wildehonde rondom die kamp, sy daar binne kom skuiling soek?
Meer wildehonde klink amper onmoontlik, maar laat my dink aan 'n paar jaar gelede (miskien 6 of 7) toe dit gelyk het asof die hele Wildtuin se kameelperde rondom Satara byeen gekom het - honderde, en ons het dit nog nooit weer so beleef nie.
Sandvlooie
Wessel....so far so good. Daar is so baie weergawes ...van hulle sê Sanparks het gespuit, van hulle sê die probleem is daar onder links as jy inkom tussen die bosse. Maar ons is okay sover





Geert ...
... julle is beslis gelukkiger as ons wat hierbo in die noorde uitspan. Ons sien maar weinig.