So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Goeie môre Anton, ek sien…
Goeie môre Anton, ek sien daai girls ie al spoggerig met die kamp opset.
Onze Rust, Colesberg
Het iemand kennis van hierdie karavaankamp? 'n Gradering elders gee die omgewing net 2/5. Wonder op grond waarvan - veiligheid of net geen uitsig? Nie 'n idee wanneer die gradering gedoen is nie. Die res lyk goed.
Onze Rust
Rona - ek kan my net verlaat op CaravanParks.Com (CPC) se resensies en eenkeer se persoonlike inloer. Daar is 11 resensies en dit gee die plek gemiddeld nogals nie 'n sleg gradering nie - 4 uit 5 vir sekuriteit, ablusies, staanplekke en waarde vir geld. Die laaste resensie is 2 jaar gelede gedoen. Ekself het eenkeer daar gaan inloer toe ons in Ciolesberg in 'n Lekkeslaap plekkie oorgebly het. Vir my het dit heel goed gelyk.
Ek weet dat Goeie Hout een of ander stel daar afgetrap het - ek dink 'n kragkabel van hom is vasgelê. Maar ek weet ook van 'n paartjie van Bellville (ene John & Nita) wat elke jaar lankstaners by Eiland Spa is. En Onze Rust is al vir jare hulle standaard oorbly-plek.
Persoonlik verkies ons Forever Gariep se staanplekke met privaat ablusie wanneer ons in daardie omgewing is - puikl!!
Rona ----Kaapse toer ???
Hoe lyk my julle is besig met Desember se toer beplanning.???
Chris is reg, Goeie hout het verlede jaar daar deurgeloop. Met 'n ryhuis is daar mos nie los goete buite as julle slaap nie.
Ek sal egter ook bly by Gariep se privaat ablusie staanplekke. Daarvoor MOET jy vooruit bespreek, baie gewild in Desember skoolvakansie .
Onze Rust
Hallo Rona. Dit is nie n karavaan staanplek soos ek en jy dit ken. Hier staan jy in n reguit lyn met karavaan gehak. Letterlike langs n braai. Dit is net vir 1 oornag. Maar ek het deurgeloop met my ekstra 30m kabels wat voete gekry het.
Sal maar Gariep Dam gaan staan.
Chris en Wessel
Baie dankie, dit is welkome inligting. Met nog geen idee van Desember se brandstofprys nie, loer ek in hierdie stadium na die kortste afstand Kaap toe. Ons ken nie oorslaapplekke op die N1 nie - het nog altyd die N12 verkies, maar die afstand tot by die N7 en daarvandaan na Tulbagh is verder. Ek vermoed elke km gaan tel. Neem ook kennis van die "moet vooraf bespreek", maar dit kan nie gebeur voor die Des. brandstofprys aankondiging nie. Waarskynlik dan te laat vir Gariep, sal maar moet sien.....
As ek net aan die N1 met die hordes trokke dink kry ek sommer 'n koors wat nog 'n naam moet kry. Daan reken dis ok - die trokke, darem nie die koors nie 👀
Dankie Goeie Hout
Met hierdie inligting klink dit dan eerder na 'n "hou verby" kamp, al sou ons dit net as aftrekplek vir een nag beplan.
Nou vir die laaang wag tot Desember.
N1 vs N12
Rona, speel met google maps, dis te lekker tydverdryf.. Ek het gou gaan kyk,
1] JHB-Bfontein-Kimberley na Drie susters [N12] =973km
2] JHB=Bfontein - Colesberg--Drie susters = 896km
Wat is 77km verder, met veel minder trokke en verkeer.
Ek sleep meestal roete 1 af Kaap toe.
Van Dullstroom af, maak eerste slaap by Aldam, so ongeveer 550km Dan kan julle dalk oorweeg om by Ritchie of Kambro te slaap.
Ritchie na KarooNP of Travalia is maar ongeveer 400km of 320km respektiewelik. Kambro is naby Britstown, wat pad na B.Wes korter maak.
Dis die lekkerste deel van toer, kos mens niks aan diesel nie.





Goeiemôre! ☀️☀️☀️
Goeiemôre! ☀️☀️☀️