Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Sedgefield
Ons het vir elke een warm dag 10 nat en koue dae. As daar 'n windjie waai is dit nogal koelerig.
Koue in Sedgefield
Jan, geniet dit, en moenie kla nie want dit hou nie vir altyd nie😸 Laat my dink aan die eerste jaar wat ek die padstalletjie naby die Stilbaai-afdraai gehad het. 'n Ou omie wat vir die vorige eienaar gewerk het was bereid om my vir nog ses maande uit te help. Teen middel November was dit steeds winterkoud met reën. Toe ek vir oom Saaiman vra of dit dan nooit somer word op daardie plaas nie, het ek geen antwoord gekry nie, net 'n ooglid wat optrek en 'n skewe glimlag. Teen Februarie was die oom nie meer daar nie, maar ek het daardie gesig onthou en presies geweet wat hy eintlik wou sê.
*Liewe oom Saaiman was in daardie stadium reeds 78 jaar oud. Hy het nie naweke gewerk nie en sy gewoonte was om elke Saterdagoggend met sy dikwielfiets gou-gou Ladismith toe te ry,(Garcia pas oor) by sy vriende tee te drink, en weer die pad terug aan te pak. Ek dink dit was +/- 90km eenrigting.
Ek geniet ...
... die koeler weer hier by die see na ons meer as 2 weke van baie warm kry.
Ek begin môre by 'n nuwe…
Ek begin môre by 'n nuwe maatskappy werk. 5 maande sonder inkomste was nogal taai gewees, veral met al die kinders wat ek nou het 😀
Ek sal hoofsaaklik verandwoordelik wees vir Noord Kaap en Vrystaat.
Voortrekker...
...baie bly saam met jou!!!
bietjie meer info sal waardeer word. Wat se firma, wat se tipe werk, kantoorwerk, of op die pad.???
Baie geluk, Voortrekker
Voorspoed en sukses vir jou met die nuwe werk.
Beteken dit dat jy sal moet pendel tussen jou huis, Noord Kaap en Vrystaat of is dit 'n aanlyn besigheid?
Wessel een van my vereistes…
Wessel een van my vereistes vir werk is om op die pad te wees. Tegniese verkope vir AFRISON, dit is die ouens wie onlangs die nuwe sprei ligte by Loftus geinstalleer het.
32,5 °C is vir ons heel…
32,5 °C is vir ons heel skaflik. Vandag was sweetpak en warm top gewees. Yskoud en sopnat. El Ninó se gat dink ek 🤠.
Voolie se 3 dogters is groot. Hulle slaap nou weg en word nie meer gevoer nie. Piet jaag hulle van eergister af weg as hul saans in die nessie wil inkruip. Sien, Voolie het al klaar n klompie eiers gelê, en sit nou weer voltyds. Kom maak net n vinnige draai hier in die huis vir n bietjie kossies. Ouma Von sorg dat daar altyd n bakkie is met rys, roereier, gerasperde kasie en stukkie brood is vir haar op die tafel.
Wonderlik Voortrekker. Mag…
Wonderlik Voortrekker. Mag jy lank en gelukkig daar wees.👌
Voolie en Piet....
laat ook nie op hulle wag nie, sjoe! Wonder ek nou hoeveel keer 'n mossie in 'n leeftyd broei, en dan is ek ook te bang om te kyk wat hul leeftyd is. Intussen klink dit darem nog vrolik. Dankie vir nuwe nuus Neef Herman.
Klaserie lughawe - Neef Herman
Ek praat onder korreksie, Neef Herman, maar ek dink Klaserie se lughawe hanteer net privaat vlugte na die verskeie lodges in die omgewing.
'n Opsie sal waarskynlik 'n direkte vlug vanaf George na Hoedspruit wees. Van daar af is Phalaborwa- en Orpen hekke omtrent dieselfde afstand.
Ek neem ook sommer aan jy beplan 'n Kruger Wildtuin wegbreek😁
Hoedspruit lughawe???
Ek aanvaar mens sal 'n voertuig daar kan huur, anders is mens gestrand sonder vervoer.
Geert: kan jy naam onthou van firma op Nelspruit lughawe wat lekker ingerigte 4x4 bakkies ensovoorts verhuur.
Hoedspruit is OK vir dele noord van Satara. Dalk land op Hoedspruit, ry af deur wildtuin, en vlieg terug van Nelspruit af. Of natuurlik omgekeerd.
Voertuig huur, Hoedspruit
Mens kan 'n voertuig by Hoedspruit se lughawe huur.
Die rede waarom ek dit vir Neef Herman voorgestel het, is omdat daar nie direkte vlugte vanaf George na Nelspruit is nie - aansluitingsvlug in Johannesburg of Kaapstad. Vanaf Hoedspruit kan mens ook by Orpen hek ingaan wat maklike toegang tot die noorde en suide gee - dit hoef nie Phalaborwa te wees nie. Al hierdie omdat Klaserie lughawe ter sprake was.
Hoedspruit
Om soontoe te vlieg selfs as mens Skukuza toe gaan, dink ek is n lekker opsie. Dis n uur se ry vanaf Orpen hek
Wessel
Geert: kan jy naam onthou van firma op Nelspruit lughawe wat lekker ingerigte 4x4 bakkies ensovoorts verhuur.
Collect your Kitted Rental Car in and around Kruger
Kruger Mpumalanga International Airport
Our main collection point and home base. KMIA offers plenty of flight options and is conveniently located for reaching Kruger National Park, making it the easiest choice for most travellers starting their self-drive adventure.
Skukuza Airport
Fly straight into the heart of Kruger. Collect your vehicle at Skukuza Airport and start your adventure from inside the park. A small additional fee applies for vehicle collection or drop-off at Skukuza.
Hoedspruit Airport
A convenient gateway to the central and northern Kruger area. Hoedspruit Airport is another great option for starting your self-drive, with vehicle collection and drop-off available for a small additional fee.







Brits oorverhit ook
Dis tans BAIE ongemaklik warm en droog op die dorpie. Vlug na koeligheid, is weens dieselpryse nie 'n opsie nie.