Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Terramax Sailun November 2026 Wessel Strydom -9 minutes ago
Bande November 2026 Geert -19 minutes ago
Dom onnosel November 2026 Rona du Plessis -59 minutes ago
Skreeusnaaks! Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Libbok Springbok rugby Geert -1 hour ago
Regering en K I November 2026 Geert -2 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Kaap

Goeie Hout

Sat, 21/11/2026 - 11:00

Goeie more almal.  Ek het weer raad nodig asb.

Zuzie het materiaal sitplekke opgehad.  Toe sit ons 4x4 materiaal sitplekke oor dit om mors te beperk.

Nou het Onderok leer sitplekke.  Wat se die geleerde manne.  Kan ek daardie 4x4 matriaak sitplekke oor leer sitplekke oor sit.

Vra maar net raad van die geleerde meesters en die blou bul.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/11/2026 - 11:17

Met ons nuwe reënmeter in plek was daar vanoggend die eerste lesing! Gedurende die nag 17mm gehad. Saam met die reën van 'n paar dae gelede is dit nou heerlik nat. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:03

Dis darem nou fyn brag, nê!! Leersitplekke bedek 'n mens nie. Wel, ek sou nie.

Ek het in my Isuzu leersitplekke gehad, 13 jaar gehou sonder probleme. Effense krakies waar die KBB [kort blaker brigade] in/uit skuur, was die enigste skade.

Dit het goed gewerk om my spannetjie groot te maak, omdat 'n klam lap so lekker skoonmaak. Daar is ook 'n produk Wynn's Leathercare waarmee ek nounog my sitkamerstel gereeld invryf/aansmeer. Dit hou die leer lekker soepel en gevoed.

My Ford Territory het ook leerbekleedsel gehad, na 10 jaar ook geen slegplekke nie.

Ek was maar net versigtig vir die Allie kam in gatsak, die klinknaels in 'n Jean, en hard gestyfde opgeslaande hempskrae,sulke goete kan krapmerke laat. 😁😁

Waarskuwing: 

1] Leersitplekke kan lekker brand, as die son daarop geskyn het, soos by parkeerplekke.

2] Hou eerder nat/klam see-baaibroeke af van die leer, sit op 'n handdoek. Anders gaan jy Leather care aansmeer. Aan die sitplekke met grootmense, aan die blakers met kleinkinders.😁   

.  .   

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:09

Die ironie is komies;

Die water tenkwa  in Waterkloof.

So jammer om van jou probleem te hoor, alles dui daarop dat julle nie 'n DA burgemeester gaan hê nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 12:16

...lekker om van jou te verneem, al is dit nou om ons te vermaak met die voordele, gerief en genot om in DA-land te bly. 

Ek wil liewer nie politiek bespreek nie. Ek kan nie glo wat die president alles opdis aan 'n intellektuele gehoor in Silicon Valley nie. Iemand moes hom vooraf gewaarsku het dat in daai geweste die meerderheid persone oor meer as 'n 30% slaag syfer beskik.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/11/2026 - 13:07

spesiaal vir Goeie hout, my 260LX met Palma oppad Kruger toe.

Dit was die brosjure/advertensie ISUZU model en kleur met bekendstelling in 1997.

trokkie

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 21/11/2026 - 14:05

Mooi man.  Lyk heel mooi gepak.  Kan nie sien hoeveel Roodebergies agter in is nie.

 

Dankie vir raad.

Julle is ysters.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 22/11/2026 - 20:43

Vertel meer, Geert. As ek dit reg het vlieg julle oor 'n paar dae af vir 'n Ballito wegbreek. Is jou kaartjies reeds reeds betaal, en nou, nader aan die tyd raak dit goedkoper? Jare gelede het ons dit gereeld so ondervind. Ek het net altyd gedink dis ietwat van 'n "gamble" om op die nippertjie te bespreek - veral wanneer mens aan tyd gekoppel is. Wat as daar nie 'n vlug beskikbaar is nie, of alles is vol bespreek? 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/11/2026 - 06:07

Ons vlieg nie gereeld nie, maar die kere wat dit gebeur verkies ek om darem so 2 maande vooruit te bespreek. 

As jy egter vir noodgeval moet vlieg, betaal mens maar wat die keiser vra.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/11/2026 - 17:22

Sjoe mense, ek kry persone wat net in Desember see toe kan gaan jammer. Kampeer tariwe raak buitensporig, of het ek tred verloor.

Kyk ek sommer na drie plekke se tariewe vir komende Desember;

Onrus Hermanus: R500 ---R747 vir 4 pesone

Dwarswegstrand:  R1055----R1290

Glentana:   R1330 vir eerste 2 persone  plus R130/p  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 23/11/2026 - 19:07

Ja Wessel...sommige raak rof, maar is vol bespreek. 

Kyk na McNicol aan suidkus....R540 per volwassene....so met 6x persone gaan dit R3240 n nag wees.

Dolphin Holiday Resort vra R2400 vir 6 perone, R1930 vir 4 persone

Natalia was ook op n tyd R2600 op boonste teras, maar sien hulle het nou tariewe verminder omdat daar seker minder besprekings ingekom het

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 23/11/2026 - 19:09

vir kampering by bogenoemde oorde lyk styf, en tog glo ek dis redelik vol bespreek soos wat ons al verneem het van tevore. As gevolg van die hoë tariewe dink ek dat die tydperk wat mense met vakansie gaan, wel baie gekrimp het - van drie weke na 10 dae bv. Ons wat bevoorreg is om die buiteseisoen-tariewe te gehaal het in jare, kan elke dag dankie sê.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/11/2026 - 19:45

Die olieprys kom stadig maar seker af, tans is dit 89.9 $/vat Brent.

Nou moet die wisselkoers net vinnig herstel. O Wee die buiteland reageer baie negatief op plaaslike koalisie gesprekke en groeperinge wat sigbaar word.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/11/2026 - 07:21

Daar is die skrif aan die muur, nog 'n bande vervaardiger het genoeg gehad. !!! Continental gaan ook sluit. Nou bly net Bridgestone en Simutomo [Dunlop] fabrieke oor in die land. 

Oor en oor dieselfde redes; 

kan nie kompeteer met lae pryse van ingevoerde bande

onbetroubare elektrisiteit, water en vervoer [hawens]

sekerlik ook voorgeskrewe lone/arbeid voorskrifte

Dit laat die vraag---as die huidige regering nie eers bestaande werkgeleenthede kan [wil ?]] beskerm nie, hoe gaan nuwes geskep word.?? Nou is dit net KI voor en agter. Waar is die dae toe KI die afkorting was vir Kunsmatige Inseminasie. 

Ek verwag seker te veel, nog nooit eers kon 'n potlood plaaslik vervaardig word nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 24/11/2026 - 14:33

Rampie het bietjie laat geslaap. Hy kom nou eers by die braai aan, maar die kole is amper dood. Dan...jy het elektrisiteit nodig om data sentrums te hardloop....jy het water nodig om data sentrums koel te hou. Patete kan nie een van die twee ordentlik voorsien nie. Seker gesien Elon Musk maar miljarde daaruit, nou moet die een ook probeer.....verskil is Elon Musk gebruik sy eie geld waarvoor hy gewerk het waar Rampie seker tax geld gaan gryp om te probeer

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 24/11/2026 - 16:39

Presies om die twee redes (water/elektrisiteit) en nog meer protesteer verskeie lande in die wêreld teen datasentrums. Aanvanklik 'n bietjie werkskepping tydens die bou van die sentrums, maar daarna gaan meer werksgeleenthede in die slag bly (sou die hulpbronne beskikbaar wees). Gaan so 'n sentrum eers teen groot koste opgerig word voordat iemand besef dit kan nie werk nie, en maar leeg staan en verwaarloos soos vele ander projekte? Miskien verbaas die uitkoms ons - 'n massiewe ontsoutingsaanleg wat nog meer elektrisiteit benodig. Geen probleem, genoeg grond vir die grootste solar plant ooit sal beskikbaar gemaak word, ondersteun deur honderde windturbines, en voila, Elon Musk het kompetisie 👀

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 24/11/2026 - 17:20

So van bande gepraat....gister was weer my beurt vir daai onaangename uitgawe. Verkoopsman sê ek behoort tussen 90 en 95,000 km op hul te kry. Ken nie die handelsnaam nie, maar verkoopsman het hoog aanbeveel. Hoop maar van beste

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/11/2026 - 17:28

Verbasend, jy is nou die die hoeveelste persoon wat ek sien wat dit koop, uit eie keuse of op aanbeveling van bandehandelaar. Dit lyk na 'n properse 4x4 veldband, met daai vreeslike sywal.

Ek het toevallig na bande pryse gekyk laas naweek. die tipese prys vir ons trokkie se Bridgestone bande is ongeveer R3000 +-R200.

General Grabber , Dunlop en GoodYear is ook so tussen R3400 na R3600/band.

Sal nou gaan loer wat hierdie ingevoerde band kos. 

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus