Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Molle Oktober 2026 saam gesels Geert -23 seconds ago
Rona... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -56 seconds ago
Die terrein Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 minute ago
glasskerwe Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 minutes ago
Kompleet met agt x agt… Lag 'n slag Johann L -1 hour ago
Wessel?? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Lid van meer as een forum

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Ek is reeds 'n paar jaar 'n lid van Caravan Parks se forum en redelik aktief daar.   Dit was ook vir my 'n voorreg om by Kampforum te kon aansluit en ek geniet dit baie om hier ook aktief te wees.   Ek vergelyk hulle nie met mekaar nie en kan net goeie dinge van albei sê.  Ek maak ook 'n punt daarvan om nie een van hulle op die ander een te bespreek nie.   So, dit is nie waaroor hierdie draad gaan nie.

Wat ek graag oor wil praat.  Hier is heelwat lede wat ek ken van CP se forum.  Soms, as ek dink oor iets om op 'n forum oor te praat, dan wonder ek, moet ek dit nou op Kampforum doen of op CP forum?   Moet ek dit op albei doen?   Lede wat op albei is, sal dan dieselfde storie twee keer moet lees.   

Hoe hanteer ander, kom ons noem dit maar "dubbel lede", dit?   Of moet mens maar jou "gut feeling" volg oor wat waar gaan pas?smiley

Ek wil net noem, hierdie vraag sal ek hier vra, maar vir een of ander rede, nie op CP forum nie.  Dit sê dalk iets van 'n meer ontspanne gesindheid hier?wink

 

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 22/04/2017 - 22:05

Freda, hier kan ek net namens myself praat,  soos dit maar hoort.

Plaas dit waaroor jy wil gesêls gerus hier/ook soos jy seker agter gekom het, is oa ek, nie meer baie op cp forum nie, niks teen cp forum nie, maar kom ons doen wat ons kan om gesêlskap hier te stimuleer.

Sodra ek weer by die huis is, gaan ek julle mal maak met fotos hier. Ons kamp tot mid volgende week en mens kry nie so baie tyd om op die forum te kom kuier nie.

0
Pretoria Tuine

DK

Sun, 23/04/2017 - 08:26

Tannie Freda, soos julle ook alreeds opgelet het, is my naam verwyder op die ranglysie by CP.

Ek lewer nogsteeds nou en dan kommentaar daar op ń manier????, maar ek moet dit noem dat ek eerder meer betrokke is by hierdie forum.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 23/04/2017 - 08:52

Ek dink ook uit die geskiedenis van die saak is daar so 'n bietjie onsekerheid en mens soek standvastigheid EN hou nie van te veel van veranderinge nie. 

Kampforum is nog baie nuut!  JA vandag presies 2 maande OUD!    Lede het in die verlede elke keer met die wat die Ou Weg forum gevou het en tydens lang tye van "downtimes" altyd gaan nes skop by CP forum -   CP is altyd daar, het 'n goeie geskiedenis en uit ondervinding bied dit Forum standvastigheid.   

Hier op Kampforum het ons alreeds 'n groot terugslag ervaar toe die eerste platform tot nuut gegaan het en almal weer van voor af op hierdie Drupal platform moes kom tent opslaam  (dit was maar 3 weke gelede!) 

Ek se Cheers!  op CP forums.  En sal weer se, dankie vir 'n standvastige en betroubare platform waar alle oud wegsleep lede altyd kon gaan tuismaak het, en ek glo daar is lojaliteit tot CP gevorm.  Ek hoop egter dat ons hier 'n langtermyn forum fondasie sal kan bou en ervaar, in Afrikaans.

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 23/04/2017 - 09:56

Antie Frieps, ek is diep en bitter teleurgesteld in jou, hoe kan jy so rugsteker wees om op twee forums te gesels!!??

Jy verklap seker al ons geheime op daai ander forum?

Spot maar net, mens mag seker op soveel forums gesels soos wat jy wil? Ek self is op ;n oorseese kamp forum, geniet dit baie om te hoor en sien hoe kamp hulle, ek is nogal heel aktief daar.

Dan is ek ook op die "Royal Charter of Surveyors" forum in die UK. Ek is al vir jare 'n erelid by hulle, omdat vek verskeie artikels vir hulle geskryf het oor die eiendomsmark in SA en ook hoe ons eiendoms verbande hier beskou.

Ek is net so aktief daar, lekker om op hoogte te bly van die eiendoms mark in die UK. 

Ook lid op 'n Nederlandse forum wat op hul eiendoms mark en dan ook op huislenings daar gerig is.

Hoe meer mens op forums gesels hoe meer verbreed mens jou uitkyk op die lewe!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 23/04/2017 - 13:16

Soos ek gesê het bo, ek het nie die draad begin om vergelykings te tref of te vra watter een iemand se voorkeur is nie.  Dit gaan oor die probleem dat mens dalk dieselfde storie op albei forums gaan vertel en dan moet die "dubbel lede" dit twee keer lees.   Ek sal maar volstaan deur te sê as ek dalk iets op albei forums vertel, moet die lede wat dit twee keer moet lees, my maar verskoon.smiley

Mense gesels lekker op Kampforum en is meer ontspannne oor kwessies.   CP was ook eers so, maar ek moet eerlik erken, dit het oor die afgelope paar maande verander.   Die grootste rede, egter, hoekom ek op hierdie stadium nie eers oorweeg om net weg te gaan daar nie, is dat daar lede is waarvan ek baie hou en ek voel lojaal teenoor hulle.   Dit is mense wat nog nie hier aangesluit het nie.   Dit wat Voortrekker sê oor CP forum is waar, ek wil darem ook nie voel ek draai my rug op 'n goeie ou vriend nie.wink

Nee, Arie, ek skinder nie van ons daar nie.   Ek glo as mens daar 'n draad oor hierdie forum moet begin, sal dit 'n hele geredekawel ontketen.laugh   'n Toe bek is 'n heel bek!  (Wat sê jy Johann?)

Ja, DK, ek weet presies wie jy, as nuwe lid, op CP forum is.   Oop's man, wie kan nou jou skryfstyl miskyk?laugh

Geluk aan onse forum wat vandag twee maande oud is.  Hy staan sy babaskoene behoorlik vol en is goed oppad om grootmens te word.   Cheers!

0
Pretoria

Dylan

Sun, 23/04/2017 - 15:44

Skuus, miskien n dom vraag, maar ek het nounet ingegaan op forum lede. Daar sien ek dat lede sekere rolle het. Soos kamp leier en sponsers. Ek verstaan admin, maar wat beteken sponsor en wat beteken kamp leier?

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Sun, 23/04/2017 - 17:22

Freda soos jy weet is ek ook op albei soos so vele van ons hier.

Laaste tyd probeer ek maar net om antwoorde te gee waar ek dink dis nodig of van pas.

Sal ook nie die twee teen mekaar afspeel nie, nie my styl nie.

Ons vra vrae en kry antwoorde ... somtyds.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 23/04/2017 - 17:25

Skuus, miskien n dom vraag, maar ek het nounet ingegaan op forum lede. Daar sien ek dat lede sekere rolle het. Soos kamp leier en sponsers. Ek verstaan admin, maar wat beteken sponsor en wat beteken kamp leier?

Hi Dylan.  Die forum het op die oomblik net een (2) admin.  Dit behels alle eienaarskap, publisiteit, ontwikkeling, hosting en tegniese aspekte van die platform.

Dan is daar kampleiers (moderators)  en gewone lede.  Die kampleiers bestaan uit 'n groep van 13 lede wat basies die eerste 13 lede  verteenwoordig wat akitief was met die begin van die nuwe forum.   Hulle help admin om 'n objektief na die forum te kyk en het ook toegang tot sekere moderator funkises.

Laastens is daar lede wat finansiele bydrae lewer om die forum "running costs" te help dra.    Sponsors.   Dus as 'n lid die forum borg, dan word die "sponsor" rol aan hom toegeken.

Die Drupal 8 webwerf platform noem dit "rolls" en daarom verwysing na die woord rolle.

Ek weet nie of jy bewus is van hierdie forum se gheskiedenis nie?   Ken jy die geskiedenis van wegsleep se forum?   Die forming van hierdie forum was 'n baie vinnige Donderdagoggend besluit wat geneem was deur een van die lede onder aanmoediging van 'n handjie vol ander lede, om 'n nuwe forum platform te skep waarop die groep jare lange vriende van die wegsleep forum kon aanhou gesels sonder tegniese probleme en indringende snertpos.  Dit was die 22 Feb 2017 -  op die 23ste Feb was die nuwe forum platform bekend gemaak en het lede begin deelneem.    SO om op te som is hierdie forum platform die produk van 'n groep "ou" forum lede.  Wegsleep forum het sy deure toegemaak op die 14de Maart, en hier gaan ons nou aan!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 23/04/2017 - 18:47

Jinne, tog, wat 'n gesukkel!!! My neukenaar (rekenaar) het weer omgemeor (omgeval/gecrash), nadat dit so 8/9 maande terug ook gebeur het. Tablet sukkel effe, nou sit ek hier op rekenaar wat so 7 jaar terug met pensioen gegaan het.

Ek moes erg sukkel om die spinnerakke uit en af te kry!!, en die slingertjie waar jy hom opstart met Q20 behandel!!!

DIS DONKER NAG hier by my!!!,  rekenaar vriend is besig om ander een te probeer "revive", ek het min hoop.

Nou lê die feitlik onmoontlike taak voor om " nuwe" stelsel te kry!!

Ek kan NIE nuwer gaan as Windows 7  op 32bit stelsel nie, my werk se programme kan nie "vernuwe" nie!!!

DIS DONKER NAG!!!

Ekskuus, nou weet julle almal ek sukkel!! Freda, my smileys is dalk ook WEG!!!, wegger as weggsleepte forum!!!

Nou moet julle weet, ek wil met vakansie gaan!!! Frede het koffie belowe!!! Ek moet nuwe rekenaar loop staan en soek, en inbreek en leer!!!! Ekke weet nie.

Dalk nou maar knertsie vat ek gaan staan en slaap!!!

As julle NIE van my hoor nie, ekke sukkel maar voort!!, moenie bekommerd wees nie!!!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 23/04/2017 - 19:38

Ek is op n paar forums, onder andere CP.

Ongelukkig dink ek, jy moet deel wees van die kliek op CP. 

Ek is al baie stief daar behandel omdat ek nie deel is van die kliek nie. Die kliek kan maak en sê net wat hulle wil. Sodra ek sê wat die kliek sè, word my inskrywings verwyder.

Al kla jy by admin soos hulle vra, antwoord hulle jou nie terug nie.

Ek sal daar insette lewer tot hulle my verban.

Net my opinie.

0

laugh Tannie Freda, wanneer gaan ons met daardie Rooi Golf, Uitenhaag se "Drive-In" toe?laughlaugh

0

Hi Freda

To answer your dilemma, as concerns me....

On both I post new thing that I've not already discussed, sometimes one thing here one thing there sometimes one thing on both.

On KP I'll usually discuss things I've already gone through on CP ( MOSTLY do my posts in word then copy paste it so I got a copy under either CP or KP

On both,  I'll answer posts accordingly.

But I do feel a bit of a let-down by CP. One of the good things that happened was a couple of get-together's which have died out... & now the admin is not very interactive since Willie does not participate, whereas Anton has been very participative, and that I appreciate... So to show appreciation, I kinda tend to post more here now.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 24/04/2017 - 15:41

Ja, ek is seker een van die ouer lede op die CP forum.  hy was ook op 'n tyd baie dood gewees maar toe kry hulle weer lewe.

WegSleep se forum was ek ook een van die eerstes wat daar aangemeld het tot die einde.

Ek het die meeste van WegSleep se kampe gereël (van die eerste een by Klein Parady, Brits) en daar het ek die Omgee groep begin.  Die kampe het ek ook by CP begin want ek ken vir Willie persoonlik.  Ek het die Omgee Groep ook daar begin maar Willie se seun het dit afgekeur en na 'n lelike onderonsie het ek vir omtrent 'n jaar myself onttrek.  Na hulle my gevra het om terug te kom het ek dit gedoen met die voorwaarde dat ek geensins anders as kommentaar daar by sal betrokke wees nie.

Ek het toe ook op altwee die forums my Omgee Groep onttrek en my eie een die WilSur Omgee Groep begin en ook my eie kampe begin reël vir die lede.

Ek is steeds daar op CP se forum maar glad nie meer aktief nie.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Mon, 24/04/2017 - 19:04

Ek sien nou.... "KLIEK"     en ek wonder ook maar. Moet mens jou steur aan dit.

As gevolg van my godsdienstige siening en nog ander dinge soos my fyngevoeligheid het ek ook al n scrap of twee opgetel maar deesdae steur ek my nie veel daaraan nie. Nie dat ek nie kwaad word nie, maar om vredesonthalwe hou ek my bek.  (Ook maar net)

 

0

Ek het dit al vanoggend opgelet, maar my eerder op die kantlyn gelos. Ek het kalmeer en wil dit graag so hou.

"No More" Faaits vir my nie, dit is nie goed vir persoonlike gesondheid nie.

Sommiges daag jou uit, wat daardie moermeter hoog skuif.

Dreigemente wat ek ontvang het sedert Desember, wil ek graag nie weer ontvang nie.

Nuwe lede wat aangesluit het en deel was van daardie "Komplot", vermy my asseblief, dit was "hel" vir my vrou en my met slaaplose nagte.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 24/04/2017 - 23:29

Ek het nie werklik probleme op cp forum nie, net een ou wat my e-pos gestuur het en sê ek maak of ek vreeslik slim is en dink my advies is enigste wat werk. Komende van 'n baie onaktiewe lid, het ek maar sy adres as gemors pos geblok. Ek het baie goeie vrienskappe daar gevorm, maar hierdie forum "voel" vir my lekker en hier gaan ek bly.

Hier was nog nie 'n enkele "snottirige" opmerking nie, in teen deel, hier lees jy net hoe mense mekaar help en adviseer.

My "voorspelling" Hierdie forum gaan groot gaan, bly in geskakel en groei saam.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 25/04/2017 - 10:01

As jy gelukkig is op enige forum en dit geniet, is al wat belangrik is.  En jy moet opreg wees in jou deelname.  Dit help nie jy neem deel as jy nie welkom voel of griewe het nie.   Ag, ek was ook al baie aangevat op die CP forum maar ek kan regtig nie sê daar is enige iemand met wie ek pyne het nie.   Miskien is ek toe, maar ek weet gladnie van 'n kliek nie.  As daar wel een is, sal ek ook nie weet wie die lede is nie.     Ek weet ek is nie lid van 'n kliek nie, so ek is not guilty your honor.wink    Ek dink die tannie word maar deur almal verdra, vir wat'n dit werd is.devil

Ek stem saam met Warren dat Admin se deelname 'n groot rol speel om 'n forum suksesvol te maak.   Behalwe vir al die werk wat Voortrekker ingesit het, is sy deelname seker die grootste rede dat alles hier so lekker verloop.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus