DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1175 views
Anton, moresê, ek kry…
Anton, moresê, ek kry vinnige een!!!
Jy praat nou van goggas, maar jou plasing seker op "ou"forum gewees.
Die blik-emmers maak ou half krapperig, maar kom ons hoop hulle kom NIE HIER nesskrop nie!!!
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Lekker rustig en stil in kantoor met niemand om my werk te onderbreek nie
lekker koffie
Goe More Dusty! EK het gou eer 32 spammers van die ou platform delete - nou gaan ek koffi maak.
Kan ek vir enigiemand 'n bekertjie skink?
KOFFIE?
Nouja, kom ons lig ons koppies koffie en tee vanoggend en drink 'n heildronk op die forum wat gered is en weer aan die gang is. CHEERS!!!!
Koffieeeeeee!!!!!!
Dankie Stoffel/Dusty, ek gaan vandag BAIE nodig hê!!! Sit met werke wat feitlik onmoontlik is om klaar te maak (eintlik te begin), en ek moet gaan loop staan en hulp soek!!! Op die ou einde maar dalk net die klante wegwys, maar dis moeilik om dit te doen nadat jy vir 25 jaar vir hulle werk!!!
Ag, nou ja, ek oppad uit, nou nie so bevoorreg om in stoeptent te sit en tee/koffie drink soos Freda nie!!!
KOFFIE?
More Frans. Jy beter al daardie werk klaarmaak sodat jy Mei maand bietjie kan wegkom. Ja, dit is nogal lekker om vroeg in die oggend so rustig op die stoeptent te kan sit. Ek kan dit ten sterkste aanbeveel. :-)
Goeie more,…
Goeie more,
Ek het klaar vir my tee gemaak en koffie aan die gang gesit.
Moet nou vandag kwotasies kry vir my voertuig. 'n Vrou het gistermiddag die agterkant van my voeruig 'n bietjie verander. Sy het blykbaar nie van die vorm gehou nie
KOFFIE?
More almal. Hoop julle voel almal gesond en uitgerus vanoggend. Jammer om te hoor van jou teëspoed, Dusty. Geniet daai koffietjie en julle dag.
Dusty, dankie vir die koffie…
Dusty, dankie vir die koffie, half deurmekaar hier vandag, een werker buite en een binne, en dit raas hier binne met stofsuier!!!
Die stampery is maar altyd 'n geneuk!!!, MAAR, daardie trekstang het die skade baie beperk, glo my. My MB het wegsteek sleepstang, maar ek het hom uitgebring dat hy agter soos 'n "middelvinger!"regop staan, en hy gaan meorse gat in ander ou se kar se voorkant maak!!!
Freda, ja, ons werk dat dit klap om Meimaand te kan wegbreek, dit is feitlik uitgemaakte saak, dis net die tydsduur wat dalk kan verleng as Linda NIE moet gaan vir operasie nie, dan kuier ons week langer (natuurlik weersomstandighede in gedagte gehou).
Lekker dag vir almal
is daar nog koffie?
Skies ek val so bietjie laat in vanoggend. Ek moet weer werk (nie forum werk nie) en is vandag weer een van daai dae waar ek 2 maande se dinge opvang.
Het nou so 'n uur om koffie te drink en forum te lees...
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Is reeds aan die gang. Besig om tee te drink. Hoor ook die koffie masjien prut.
Gaan nou vir 'n paar dae rustig wees. Sal weer oor 'n week hier gesels
Lekker dag vir elkeen en geniet die tyd
Vroeg wakker
Goeiemore liewe forumlede. Hoop julle het almal lekker geslaap, of slaap heel moontlik nog steeds. Weer een van my vroeë oggende vandag. Maar dit was Colin se skuld. (Nee, Lennie, moet nou nie weer gedagtes kry nie!!!). :-)
Ons het gisteraand die blye en welkome nuus gehoor van die baie reën wat deur die nag by ons gaan begin en dat dit vroeg vanoggend nog hard gaan reën. Ek slaap heerlik en weet van niks. Tot 3.30. Toe gaan Colin uit na buite en toe hy terugkom, word ek wakker. Vra toe vir hom: "Reën dit?" Die rede hoekom ek toe nie weer slaap nie, is oor ek gelag het vir sy antwoord (verskoon die taal). F@k@l, die lug is vol sterre!.
Uiteindelik het ek maar opgestaan en tee gedrink, dit is nou al tyd vir koffie! Geniet jul dag en ek sal laat weet as die reën darem besluit om te kom.
2 suiker en melk asb
Goeie more almal. ek kon so 2 ure later slaap vanoggend want ons kantor is toe. Heerlike dag vir almal!
Freda!!
Dankie, ek kry gou klein bekertjie koffie.
Freda, ek lag!!!! he-he-he vir daai phokkol!!!! Dan is dit maar seker ook reg om dan koppie tee of koffie te drink!!!
Lekker dag vir almal - ek bly sommer net tuis vandag, paaie nat van die reën wat val, en ek t te lui om kar te was!!!

Frans!!
Daai woord was van pure frustrasie omdat dit toe niks reën nie. Kompleet asof hy lekker kwaad is. Dit gebeur nou al vir maande dat ons dink dit gaan reën en dan trek dit net weg. Sonskyn heeldag vandag en nou weer toegetrek en donderweer.
'n Lekker Vrydag Middag slapie - koffie
Lekker met my oudste gele en doeks vir so 2 ure - nou soek ek koffie -- gaaaaaap!
Koffie???
Voorie, hierdie tyd van 'n Vrydagmiddag moet ou maar so 'n knertsie byvoeg!!!








Goeie More Alma1 - 4 April - Dusty
Goeie more almal,
Sit nou vanoggend hier en tee drink terwyl die koffie prut en die drade lees.
Sien nou die spam wat wegsleep so verower het dat dit ook nou hier begin insypel