Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Donker Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -22 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -22 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 09:29

Ja'k bly eerder weg van daardie F woorde!!!!

.

Ek sien ons forum aansig bo se groen is so bietjie verander!!! Ek hou van die groen wat weg "fade"na die bokant!!! Mens kan sien jy spandeer baie vrye tyd om dinge te verander, en ek dink ook al die ander gebruikers waardeer dit, alhoewel dit nie altyd gesê word nie!!!!

.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 15/04/2017 - 09:35

Dankie Frans.   Ek probeer vir ons hier 'n heerlike kalm en vriendelike platform skep wat maklik navigeer en interaksie aanmoedig!

Wat F en F aanbetref, die name was maar so 'n grappie tussen myself en LoL-La -  

...die budgies se name is Kieppie en Kaddas

0

Dit kan dalk beter op die oor val, die Kiepie en Kandas?  of soos jy seg, Kieppie en Kaddas!

Ek het jare terug klomp kokketiele gehad, sommer twee hokke vol, en die goed moes opsluit naweke saam gaan kamp!!! Dit was van hierdie wit vierkantige hokke, en he tsommer hele tent volgestaan!!! (ou Caravaette 4 gewees).

Die ma en pa was mak, en uit die hok gelaat om bo-op te kan sit, en maak ek fout om kleintjies ook oop te maak. Vlieg een kleintjie toe by tent uit, ek en die pa kokketiel daar agterna, van boom tot boom!!! Hele dêm middag gesukkel met die affêre, en laat middag kom die klein blik-emmer self terguggevlieg!!

Ai, wat jy tog nie alles sal doen vir die kinders nie!!!, eende, hoenders, hase!!!, en op die einde van die dag versorg Pa alles!!!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 07:22

More Voortrekker en al die ander mense.   Jou koffie lyk baie lekker, Anton.  Hy vra sommer om gedrink te word.

Ons het gister deur die dag so nou en dan 'n bui reën gehad.   Dit is koud maar darem nog nie regte winterkoue nie.  Ek het nog nie gehoor dat ons damme water gekry het nie.

Waar is Frans vanoggend?   Slaap seker laat.  More Frans, wag vir jou groet!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 16/04/2017 - 08:32

Ek is laat, hier by ons buite 6grade gewees so teen 7:30.

Freda, ek/ons is effe aan die slegte kant deesdae, SUKKEL om aan die gang te kom!!!

Hier by my is daar trappies wat opgaan na sitkamer en ander deel van huis, uitstekende plek om die voorgenome vakansie benodigdhede te begin uitpak, ons doen altyd so!!, wel eerste goedjies begin plek kry daar!! DIT vat tyd!! Besluite oor wat gaan saam!! Gebruik NIE bagasiewaentjie hierdie keer (gaan hom dalk maar smous aan Tinyiko van ander forum), so, ons moet  oordeelkundig pak!!

Het darem al by hierdie masjien draai gemaak netnou!!!

.

Lekker dag vir almal!!!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/04/2017 - 07:33

Plesier Voortrekker, laat hy val waar hy wil. laugh    

Hoe drink julle mense jul koffie?   Swart koffie is vir my nogal lekker, maar dan moet dit soet wees.  Ek drink dit baie selde so, gewoonlik met melk en pilletjies versoeter.  'n Knertsie room by koffie is ook 'n treat.  Ek het saam met 'n vrou gewerk wat 5 teelepels kitskoffie gebruik het vir een koppie koffie.  Dan drink sy dit swart en bitter.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 17/04/2017 - 07:43

Goeie môre, myne swart, 1 lepeltjie bruin suiker met een pilletjie, dankie!!!

Ek laat vandag, maar dit maak nie saak nie, dis mos soort van vakansiedag, geen aflewerings om te doen!!

.

Geniet die dag!!!

0
Centurion

Dusty

Tue, 18/04/2017 - 04:00

Goeie more al die koffie en tee drinkers,

Sit reeds met 'n beker tee voor my en het die koffiemasjien aan die gang.

Weer terug in die tuig. Opvangs waar ek was was baie swak gewees.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 18/04/2017 - 06:32

Goeie more Dusty.  Dit is lekker om jou weer so vroeg hier te hê.

Ek gaan ook nou die keteltjie aansit.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 18/04/2017 - 07:53

Goeie môre, jinne Dusty, jy het al gepraat van vroeg roer, maar jou opstaantyd is soos die ou mense gesê het"ou-nag"!!!!

Dankie, ek het my bekertjie gevul!!! Nou in die pad val met aflewerings.

Lekker dag!!

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 08:41

Ek sit sowaar nou eers met my eerste koppie tee van die oggend.  Lekker laat geslaap vanoggend.

Aan almal wat weer moet begin werk na die vakansie en langnaweek, sterkte.  Vanoggend was die huise, met skoolgaande kinders, weer in rep en roer.   Dit bly maar 'n storie om almal betyds op en aan die gang en gereed te kry.  Veral as jy in die stad bly en die verkeer moet trotseer oppad skool toe.

0

Ag nee, 

Swart, sterk en bitter ????

Dan is dit n straf.

Mens drink mos koffie vir die lekker. Of wat praat ek alles.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 09:51

Toe ek my inset op die koffiedraad gesit het vanoggend, was dit al na 8.30.   Maar langs my inset wys dit 6.41?  Omtrent 'n verskil van 2 ure.  Dusty wys by my 2.00, dalk was dit toe 4.00.  Ek plaas die inset nou om 9.50.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 10:10

Nee, dit is West Central Africa.   Ek het nou deur die lang lys gegaan en dit is die enigste een in Afrika.  Daar is gladnie 'n Jhb Africa nie.   My tyd wys reg op my rekenaar.  Tans 10.10.  Hoe laat wys my insette by jou Voortrekker?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/04/2017 - 10:17

Freda, stel jou tydsone op "Africa Harare", dit strook met Suid-Afrika

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/04/2017 - 11:30

Daar is ook nie 'n Africa Harare, of net Harare nie.  Ek het nou een gekies wat die tyd langsaan het 12.00+.   Dit is Catham Islands.   My rekenaar sê nou die tyd is 11.15.   Ek wil nou sien hoe laat wys dit op my inset.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus