My suster se kleindogter het tandarts studeer by Kovsies en haar toekomstige man daar ontmoet. Omtrent 'n jaar na hul graad gevang het, getrou. Hulle was een jaar getroud toe reis hul van Bloemfontein na Port Elizabeth. Op die Hofmeyr pad verloor hy beheer oor sy motor en dit rol met hulle. Hy is opslag oorlede en sy was in 'n kritieke toestand met erge beserings. Dit het maande geneem vir haar om te herstel. Dit was amper 5 jaar gelede. 2½ jaar gelede ontmoet sy weer iemand en hul het 'n jaar gelede verloof geraak. Hul het reeds hul eie huis laat bou en die troudatum is 29 Julie. Vanoggend kry ons die hartseer nuus dat die verloofde vanaf Jeffreys na Humansdorp gery het en in 'n kop aan kop botsing betrokke was. Hy is uit die voertuig gegooi, sy nek gebreek en opslag oorlede. Die ander motoris was te blameer vir die ongeluk. Dit is moeilik om te verstaan dat sy haar eerste man moes verloor 'n jaar na hul huwelik en nou haar tweede man 3 maande voor hul huwelik. Wat sê mens vir haar? Sy is diep gelowig en 'n baie goeie kind.
Boonop trou haar jongste sussie op 6 Mei in Pretoria en sy is veronderstel om die strooimeisie te wees. Ai, dit is vir ons baie tragies.
Werklik tragies !
Freda, Ek het nie ander woorde as Frans nie.
Dis nou werklik tragies!!!, mens kan maar net Sterkte toebid!!!
Jammer om te hoor vriendin…
Jammer om te hoor vriendin.
Sterkte. Dis al wat ek kan sê.
Die GROOT Trooster sal julle bemoedig en vertroos.
Dankie vriende
Ek het die verloofde gladnie geken nie en haar ook lanklaas gesien. Toe sy en haar drie sussies en boetie klein was, het ek hulle gereeld "ge-babysit". Ek kry net vir haar so jammer dat dit nou twee keer met haar moes gebeur. Haar pa is 'n dokter hier in die Baai. Ek het gister met hom gepraat en hy klink platgeslaan vir sy kind se onthalwe. Hy vertel toe die man se ma het kanker en hy het spesiaal 'n woonstel aan die huis laat aanbou sodat sy by hulle kan kom bly. Dink net hoe moet sy voel?
Ai Freda, ek het geen woorde…
Ai Freda, ek het geen woorde nie, woorde bring in elk geval nie vertroosting nie!
Ons dink en bid vir julle, en spesiaal vir haar om krag te kry om hier deur te kom.
Ai man dit is so hartseer!
Hestony Trok
My suster sê nou vir my dit was 'n groot Hestony trok met 'n vol vrag wat van voor gekom het. Die man het nie 'n kans gestaan nie. Die drywer van die trok sê die opkomende son het hom verblind.
Baie sterkte aan die meisie…
Baie sterkte aan die meisie en familie.
Dit moet werklik baie seer wees, dra asb ons gebede oor.
Baie dankie
Ek het vir haar 'n boodskap gestuur om te sê baie mense dink aan haar in hierdie tyd en wens haar sterkte toe. Baie dankie vir al die mooi woorde.





Werklik tragies!
Freda, dis nou werklik tragies!!!, mens kan maar net Sterkte toebid!!!