Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
Wat gaan hier aan?
Naweke is dit gewoonlik baie stiller, mense doen seker ander dinge. Maar Len is reg, die situasie maak mens bietjie moedeloos, honderde lede en net 'n handjievol wat betrokke is.
Ek gaan nou 'n klip in die bos gooi en hoop nie ek kom vermetel voor of praat uit my beurt nie. In die laaste tyd voel dit vir my of insette nie reaksie kry nie omdat mense dit nie altyd sien nie. Behalwe as hul gaan soek daarvoor, weet hulle nie daarvan nie. En ongelukkig gaan soek die mense nie. Ek self kom agter dat ek heelwat insette mis en eers heelwat later sien of glad nie sien nie.
Op die oomblik het ons die volgende "reminders" as ons op die forum ingaan.
Heel bo het ons "Nuutste forum insette".
Links het ons eers "Onlangs" en dan "Nuwe forum onderwerpe" wat verbyflits.
Daaronder kry ons nou 'n lys van "Nuwe forum onderwerpe"
Dan volg 'n lys van "Aktiewe forum onderwerpe"
Dan volg 'n lys van "Onlangse insette".
Ek voel net die beskikbare spasie kan dalk eerder gebruik word om 'n kort lysie te gee van Nuwe onderwerpe en 'n langer lys te gee van Aktiewe/Onlangse insette. Dalk tel die mense dan die insette makliker op.
Ek sê maar net. Ek was baie vroeg wakker vanoggend, my brein werk weer oortyd!![]()
Ja ek moet se dat dit gister…
Ja ek moet se dat dit gister nogal stil was hier op kampforum, 'n rekord stilte vir' n Saterdag. Hoe sê hulle? Stilte voor die storm. ![]()
Hier gaan meer aan as wat…
Hier gaan meer aan as wat julle dink.....
Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie
As ek kamp praat ons mos nie net oor kamp verwante sake nie. Die weer, buurvrou, die stout kinders en sommer n klomp ander goed kom ook onder bespreking.
FB is meer poppie as Forums maar die selfde goed word oor en oor en oor gevra en oor gestry, omdat die inhoud na n rukkie verdwyn. Op Kamp -mal is daar meer as 140k lede waarvan seker net 2% aktief deelneem ( ek praat onder korreksie want ek het nie die ware syfers nie) Onder die wat wel deelneem word die selfde vraag weekliks bespreek en daar word elke week oor die selfde goed gestry... dit lyk vreeslik besig, maar is dit regtig.
Om 2 inskrywings te hê wat iets beteken, beteken seker meer as 100 herhaalings van net 1 onderwerp.
Dit is ook so dat baie mense besig is met persoonlike goed oor naweke en nie almal het die tyd om gou iets te kom skryf nie. Die werk jaar begin ook weer vir baie van ons en dit moet ongelukkig gedoen word sodat ons geld het om te kan kamp.
Daar sal beslis seker maar tye wees wat dit stiller is as ander.
Nie almal stel ook belang in al die onderwerpe nie.
Wat my afsit van party ander…
Wat my afsit van party ander forums ( waar is PJ
) is die klieks.
As jy nie deel is daarvan nie word dit gou duidelik gemaak.
Al is die forum stil met tye geniet ek die onderwerpe en as dit stil raak lees ek maar oues
Soos ek reeds gesê het, ek…
Soos ek reeds gesê het, ek is skuldig maar dit is omdat ek nie meer heeldag voor die rekenaar sit nie.
Maar ek geniet hierdie forum baie al is ek nie met elke gesprek aktief nie. Ja dit is jammer daar is nie meer aktiewe lede op die Forum nie. Ek dink als is net 'n vreeslike gejaag.
Dit is nou die tyd om weer verder te beplan vir die volgende kampe.
Ek dink nie dat ons rede tot…
Ek dink nie dat ons rede tot kommer het nie, ek loer so nou en dan in op die ingelse forum?, dit is maar ook stil daar. Net See L wat hard werk om gesprek voering aan die gang te hou.
Ek se altyd, en dit is nou nie regtig van toepassing hier nie, "een persoon praat baie, maar sê min, 'n ander praat min, maar sê baie"
"een persoon praat baie,…
"een persoon praat baie, maar sê min
Dankie Johann, ek kry die boodskap ![]()
Hehe Anton, ek het nogal…
Hehe Anton, ek het nogal gehoop niemand dink ek skimp nie, sal ons vir Spekkies roep?
Johann, ek sal ook maar die…
Johann, ek sal ook maar die eerbaarlike roete volg en minder praat!![]()
![]()
eerbaarlik
Google die woord eerbaarlik en julle sal sien dit is wel in gebruik in Suid Afrika!
Hie se ek altyd vir die…
Hie se ek altyd vir die wyfie as ons moeg is. Hier is niks te steke nie, kom ons steek maar n sigaret aan!, LOL
Arie, nee nooit, jy praat…
Arie, nee nooit, jy praat immers sin volle twak ??
Johann, ek sal ook maar die eerbaarlike roete volg en minder praat!
Ou Gesie, nou pra jy eerbaarlik.
kom ons steek maar n sigaret aan!, LOL
Maak......
Dit maak my sommer moerig as dit 'n gesukkel is om mense te kry om saam te gesels. Hoekom by 'n forum aansluit as jy nie wil deelneem nie ?
So tussendeur skep ek moed as ek bydraes sien soos soos Gerhard se tent/ pienk-sleepwa storie, Stephan en sy innoverende muurproppe en Segekok se woonwa-bande - dis tog interessant en lok lekker heen-en-weer gesels uit. Die Overvaal Hoërskool het ook vir lekker aktiewe gesels gesorg, alhoewel nie kampverwant nie, maar tog ook iets wat beslis om baie kampvure bespreek word.
Wie gaan volgende met 'n lekker gesels onderwerp en fotos lostrek ?
Lyk vir.................
Lyk vir my dis al weer sulke tyd - hier gaan boggerol aan !
(Dis nie naweek of skoolvakansie wat gewoonlik die skuld kry nie).
Hier en daar
Hier en daar gesels n nuwe lid maar Len ek stem dis maar stil hoop die ouens sal inklim en lekke saam gesels
Ek stof....................
................hierdie draad weer 'n bietjie af.
Hier gaan weer niks aan nie en dis net hier en daar waar iemand met jou gesels.
Ag nee man - sies vir jou !
More Len en vrinne
Nee Len hier gtoet ek jou en forum maats die forum loop lekke dag vir jou waat hier lees





Mense gaan slaap mos baie…
Mense gaan slaap mos baie vroeg in die ouetehuis