DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1182 views
Freda
Dibiki bly ‘n puik keuse vir kwaliteit kampgeriewe, julle moet dit baie geniet. Ons kamp nog lekker en staan hier op Swadini tot 20 Mei, dan Pretoria en Umhlanga vir so week elk en vanaf begin Junie op Ricahardsbaai vir die winter. Daar staan op die oomblik twee egpaarvriende van ons op Dibiki, jy moet groete aan hulle oordra as jy hulle dalk raakloop. Hulle is Rudi en Elli (Sensation), hulle toer ook voltyds en Herman en Marthie (Fendt), hulle het ook laas November daar gestaan.
Groete aan Colin en veilg kamp vorentoe.
Anton
Elke keer na 'n langnaweek as al die "weekenders" vertrek dan voel dit vir my, my verlof begin weer van vooraf. Simpatie met julle almal wat weer moet terugkeer werk toe, ongelukkig moet iemand die ekonomie aan die gang hou en dis nou julle beurt. Mooi loop.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Lang naweek is verby. Tee gemaak en koffie masjien aan die gang.
Gelukkig net 'n kort week.
Lekker dag vir elkeen
Goeie more Dusty! Ek voel…
Goeie more Dusty! Ek voel skoon deurmekaar na hierdie langnaweek. Watse kant toe is my kantoor nou weer?
Lekker dag vir almal!
koffie.... hmmmmm
Koffie
Dankie Dusty, ons kry!!
Voorie, ek stem, die langnaweke en vakansiedae smokkel met ou se kop!!!, gelukkig het ons darem nou so 'n maand speling na volgende lang naweek, ek dink!!! EN, natuurlik ou Fransie se welverdiende vkansie van 2WEKE plus dalk nog EEN!!!!
Lekker dag vir ALMAL!!!

Goeiemore
Vir die manne vir wie die langnaweek op 'n einde geloop het, ek dink julle moet 'n paar strekoefeninge doen om terug te kom na normaal voor die werk begin.![]()
![]()
Net toe ek nou hier begin tik, toe kry ek besoek van omtrent 10 ape! Colin is in stad toe en ek is alleen en nogal bang vir die outjies. Een wou in die tent inkom maar ek het die skok gun laat raas en hulle het nou padgegee.
Ons pak vandag op en gaan vanmiddag die karavaan hak en vanaand by die huis by die kinders slaap. Dan kan ons more oggend lekker vroeg wegkom na Hartenbos. Dit reën bietjie vanoggend en die tente is nou nat.
Hier is die ape wragtig terug! Twee is op die tent se dak en Colin het juis gesê hy hoop nie hul spring vandag op die dak met hul vuil voete nou dat dit reën nie. Ek gaan nou maar koffie maak, dalk help dit.![]()
Ape
Freda, sterkte daar vir julle met die pakkery!!! EN die ape!!!
Trane! Ons het geweet wat…
Trane! Ons het geweet wat wag na die langnaweek. Sy was 16 jr oud en het nie meer tandjies gehad nie. Jammer dat ons jou moes laat gaan het vanoggend.
JY, Mia my kat, was baie maal my enigste skouer gewees om op te huil. Ons gaan jou mis. Mag jy nou in vrede rus en heeldag muise rondjaag.
More. Lekker dag ir julle…
More. Lekker dag ir julle almal.
Voortrekker
Jammer oor julle kat. Ek weet dit is baie moeilik as mens 'n dier so lank het om afskeid te neem. Jy moet maar vir julle 'n ander enetjie kry.
Goeie more WW
More. Lekker dag ir julle almal.
Goeie more WW! Dis goed om jou weer hier te sien!
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Sit weereens lekker stil in die kantoor. Die volgende persoon kom eers so 05:10 in die kantoor. Amper 'n uur se stilte hier.
Lekker dag vir elkeen
Melk met suiker asb
Goeie more dusty. Goeie more almal. Mag julle 'n lieflike dag ervaar.
Ek het 10am n afspraak by Brew Hogs.
Goeie more mense, ja dankie,…
Goeie more mense, ja dankie, koffietjie met melk en 3 x suiker sal gaaf wees dankie.
Julle moet julle dag geniet, so saam die koffie.
Wonder waar is Frans vanoggend, drink seker alleen sy koffie.?
Goeie MIDDAG!!!
Kan ons maar koppie versterking kry in die namiddag???
Johann, dit gaan woes!!! amper begin ons dink dis soms beter om eerder by huis vakansie te hou!!!!!, maar, vir hierdie keer is dinge reeds te vêr gereël, en ry sal ons moet ry!!! 3 dae!!!
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Kan voel die winter kruip stadig nader.
Frans, jy moet dit geniet
Goeie more! More is Vrydag…
Goeie more! More is Vrydag! Nog koffie vir enigiemand?
More vanaf Hartenbos
My tee smaak lekker hier by Dibiki vanoggend. Ons het gister in die reën hiernatoe gery en 1 uur arriveer. Na twee maande met die rally en kante is dit lekker om die vol tent op te hê.
Dibiki het 30 staanplekke en is vol. Oosie, die eienaar, sê hulle bly permanent volbespreek al vanaf Januarie. 'n Mens kan verstaan hoekom, dit is regtig 'n lekker park.
Ons wil vandag gaan kyk hoe lyk Hartenbos se nuwe waterfront. Dit was nog nie voltooi toe ons verlede jaar hier was nie. Ons is baie opgewonde om weer by Hartenbos en Mosselbaai te wees.
Nee, Frans, jy moet nie eers dink aan kleinkoppie trek nie. Ons sien julle een van die dae.
Lekker dag vir almal.
Goeie more Freda. Wens ek…
Goeie more Freda. Wens ek was daar! Dit klink heerlik.





Hier op Swadini bewolkte en…
Koos ek neem aan julle geniet dit om so te kyk hoe die weekenders kom en gaan?