Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 minutes ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -1 hour ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -1 hour ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/05/2017 - 12:08

Hier op Swadini bewolkte en koel dag. Almal om ons besig om op te pak, nou nou is dit weer stil en net enkeles wat bly kamp. Almal wat vandag op die pad is moet veilig ry en seën aan almal wat morê weer terug is by die werk.

Nou eers vir nog 'n koppie tee.

Koos ek neem aan julle geniet dit om so te kyk hoe die weekenders kom en gaan?

0
Nelspruit

Koos Mol

Mon, 01/05/2017 - 12:28

Dibiki bly ‘n puik keuse vir kwaliteit kampgeriewe, julle moet dit baie geniet. Ons kamp nog lekker en staan hier op Swadini tot 20 Mei, dan Pretoria en Umhlanga vir so week elk en vanaf begin Junie op Ricahardsbaai vir die winter. Daar staan op die oomblik twee egpaarvriende van ons op Dibiki, jy moet groete aan hulle oordra as jy hulle dalk raakloop. Hulle is Rudi en Elli (Sensation), hulle toer ook voltyds en Herman en Marthie (Fendt), hulle het ook laas November daar gestaan.

Groete aan Colin en veilg kamp vorentoe.

0
Nelspruit

Koos Mol

Mon, 01/05/2017 - 12:34

Elke keer na 'n langnaweek as al die "weekenders" vertrek dan voel dit vir my, my verlof begin weer van vooraf. Simpatie met julle almal wat weer moet terugkeer werk toe, ongelukkig moet iemand die ekonomie aan die gang hou en dis nou julle beurt. Mooi loop.

0
Centurion

Dusty

Tue, 02/05/2017 - 04:27

Goeie more almal,

Lang naweek is verby. Tee gemaak en koffie masjien aan die gang.

Gelukkig net 'n kort week.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/05/2017 - 07:04

Goeie more Dusty!   Ek voel skoon deurmekaar na hierdie langnaweek.  Watse kant toe is my kantoor nou weer?

Lekker dag vir almal!  

koffie.... hmmmmm

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 02/05/2017 - 07:44

Dankie Dusty, ons kry!!

Voorie, ek stem, die langnaweke en vakansiedae smokkel met ou se kop!!!, gelukkig het ons darem nou so 'n maand speling na volgende lang naweek, ek dink!!! EN, natuurlik ou Fransie se welverdiende vkansie van 2WEKE plus dalk nog EEN!!!!

Lekker dag vir ALMAL!!!

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 02/05/2017 - 08:02

Vir die manne vir wie die langnaweek op 'n einde geloop het, ek dink julle moet 'n paar strekoefeninge doen om terug te kom na normaal voor die werk begin.laughlaugh

Net toe ek nou hier begin tik, toe kry ek besoek van omtrent 10 ape!   Colin is in stad toe en ek is alleen en nogal bang vir die outjies.   Een wou in die tent inkom maar ek het die skok gun laat raas en hulle het nou padgegee.

Ons pak vandag op en gaan vanmiddag die karavaan hak en vanaand by die huis by die kinders slaap.  Dan kan ons more oggend lekker vroeg wegkom na Hartenbos.   Dit reën bietjie vanoggend en die tente is nou nat.

Hier is die ape wragtig terug!  Twee is op die tent se dak en Colin het juis gesê hy hoop nie hul spring vandag op die dak met hul vuil voete nou dat dit reën nie.   Ek gaan nou maar koffie maak, dalk help dit.enlightened

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 02/05/2017 - 08:13

Freda, sterkte daar vir julle met die pakkery!!! EN die ape!!!

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/05/2017 - 08:36

Trane!   Ons het geweet wat wag na die langnaweek.  Sy was 16 jr oud en het nie meer tandjies gehad nie.  Jammer dat ons jou moes laat gaan het vanoggend.

JY, Mia my kat, was baie maal my enigste skouer gewees om op te huil.  Ons gaan jou mis. Mag jy nou in vrede rus en heeldag muise rondjaag.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 02/05/2017 - 10:24

Jammer oor julle kat.  Ek weet dit is baie moeilik as mens 'n dier so lank het om afskeid te neem.   Jy moet maar vir julle 'n ander enetjie kry.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 02/05/2017 - 10:27

More. Lekker dag ir julle almal.

Goeie more WW!  Dis goed om jou weer hier te sien!

0
Centurion

Dusty

Wed, 03/05/2017 - 04:23

Goeie more almal,

Sit weereens lekker stil in die kantoor. Die volgende persoon kom eers so 05:10 in die kantoor. Amper 'n uur se stilte hier.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 03/05/2017 - 06:34

Goeie more dusty.  Goeie more almal. Mag julle 'n lieflike dag ervaar.

Ek het 10am n afspraak by Brew Hogs.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 03/05/2017 - 07:22

Goeie more mense, ja dankie, koffietjie met melk en 3 x suiker sal gaaf wees dankie.

Julle moet julle dag geniet, so saam die koffie.

Wonder waar is Frans vanoggend, drink seker alleen sy koffie.?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 03/05/2017 - 14:21

Kan ons maar koppie versterking kry in die namiddag???

Johann, dit gaan woes!!! amper begin ons dink dis soms beter om eerder by huis vakansie te hou!!!!!, maar, vir hierdie keer is dinge reeds te vêr gereël, en ry sal ons moet ry!!!  3 dae!!!.

0
Centurion

Dusty

Thu, 04/05/2017 - 04:23

Goeie more almal,

Kan voel die winter kruip stadig nader.

Frans, jy moet dit geniet

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 04/05/2017 - 07:29

My tee smaak lekker hier by Dibiki vanoggend.   Ons het gister in die reën hiernatoe gery en 1 uur arriveer.  Na twee maande met die rally en kante is dit lekker om die vol tent op te hê.  

Dibiki het 30 staanplekke en is vol.  Oosie, die eienaar, sê hulle bly permanent volbespreek al vanaf Januarie.   'n Mens kan verstaan hoekom, dit is regtig 'n lekker park.

Ons wil vandag gaan kyk hoe lyk Hartenbos se nuwe waterfront.  Dit was nog nie voltooi toe ons verlede jaar hier was nie.   Ons is baie opgewonde om weer by Hartenbos en Mosselbaai te wees.

Nee, Frans, jy moet nie eers dink aan kleinkoppie trek nie.   Ons sien julle een van die dae.

Lekker dag vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus