6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Moord in Nelspruit

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

My broer en sy vrou woon in Nelspruit.  Hul het verlede jaar afgetree en reis redelik dikwels, plaaslik en oorsee.  Hul was die afgelope tyd in die Kaap en het 'n dame, wat vir 'n maatskappy werk wat huise oppas, gehuur om na sekere dinge by hul huis om te sien.  Hulle ken haar ook goed as persoon.  Gisteroggend het my broer haar probeer bel en kon haar nie in die hande kry nie.  Hy het sy sekuriteit gebel om te gaan kyk.  Hul kon haar nie in die huis kry nie, alhoewel dit oop was.  Haar broer was ook by toe hulle haar lyk in 'n sloot naby die huis kry.   My broer hulle het 'n tuinier wat al 8 jaar vir hulle werk en hy is later gearresteer, met haal selfoon in sy besit.

Sy was maar 40 en regtig 'n baie mooi vrou.  Nadoodse ondersoek moet nog gedoen word, maar dit lyk of sy verwurg was.   My broer hulle is baie getraumatiseer hieroor en is tans op pad terug huis toe.    Al wat mens kan vra, was dit nou regtig nodig om haar dood te maak?

Vaalpark

Johann L

Sun, 18/02/2018 - 18:13

Ai dit is so tragies hoe 'n lewe "niks meer werd" geag word in Afrika. Sterkte daar aan almal.

As ek so lees op Maroela Media, dan blyk dit dat die polisie nou weer begin lewe kry.

Ek sien al meer en meer in hegtenis nemings, met beter vonnisse ook. Dalk, net dalk, kan ons 'n pad soos Namibia / Botswana loop.

 

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 19/02/2018 - 14:58

Dankie Johann, ek het dit nou gaan lees.  My broer het self vir my gesê die man werk 8 jaar vir hulle, die berig sê 4 maande.   Ook is hul huis nie regtig op 'n kleinhoewe nie, dit is entjie weg van Nelspruit, teen 'n kop gebou en 'n rivier loop deur hul eiendom.   Hy het gisteraand laat weet dat alles lyk doodnormaal in en om hul huis, dit lyk nie of die man eers in die huis ingegaan het nie.  Niks van hulle is gesteel nie.    Hulle het gister die bejaarde ma van die vrou besoek en sy is verpletterd, sê hy.   Gelukkig verwyt sy hulle nie vir wat gebeur het nie.

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/02/2018 - 15:27

Baie tragies Freda, ek dink dit moet vreet aan jou broer-hulle, al is hulle totaal onskuldig .

Ja, mens kan nie alles glo wat in die media staan nie, dit weet ons.

Mens wonder wat het deur daai arme vroutjie se gedagtes gegaan, nee wat, ek wil liewer nie eers daai pad loop nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus