Sal interesant wees om te weet hoe gereed is mense se karavane, of wat jy ook al mee kamp, om enige tyd te haak en gaan kamp.
Ons het ons met die jare al so ingerig, dat dit minder as 'n uur neem van besluit om te gaan kamp, tot gehaak te wees.
Die woonwa het al sy eie "uitrustings" klere, beddegoed, eet gereedskap ensomeer, al wat gedoen moet word, is die bederfbare goed soos vleis en groente ens. te pak.
Binne word die karavaan skoon gehou en altyd op krag, so die batery is altyd vol en die yskas koud.
Gas bottels word hervul sodra dit onder half "voel" wasgoed word na elke kamp gewas en stryk, en gaan dadelik terug karavaan toe.
Die ekstra dinge soos tent, grondseile en die goed wat nie in die wa gestoor word nie, word in die sleep waentjie gereed vir pak gebêre.
Wat die meeste tyd vat, is om die karavaan uit te haal, en om te draai.
My wa moet net gewas word…
My wa moet net gewas word
Ja asseblief wat hom voor die saamtrek
![]()
Ons karavaan is ook altyd op…
Ons karavaan is ook altyd op krag vir die battery en yskas. Die meeste van die goed is reeds in en bly in die karavaan. Kort net die bederfbare goed, maar Surette druk nog 'n paar goed in die oop plekke.
Die tent en grond seile word in die motor huis gestoor en word dan in die Ford gelaai.
Het nou weer gesien
Het naweek wat verby is net weer gesien hoeveel tyd jy spaar as jou wa/trailer klaar gepak is en jy sit net die bederfbare kos en klere is soos Willem se
Sleepwa is gepak maar...
Sleepwa is gepak maar die woonwa is 'n ander saak. Skoon gemaak binne nou, als moet nog die naweek oorgepak word van die sleepwa af en buite moet nog gewas word vir volgende naweek.
En dan volgende Vrydag as ek gaan haak moet ek kos en klere pak, dis maar moeilik met die wat die wa nog nie by ons kan staan nie. ![]()
Gerhard, ja swaer, as jou wa…
Gerhard, ja swaer, as jou wa elders moet staan, is dit byna onmoontlik om dit haak gereed te hê.
Ek sal volgende week buite was, binne is ek besig om af te stof. So bietjie reg te pak ens. ens. want my dogter en die twee mannetjies gaan saam.





Lyste
Al ons losgoed soos tente, stoele ens. is op doelgemaakte stellasie gepak in my werkskamer. Ek en die baas werk van lyste af en besluit eers wat moet saamgaan en dan pak ons klere en kos in karavaan en losgoed en swaarder items, soos vloeistowwe, in die bakkie.
Partykeer word ek bang oor hoe georganiseerd ons is - dit kom seker maar van ons werksdae af! Dit werk egter goed.