Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Nommer plaat
Johann L dit maak 2 van ons .My Gypsey Rapier raak nou bietjie lank in die tand .Loer maar so rond na Karavaan pryse en soos jy se Pay day het laas 4 jaar gelede gebeur .Spit en polish is maar my voorland
Stem, my Penta en Sedona…
Stem, my Penta en Sedona moet my maar uit oorleef, geen gekoop meer nie.
Gelukkig het ek my ou Corsa bakkie vir die kort ritte en my vrou haar I10, maar ek is 'n bakkie mens, so die I10 en my kar staan meestal.
Ek het 'n week gelede nuwe bande vir die Corsa op gesit teen R2100.00 vir al vier, dit behoort darem nou weer vir 6 jaar te doen.
Die wêreld..............
Die wêreld daar in die Kruger Wildtuin lyk darem pragtig groen en papnat. Hierdie foto is vandag om 3nm by Orpen geneem met nog 'n paar druppels reën op die lens :-

Lekker groen. Een van die…
Lekker groen. Een van die dae kamp jy lekker daar tussen die groen bosse Len ![]()
Ek het ook gesien dat oom…
Ek het ook gesien dat oom Paul se wille tuin kry goeie reen.
Len, ek voorspel julle gaan 'n pragtige groen landskap sien, minder wild sien, maar ek beskou die wild altyd as 'n bonus "cherry op die koek".
Nou is ek wragtig lus vir kuier op daai plaas.
Die weer......................
Die weerpatrone is beslis aan die verander - kyk nou maar wat gebeur in die Wes-Kaap die afgelope 3 jaar. Ons gaan al vir jare in Meimaand Kruger Wildtuin toe en dan het die veld en bome al lankal gereageer op die naderende droë winter. Ek het nog nooit hierdie tyd van die jaar sulke lower groen gras en bome in die Kruger Wildtuin gesien nie. Verlede jaar was ons in die Julie-winter in die Wildtuin en toe was dit ook al redelik winter-droog en dor.
Ek sien dus baie uit na 'n ruig, lowergroen Wildtuin oor 16 dae. Selfs al is daar minder wild sigbaar, gaan dit steeds soos altyd 'n belewenis wees.
...en daar..........
..............gaan ek beslis nie op gas braai nie soos wat ek hier op Kampforum lees wat die jonger geslag deesdae doen.
Ek weet ek............
Ek weet ek verveel julle met my Wildtuin-storie, verskoon tog maar, ek dog ek sê maar net : die neuskas is skoongemaak, reggepak en die gasbottels is ook vol.

Waarvoor is daai aluminium…
Waarvoor is daai aluminium plat Len ?
Wat is in die blou sak regs…
Wat is in die blou sak regs soos mens kyk.
Loop daai ou klein yskas/vrieskas wat in jou tent was nog.
Ek het........
Ek het gewag vir daardie vraag ! Willem, ek gebruik dit by 'n randsteen om my trippel-jockeywiel te help as ek met die movers ry. Gewoonlik haak hulle vas en buig dan skeef.

Harry...........
Harry, die blou sakkie waarna jy verwys is my 20m oprol tuinslang waarmee ek die watertenk vul. Wow, maar julle kyk fyn !
Len, ons moet…
Len, ons moet.
Wat maak jy met al daai besem stokke ?
Is dit vir die Heks ?
Gewonder hoe kry jy daai…
Gewonder hoe kry jy daai grond seil laat hy so staan en hoe sleep jy met daai hak op die kant ![]()
Besemstokke....
Die een is 'n plastiek hark om klippies (as daar is) weg te hark voor ons die grondnette lê. Die tweede een is 'n gewone huisbesem en die ander een 'n besem om blare van die grondnette mee af te vee. (Enige een van laasgenoemdes is tot Heksie se beskikking).
Voor iemand vra, daardie urn langs die vrieskassie is nie 'n standaard kamp-item nie - net as ons 'n groot groep mense is.
Ek wou ook nou vra waar gaan…
Ek wou ook nou vra waar gaan die snoeker stokke heen, toe seg Willem dit lyk soos heksie se taxi.
Len, ek moet sê, ek hou van…
Len, ek moet sê, ek hou van daai hake waarop die stokke rus, gee my 'n idee?
Ek het.............
Ek het gou die karavaan se 4 wiele gepomp tot op 3 bar, so dit is ook nou gedoen. Dis 'n helse storie om by 'n motorhawe in en uit te kom met die Exclusive op sleeptou en wie wil nou wiele pomp as jy op vakansie kan vertrek. En die motorhawens se pompe is meestal nie korrek gekalibreer nie.







Ja Dassie, ek sou graag daai…
Ja Dassie, ek sou graag daai een wou doen.