Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Ons arriveer...........
Ons arriveer by The Vale gasteplaas tussen Beaufort-Wes en Drie Susters. Heerlik op hierdie Karoo-plaas vir 'n aansit-ete netnou :-

Foutjie !
Net nadat ek ingeboek het wou ons na ons staanplek ry en daar is die Pathie morsdood - nie 'n liggie kom eers aan nie en ons staan in die Karoo tussen niks en nêrens nie ! Ek kon dit nie glo nie want die Nissan-handelaar het twee weke gelede tydens 'n 75 000km diens 'n splinternuwe battery geïnstalleer. Gelukkig kon hierdie outoppie die fout self opspoor en regstel : die postiewe kabel was nie behoorlik vasgedraai aan die battery-pool nie en het toe afgeglip !
Verskoon tog nou asseblief, ons moet nou gaan aansit vir 'n Karoo-plaas-aandete !
Swak diens
Sjoe Len ja ken daai gevoel waar jy sit tussen erens en nerens en die kar wil nie start nie .Moet se dis baie swak van die Handelaar om die klampe nie mooi vas te draai nie
Heerlik...
Heerlik geëet - 'n Karoo-plaas bord kos, bestaande uit skaapboud, skaapnek, aartappels, boontjies en pampoenkoekies asook 'n vars gebakte broodjie. Lekkerrrrr !

Môre mik.........
Môre mik ons Riviera toe net noord van Bloemfontein, 500km van hier af. Ons gaan 'n bietjie laat slaap en dan so 9vm hiervandaan vertrek en behoort so 3nm daar te wees.
Geniet.......
Len. Julle moet velig ry en julle toer noorde toe baie geniet. Die wildtuin in Mei is maar die beste tyd. Stuur groete vir oom Paul se mense.
Dankie Len, dat jy ons so op…
Dankie Len, dat jy ons so op hoogte hou. Ons het almal vandag baie aan julle gedink en is bly julle is veilig daar. Dit is darem lekker as jy so bord kos kan geniet nadat jy heeldag op die pad was, natuurlik dat jy dit nie self hoef te kook nie en net lekker kan aansit. Julle moet lekker slaap vanaand, lekker rus en geniet die rit verder more.
Was battery deur n…
Was battery deur n profesionele persoon ingesit. ?
Het al ondervind dit is hoe dit deesdae met hulle gaan.
Voertuig kom terug met probleme wat hy nie gehad het nie.
Het my Hilux vir agente geneem vir n normale diens. Kom terug met olie hand merke op sit plek. Olie wys 15mm bo max. Water bottel vir verkoeler is ook 30 mm bo normaal max.
Voor die diens, was al die vlakke op die regte plekke en sit plek skoon.
Toe ek hulle vra of daar n probleem gaan wees as olie vlak 15 mm bo max is. Hulle antwoord was NEE. Toe vra ek hoekom is daar dan n max en min. Gee my nie n antwoord nie en sê ek moet voertuig weer inbring.
Len, geniet julle trippie.
Wel Harry....
Wel Harry, om jou vraag te beantwoord, my voertuig is deur 'n amptelike Nissan-handelaar wat my vir jare al uitstekende diens lewer, gediens. Of 'n professionele persoon die battery geïnstalleer het weet ek nie - seker maar 'n tekort aan personeel gehad en toe die car wash boy (gegewe die droogte het hy juis nie baie werk nie) gevra om gou die battery in te sit. Hy kon seker nie die nr.10 spanner kry nie en het toe maar 'n tang vir die joppie gebruik.
Daai battery
Die battery ding my ook al oorgekom geniet julle reis Len
Nog 'n probleempie.............
Nog 'n probleempie het opgeduik, maar probleme is daar om opgelos te word. Ek het mos vertel hoe ek die wa se A-raam mooi netjies skoongemaak het, oorgeverf het en die rem/hak skokbreker by sy twee ghries-nippels vol ghries gepomp het. Dit is gedoen na ons Hartenbos-trippie en tydens die voorgemelde trippie was alles honkie-dorrie.
Gister-oggend toe ek die wa uit sy motorhuis uittrek, is daardie bekende klapgeluid (as jy briek of wegtrek) daar - dit beteken die rem/skokbreker is pap en het die gees gegee, breek nie meer die skok van die karavaan met stop en wegtrek nie. Lessie om te leer leer : los sommige goed vuil, vol stof en met te min ghries want voor my "diens" van die skokbreker was daar geen probleem nie - lyk my ek het die joppie té goed gedoen !
Ons het maar die rit aangepak en ek briek maar oral baie effentjies en trek stadig en so gelyk as moontlik weg. Maar hierdie skokbreker sal vervang MOET word want ek hou nie van goed wat nie reg is nie. Ons gaan vir drie dae in Pretoria staan (op die ou Warmbad-pad so 20km vanaf Sinoville). Dit sal te veel PT wees om die hele ou spulletjie na Pretoria Karavane te neem en ek het gewonder of Pretorianers wat hier lees my kan aanbeveel na een van hierdie ouens wat karavane by jou huis in en om Pretoria diens. Ek sal 'n verwysing baie waardeer want dan kan ek begin om die herstelling te reël.
Len, ja ek sukkel steeds met…
Len, ja ek sukkel steeds met daai skokbreker. Roadque sê daar is niks verkeerd met hom nie, die remme moet net gestel word. Wat gedoen is, dit help net met die stamp aksie as jy stop, die remme is ook gestel deur Jaco se mense.
Roadque kom nie terug na my toe nie en dit is nie maklik om by hulle in te kom met die karavaan nie.
Probeer ook altyd baie sag wegtrek maar hy klap steeds.
Ongelukkig ken ek niemand om by die huis dit te doen nie, sal op die WilSur groep hoor.
Hulp......
Len. Daar is 'n ou in Stormvoelweg oos van die snelweg. As jy by Stormvoel van die snelweg afgaan draai oos en 1 of 2 blokke verby die eerste kruising robot is hy op regterkant op die suidweste hoek van die 1e of 2e straat regs.
Louis Caravan Repairs. 083 745 3564.
Groete en mooi sleep.
Nog Hulp.....
Starlight Caravans in Zambezie weg. Hulle maak blykbaar ook karavane reg. Al detail wat ek het.






Pitstop...
Pitstop by Leeugamka vir brandstof en 'n milkshake :