Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Saterdag by Hennie's Springbok rugby Geert -6 hours ago
Haelstorm in Brits November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
O toggie! November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Rona, Rona November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Tara-Taraaa!! November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago
Geert... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 19:34

Hier is ons kampopset in Balule  -  ons Exclusive en Pathie en ons kampmaats se Bushlapa en Land Cruiser VX :-\

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 19:49

Willem, nee die foto is nie met my dash-cam geneem nie, maar wel met my Canon SLR, sommer deur die voorruit.

Noel, ja die brandstofkoste om lang afstande te sleep is baie duur.  Jy moet onthou my Pathie het 'n 2.5 viersilinder diesel enjin en ek sleep 'n 2-ton valskerm agterna.  Vriende van ons was vir die Sewes-rugby Singapoer toe en hull twee retoerkaartjies het R13 000 gekos  -  dieselfde as my brandstof Wildtuin toe en terug, 2 000km tot in die Wildtuin en nog 2 000km terug.

Maar, terwyl ek op my ouderdom nog die karavaan sleep- en kampstorie kan hanteer, verruil ek so 'n Wildtuin vakansie vir niks nie.

Hier is 'n sonsondergang op die S147, 'n pragtige nuwe pad naby Balule. (Dit lyk of die wêreld aan die brand is).

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 19:57

Die veld is pragtig ruig, gesond en nog heelwat groen.  Die foto is op die S90 (die ou hoofpad tussen Olifantskamp en Satara geneem).  Terwyl ons hier gery het, het dit ook heerlik gereën  -  kyk na die wolke op die foto.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 20:04

Kyk hoe lê hierdie meneer van 'n krokkie tussen die groen grassies langs die Olifantsrivier.  Ek het die foto op 'n brug oor die rivier, waar 'n mens mag uitklim,  geneem.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 20:11

25 minute nadat ons die Wiltuin binne gegaan het by die Phalaborwa-hek, is ons begroet met hierdie sonsopkoms :-

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 30/05/2018 - 21:47

Len, pragtige fotos, mens kan sien die wildtuin het 'n goeie seisoen agter die rug.

Jy moet nou nie vergeet van die R1000.00 kamp foto kompitisie nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 06/08/2018 - 09:37

Len, hierdie 2018 draad is onder "avonture", en die 2017 een is onder "kamp algemeen".  Ek dink ons moet hulle saam onder dieselfde sub forum huisves.  Ek sal jou 2017 draad ook avonture toe skuif.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 06/08/2018 - 13:15

Mosterd na die maal, maar ek het nou lekker gelees aan jou afgelope wildtuinvakansie-verslag. Niemand kan ooit na my mening te veel van die wildtuin skryf of sê nie. Dankie Len vir jou deeglike verslag.

Sonder om beterweterig te wil klink - die "boomslang" op die foto (wat by Babalala geneem is), was ook 'n gespikkelde bosslang - waarvan jy later melding maak tydens jou besoek by Eiland. Dit is inderwaarheid 'n onskadelike slang, maar ook baie bedrewe in bome - vandaar die redelik algemene verwarring met 'n boomslang, asook die feit dat dit groenerig van kleur is.

Ons het ook eenkeer een in 'n digte ranker langs ons karavaan by Eiland gehad. Die beste geleentheid wat ek nog gehad het om foto's van een te neem was by die Otjikotomeer in Namibië.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 06/08/2018 - 17:11

Chris, jy is heeltemal reg, die slang by Babalala was 'n gespikkelde bosslang.. Dit is eers later nadat ek die foto geplaas het, so aan my uitgewys.  Ek het my aan die neus laat lei deur die opsigter by Babalala.  Die slangvanger by Die Eiland het dit later ook so aan my uitgewys.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 06/08/2018 - 21:01

En hier laat jy ons almal worry oorlat daai slang julle kon byt😂

Nee kyk, ek is glad nie bang vir slange nie, solank hulle meer as 'n kilometer van my af is.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 07/08/2018 - 07:12

Len ek sien hierdie draad waaroor daar gekla was dat hy NIE bestaan nie, neem nou die 7de plek in op die ranglys van mees populêre drade op kampforum! smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus