Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Wag, wag....nou genoeg oom…
Wag, wag....nou genoeg oom Len se draad gekaap.
Whahaha oom Voorrie, sien jy…
Whahaha oom Voorrie, sien jy nou daar, die gesie is maarder as oom Arie!
Gees ek wil nou nie vir oom…
Gees ek wil nou nie vir oom Len omkrap nie maar ek wil jou net gou n aardrykskunde les gee... Die Kreefskeerkring is die noordelike keerkring en is nie in Suid Afrika nie. Ek dink eerder jy verwys na die Steenbokskeerkring.
Ek mag dalk nie kan spel nie maar ek weet iets van rigting ?
En oom Seg is baie reg. Kyk…
En oom Seg is baie reg. Kyk hulle se karma is n b... Kyk hoe het dit my ingehaal. Whahahah, mooi bly daar oom Seg.
Mmmm, daar is darem maar…
Mmmm, daar is darem maar mooi diere in die wildtuin. Ek hou baie van die een met die pienk en grys strepe.![]()
Len gaan julle (nie vir my nie
) lekker vasvat oor julle sy wildtuin draad so oorvat.![]()
Wag, nee o vet die aunty…
Wag, nee o vet die aunty raak nou skoon verspot hier. ![]()
, laat ek gaan kyk hoe my wa charge.
Tannie Freda, moenie worry nie. Oom Len sleep op die oomblik en is salig onbewus van wat hier aangaan en teen die tyd wat hy opgeslaan het in die Wildtuin gaan hy `n bier oopmaak, hier kyk en nie regtig worry nie. Flippet so HOOP ek!
Dassie ja jy is reg . Ek het…
Dassie ja jy is reg . Ek het gou hier kom kyk. Len slaap Saterdag oor in Phalaborwa, net langs die hek.
Goeie môre !
Sterkte vir al julle nie-kampeerders - ek is in 'n lekker ontspanne vakansie bui, behalwe vir die Gautengers se rowwe padgedrag ! Hemel dis erg. Vanaand ons laaste oorslaap hier by Rivierfront op die ou Warmbadpad. Dis nie 'n formele karavaanpark nie, maar wel 'n funksie-"venue" en die eienaar laat so twee tot vier karavane toe. Daar is 'n klein ablusie - een stort, hande-wasbak en toilet en nog 'n toilet, bad en handewasbak. Die terrein het lowergroen grasperke met pragtige bome en die kabbelende Apiesrivier 50m van ons karavaan af. Ons is die enigste karavaan hier en die eienaar is permanent hier doenig - dus baie veilig. Ons slaap egter net hier en kuier deur die dag by ons vriende en familie.


Lekker Len! Geniet elke…
Lekker Len! ![]()
Geniet elke revolusie van die engin!
Len, julle moet dit geniet.?…
Len, julle moet dit geniet.?
Dankie vir die besonderse fotos, mooi plek!
Ons lewe...
Ons lewe nog hier in 'n wonderwêreld en is tans by Shingwedzi. Vanoggend 'n rare verskynsel gesien, 'n albino buffelkalfie.
Die heel eerste diere wat ons eergister met die intrapslag gesien het, was 'n trop van 15 spelende wildehonde - gelukkiger kan mens mos nie wees nie.
Verskoon asseblief, ek moet nou die braaivuur met (definitief nie houtskool nie) met kurkdroë mopanihout (@ R8 'n helse bondel) aan die gang kry.
Kyk die gesie spook van die…
Kyk die gesie spook van die buffels, dit regtig so skaars. Oom Len moet die wildtuin bestuur dalk verwittig. Ernstig, dit is baie raar daai dink ek, en dalk soveel wat hul kan doen daarmee, Lol oom Len, dalk vernoem hul hom of haar Len of Loader! Ook n goeie foto sal ek se vir die fotot kompetisie op die forum.
Die albino-kalfie :
Gesie, 'n SanPark veldwagter het ook daar opgedaag en vir my gesê dis die heel eerste keer in sy loopbaan dat hy soiets sien. Volgens hom gaan hy maklik deur roofdiere geteiken word vanweë sy opvallende anders voorkoms.
Dit hoekom ek hoop vir…
Dit hoekom ek hoop vir ingryping, en al is dit miskien verkeerd, kan dit die willetuin boost indien reg aangewend.





Baie aantreklik
Baie aantreklik