Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -4 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -4 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -5 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Centurion

Dusty

Fri, 12/05/2017 - 04:26

Goeie more aan al die medekampers,

Vrydag is alweer met ons. So snel die dae verby

Klaar tee gemaak en koffie is aan die gang.

Sien die voorspelling vir vandag wys dat die hele oostelike gedeelte van die land reen gaan kry. So dit lyk of Freda haar reen gaan kry

Lekker dag en naweek vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/05/2017 - 06:54

My tee het vinnig koud geword in die tent vanoggend.   Ek sal vir my beker 'n kombersie moet maak.    Sal nou koffie maak, dankie Dusty.  Ons het gister bietjie reën gehad.  Dit het belowend gelyk maar toe nie so gebeur nie.  

Ek hoop almal het 'n baie lekker dag en sien uit na die naweek wat voorlê.   

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 12/05/2017 - 07:07

Stoffel, dankie vir die koffie, nou Sommer beskuitjie Saam nuttig.  Freda, gister hier baie gereën, ook in George by Mall Lang's snelweg. Ons was sopnat!!!. Ons kla nie. Hier lyk dit weer asof by nog wil reën.

Kinders kom vandag hierheen got Maandagmiddag. Skoonseum begin vandag terugkeer Swakopmund toe, ry deur Tankwa van Suid Na Noord?

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/05/2017 - 07:22

Ons het gesien dit het baie gereën tussen George en Plettenbergbaai.  Dit lyk my ek en Colin jaag die reën weg, waar ons ookal is.  As ons in die Baai is, dan trek dit Oos Londen se kant toe, dieselfde toe ons by Cannon Rocks was.  Nou is ons in Hartenbos en dit trek George toe.  Dit is net hartseer dat dit nie in die Kaap reën nie.  Vir die eerste keer in my lewe kyk ek na die weervoorspelling om te sien of dit in die Kaap gaan reën.   Dan is ek skoon ontsteld as ek sien dit wys oral reën behalwe in die Kaap.

Frans, geniet die kinders se kuier.  Julle is seker in jul element bymekaar.smiley

0
Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 12/05/2017 - 08:14

Dankie Stoffel. Ek skink in.

Goeie nuus an die reen. Hoop die WP kry ook in oorvloed.

Intussen staal ons ons teen die koue en erge koues wat oppad is.

Vrede vir julle.

 

 

0

Lekker Vrydag vandag!!

Julle moet die dag en die naweek geniet!

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 13/05/2017 - 07:48

Goeie more Frans en goeie more Pierre!   Julle moet 'n lekker dag he!

 

Koffie vir enigiemand?  Pierre drink jy koffie?

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 13/05/2017 - 07:48

Goeie môre, ek maak koffie en warm water vir die teedrinkers! Heerlike sonskyn hier te Glentana vanoggend, egter maar koelerig, maar ons kla nie!

 

 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 13/05/2017 - 07:53

Frans ek het jou voorgeskiet!     Ons het heelnag reën gehad wat maar buitgewoon is vir Centurion hierdie tyd van die jaar. Dit is lekker koud vanoggend.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 13/05/2017 - 08:39

Voorie, nee wat, niksdoen is aan die orde van die dag!! Netnou net ingaan Na George se kant, die vroumense benodig een of ander ????, met terugkomslag maar so bietjie op strand stap in rigting van Mosselbaai. Ek en kleindogter skulpies optel. Weet nie hoe vêr nie? Bene maar stram!!!!

Ons nie Groot rondryers! Ken area Al te goed. Kinders het nou baie hier rondgery en dinge gedoen. Kleindogter bietjie wêreld gewys. Sy is baie goed belese, in Nambië toer hulle baie. Baie slim in Natuur en verwante sake! Ek bly eerder op agtergrond, netnou maak Ek gem van myself!!!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 13/05/2017 - 08:39

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 13/05/2017 - 08:57

Ek drink nou eers my eerste koppie tee.  Hier by ons skyn die son ook mooi maar dit is koud en maak vir later in die kooi bly.   Julle moet almal jul Saterdag geniet.

Vandag is by die huis bly dag.  Colin kyk AL die rugby en boonop speel die sewes span ook, so dit is baie.  My seun het vir my die name van drie areas in Auckland gegee waar hy 'n huis en skool gaan soek, en ek gaan vir interessantheid google.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 13/05/2017 - 13:10

Freda, wat nou van die visvang? Wat sê Colin, IS daar vis? Ek vang eerder vis voor Ek rugby kyk!!?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 13/05/2017 - 13:34

Colin het nog net die een keer probeer, sê daar was nie vis daai dag nie.   Hy sal seker weer gaan, "as al die kondisies reg is".  Ek dink hy weet meer van rugby as visvang.laugh   Jy sal maar die vis moet vang.wink

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 14/05/2017 - 09:02

My koffie staan hier langs my, Voortrekker.

Die koue hou ons  bietjie later in die kooi nou se dae.  Die sneeu is vêr van ons af maar ek sweer ek voel dit in die lug.

Lekker Sondag vir almal.

0
Centurion

Dusty

Mon, 15/05/2017 - 04:36

Goeie more almal,

Hier by ons ook koud en nat vanoggend. Beker tee maak lekker warm binnekant. Koffie ook amper klaar.

Lekker koue dag vir elkeen en lekker week

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus