6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -14 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Ag neeeeee! Sommer lus en hardloop weg!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Sit ek hier rustig en lees die elektroniese koerant.

Ma in hof vandag, sy het orale seks met haar twee jarige dogtertjie gehad terwyl haar ouer dogter dit op video opneem!!!!!

Really!! Hoe siek kan 'n mens wees?? Die selfde vrou verwys seker na die mense by 'n protes optog as 'Barbare"?

Nee, hel, ek het nie meer antwoorde nie wil vir my lyk of ons in 'n wereld van algehele morale verval en anargie leef??

Het sulke mense enige greintjie verstand in hul koppe of reageer hulle net op hul mees 'basic" instink?

Ek lees al hoe meer van kinder verkragting, mishandeling - fisies en geestelik, roof met die alerergste gepaardgaande geweld en moord na marteling, brand breek en doen net wat jy wil.

Ek is nou erg depresief, ek is nie seker of dit die moeite werd is vir die wereld om te bly voortbestaan met sulke,.......... kan mens hul mense noem, nie eers 'n dier doen sulke goed nie!?

My hart is stukkend ek weet so waar as wragtag nie meer of dit alles die moeite werd is nie.

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 18/05/2018 - 13:32

Mens kan nie glo wat mense deesdae aan mekaar doen nie, sonder om eers 'n gewete daaroor te hê.   Waar het dinge so verkeerd geloop?   

Hier in die Baai is iemand hierdie week doodgeskiet, hy het net in sy bakkie gesit.  Al wat hulle wou hê, was sy selfoon.  'n Tannie van 83 is in haar huis keel afgesny vir 'n TV.   Kinders word mishandel en verkrag, boere wreed gemartel en vermoor, bendes vermoor en roof nes hulle wil in ons kleurling areas.  Daar is eindelose optogte in die strate en hul breek en verbrand alles.   Niemand is met niks meer tevrede nie en wil alles met geweld regmaak.   Ag, die lys hou net nie op nie.

Hoe kan ons jongmense eendag wetsgehoorsame burgers wees as dit die voorbeelde is wat hul daagliks sien.

Ek weet ook nie hoe lank dit nog kan aanhou nie.   Ek het regtig ook nie meer hoop dat dit ooit gaan beter word nie.

As Len nou hier lees, sal hy weer sê dat werkloosheid is die oorsaak.  As almal werk het, 'n huis en basiese dinge, sal dit beter word.  Maar daar is al soveel mense wat eintlik nie meer werk wil hê nie, hulle verkies om te moor, roof, steel en onwettige manier van geld maak.

 

Freda ek dink ons is al so vuisvoos geslaan deur al die geweld dat die opskrifte nie meer skok nie . Dit het n lewens patroon geword dis hoekom ek nie meer koerant lees of nuus luister al die goed is so negatief ek lees maar eerder die Forum of gaan op Kruger forum .Ten minste hou die olie lekke op die Land Rovers my besig 

Meyerton

Segekok

Fri, 18/05/2018 - 13:52

Freda....  Iemand het nou die dag vir my gesê dat hulle graag vir hulle kinders wil gee wat hulle nie gehad het nie.  Ek het gevra of dit nie dalk tyd geword het om vir die kinders dit te gee wat ons gehad het nie... MANIERE...   Ek was toe ook nie juis geliefd nie....

Meyerton

Segekok

Fri, 18/05/2018 - 14:38

Ek kan so n klein bietjie goeie nuus hier by sit...  

Ek het al verwys daarna dat ek by sekere goed betrokke is waar daar aan kinders n onreg aan gedoen word. 

Gaan nie baie seg nie behalwe dat een van die sake nou na n punt toe gaan.  Die vonnis moet nog opgelê word maar die persoon is skuldig bevind aan verskeie klagtes rondom kinder pornografie, verkragting  ens...

Daar is n vorige oortreding en die gedeelte wat opgeskort was gaan ook nou by die vonnis gelas word.  Hy is in aanhouding van verlede jaar Julie af  ( hy sal moontlik die land verlaat as hy op borg vry gelaat word)

Kan nie meer wag om te weet wat gaan sy uiteindelike vonnis wees nie maar daar word van L/Lank gepraat.

 

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 18/05/2018 - 14:47

Sies man, Segekok, voor hulle die sleutels weggooi moet hulle sommer sy kn@#*rs ook uitsny!

Kyk nou die geval wat Arie van praat hier bo.   Hoe sleg moet 'n Ma wees om so iets te doen aan haar twee dogters.

Jy is ook reg oor kinders wat maniere geleer moet word.  Ek weet van baie ouers wat dit nog doen, maar die oorgrote meerderheid doen dit nie.   Almal dink ook dis so wonderlik dat kinders so bedrywig en kundig is met moderne tegnologie (in al sy vorms).  Ek dink dit leer die kinders hopeloos te veel te gou.   Hulle word al van klein af grootmensies!

Meyerton

Segekok

Fri, 18/05/2018 - 14:58

Is dit nie dalk omdat kinders nie meer speel nie....  Ek praat nou van regtig speel.  Nie op ma of pa se R5000 se ou kontrak foon nie.   Ook nie op die rekenaar nie,  Regte krieket in die straat fietsry ens...

Ja ek weet dit is nie meer soos dit wat toe ons kinders was nie. Maar waar het dit verkeerd geloop...

Arie daardie waarna jy bo verwys gebeur baie meer gereeld as wat julle dink.  Ek kom met baie snaakse goete in aanraaking maar dit maar daar gelaat.  Daar word baie keer gedink dat net die Pa's betrokke is by sulke dinge.

Kan net gou hier noem dat daar n geval was waar die pa sy kind se tande ment n hammer uit geslaan het omdat hy die pa raak gebyt het ....  hy moes eintlik afgebyt het.......

Secunda

Sleep nou

Fri, 18/05/2018 - 18:22

Ja die samelewing baie anders hoekom nie meer respek vir mekaar nie

Vaalpark

Johann L

Fri, 18/05/2018 - 21:32

Liewe genade Arie, hoe de d#$/=r kan 'n ouer so iets doen??

Wat die algehele insinking van waardes betref, en nou gaan ek dalk slae kry, maar tough, dit is 'n komminustiese leerwyse.

Josef Stalin en Karl Marx het gesê, hoe maak jy 'n volk tot niet, jy begin by die jeug. Kyk maar na die gemors wat al vir jare op TV en in musiek voorkom. Niks met werklossheid te doen nie. Kommunisme is nog net so lewend soos 40 jaar terug.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 18/05/2018 - 22:39

My persoonlike opinie is dat die dinge nog altyd gebeur, dit is nie so nuwe hedendaagse ding nie. Die wereld het net kleiner geword met tegnologie, meer in mens se face en die vertel van voorkoms daarvan kom meer na vore. 

Die bewustheid maaking daarvan goed en gee n beter kans vir die samelewing om iets te doen as wat dit altyd onder die lappe gehou is.

Like
0
No votes have been submitted yet.
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus