Maandag pak my skootrekenaar op, neem dit in vir regmaak,
Dinsdag kry ek oproep die "Mother board" het gegaan, ek dink toe "Mother F****r!!!"
Ry maar weer soontoe en koop 'n nuwe skootrekenaar, vertel ek toe vir hulle dat hulle vir my Windows Office moet instaleer en ek wil my ou harde skyf terug kry vir al my data daarop.
Vertel my dit sal so twee tot drie ure neem. Petra en ek ry toe na 'n koffie kroeg waar ons 'n lekker koppie koffie drink en elkeen 'n lekker groot stuk Mozart Tert eet.
Loop nog so bietjie in die winkels rond en toe ek na drie ure nog geen oproep gekry het nie, ry ons maar terug kamp toe,so om en 1 uur.
Vier uur nog niks gehoor so ek bel maar, die tekkie wat op my goed werk is op die ander lyn besig en sal my terugbel. Shame maar die man was vrek besig op daai lyn, bel my toe eers vamore, ek kan my rekenaar gaan haal. Ek is gewoond as ek se ek sal terugbel dan bel ek terug en nie eers more nie!!
Sit ek toe netnou so en dink bymyself, baie mense is deedae maar erg onbetroubaar en oneties, dan rek hul hul monde oor Zuma en sy trawante.
Baie mense het al by my "gebrag" oor hoe hul SARS verneuk, of hoe hul lieg op hul vertoee met verkeers kaartjies, of vertel my ek moet die boetes net ignoreer en nie betaal nie???
Twee mede kampeerders het vir my kom vertel, ek moet 'n groot tak op my tent gooi, met die storm winde wat hier was kan ek dan die tent by assuransie eis.
Wat vir my baie erg is, is die feit dat baie van vertellinge word voor die mannne se kinders gedoen, hoe leer so kind dan nou van eerlikheid, opregtheid of integriteit???
Soos hierbo genoem, baie van daai mense braak gal oor Zuma wat so steel, doen hulle nie maar dieselfde nie!?
Hier was 'n draad oor gelowe, ek het al heelwat gelowe nagevors, en by almal is eerlikheid 'n groot ding, tog sit van hierdie manne elke Sondag voor in die kerk, hou bybelstudie groeppe hier in die kamp, dit pas mos nie lekker bymekaar nie?
Dalk is ek verkeerd en is morele standaarde outyds en 'n ding van die verlede.
Ongelukig is maar 'n gelowige Thomas en glo almal, as my huurder se hy kan nie die verhoogde huur bekostig anders ly hy honger, dan aanvaar ek dat dit die waarheid is, as iemand vir my se 'n ou is op die ander lyn besig maar hy sal my terugbel dan glo ek hom.
Petra reken ek moet aan myself werk om nie alles vir soetkoek op te eet nie? Hoe leef mens as jy almal om jou moet wantrou, dit moet mos hel wees?
My posisie
In my werk posisie wat ek beklee, is dit baie moeilik om iemand te vertrou.
In my laaste 15 jaar wat ek hierdie pos beklee, het ek al geleer wie ek kan vertrou en wie ek nie kan vertrou nie.
Dit maak my rasend indien jy met die onbetroubare persone in kontak is en hulle belowe jou hand en mond, maar ek het al geleer om hulle uit te luister en daarna loop die water van my rug af soos 'n eend en dink by myself, ek wonder net vir wie probeer jy nou ''Bullshit'', ek beklee hierdie pos nou lank genoeg om te sien in jou oë en jou gesig dat jy nie die waarheid vertel nie.
Len ja, dit onstel my oor…
Len ja, dit onstel my oor die algeen nie te veel nie - behalwe;
As dit my persoonlik verontrief of geld kos, en ook as die mense wat vandag vir my vertel hoe oneerlik hulle is, met 'n groot gejuig ander sleg maak wat ook oneerlik is en steel!!
Daar is mos geen verskil of jy miljoene steel - belasting geld, of as jy oneerlik is en die belasting gaarder met 'n paar duisend verneuk, steel is mos steel?
Skelms in die samelewingdi
In baie beroepe en besighede het mense al so slim geword en het hul manier om 'n pennie vir hul eie sak te maak. Pennies wat jy, die verbruiker, moet betaal. Die ergste van alles is, die mense sien hulself nie as skelms nie, hulle dink net doodeenvoudig hulle is slim. Die man op straat probeer kyk waar kan hy wegkom sonder om te betaal. Vat nou die doodgewone ding soos TV lisensie betaal. Baie mense kyk al vir jare TV sonder 'n lisensie en hulle spog daarmee.
Omdat standaarde en waardes so agteruit gegaan het, is daar ongelukkig mense wat ook maar op die bus klim, omdat ander dit doen.
Al wat ons kan doen, is om nie op daai bus te klim nie. Dit gee jou ten minste gemoedsrus oor die situasie.
Een van die swaar realiteite…
Een van die swaar realiteite van die lewe wat mens op die harde manier moet leer ken.
Arie, die lewe is lied, ek…
Arie, die lewe is lied, ek vertrou almal tot hy / sy my vertroue breek, dan vertrou ek nie weer daai persoon maklik nie, maar tog met tyd weer.
As ons, ons aan al die negatiewe moet steur, gaan die lewe sy lied verloor en soos jy tereg sê, dit gaan hel wees. Kan my nie in dink hoe'n mens se lewe moet wees as jy niemand vertrou nie.
Dit is so dat mens ontseld raak as jy iets belowe word, en daai persoon kom nie sy woord na nie. Kontak net te minste en verduidelik jou penarie, tyd, werk of wat ook vang jou, dit is mos nie moeite nie.
Deesdae sit ek self met 'n probleem, ek neig om te vergeet?
Wat het geword van " Jou woord is jou eer" eer weeg seker nou minder as geld?
Hier moet ek darem by seg,…
Hier moet ek darem by seg, as ek sê ek het nog nooit 'n leuen vertel nie, dan lieg ek nou!!
Ek sê ek wil enigiemand in…
Ek sê ek wil enigiemand in die oë kan kyk en ek glo dat ek dit slegs kan doen as ek die reguit pad loop, tog faal ek soms. Hoe kan jy van andere verwag om jou te vertrou as jy nie andere vertrou nie. Ek is soms geneig om te veel in ander te vertrou en trek dan aan die kortste ent, maar so 'n persoon verloor dan my vertroue en dit is sy verlies.
Persone wat bragg oor hoe hulle belasting ontduik en doelbewus verneuk verdien in elk geval nie andere se respek nie en dis soms verbasend hoe dieselfde ou kla oor hoe die ongeluk hom ry; waarmee hy uitdeel word hy gedeel.
Om in wantroue teenoor jou medemens te leef haal die plesier uit die lewe uit en verander jou in 'n negatiewe persoon wat alles bevraagteken en uiteindelik tas dit jou gesondheid aan.
Nee wat daar is te veel om voor te lewe om nog besorg te wees of ek op iemand kan vertrou of nie, ek vertrou tot die teendeel hom voordoen.
Arie, jy het eendag genoem…
Arie, jy het eendag genoem dat toe jy nog in die bankwese was dat indien jy iemand belowe het dat jy hom vandag gaan terug bel jy daatby moet bly. Of dit goeie nuus is of nie maar bel nog dieselfde dag terug.
Dit is soos "die tjek is in die pos"
Ek was op 'n stadium in 'n twee man besigheid wat ons net saans gewerk het. Wanneer 'n probleem op geduik het het ek vir die tweede man gese dat hy die klient moet verwittig van die probleem. Die volgemde dag dan bel die klient my en vra dan wat is fout. Vra dan of die ander man hulle dan nie gekontak het nie. Nee was die antwoord gewoonlik. Wanneer ek hom daarna vra was sy antwoord gewoonlik dat hy eenkeer gebel het en dat daar nie antwoord was nie. Nie weer 'n tweede keer probeer nie. Dit is een van die redes hoekom ek toe maar die besigheid gesluit het
Ligter noot
Skoolhoof laat weet Jannie se pa hy moet hom kom sien. volgende dag is Jannie saam met pa in die hoof se kantoor.
Vertel die hoof toe dat hulle het Jannie gevang wat 'n pen by sy maaitjie gesteel het, Pa is hoogs onsteld oor die diefstal, vertel vir Jannie mooi wat hy van hom dink en dit is nie hoe hy hom grootgemaak het nie!
Sluit sy tirade af met "As jy 'n pen nodig het se my, ek kan honderde van die werk af bring!"
Dit se alles hoekom Jannie steel, kinders leer uit voorbeelde van hul ouers af?
Hierdie is n baie gewigdige…
Hierdie is n baie gewigdige onderwerp.
Mens kan nooit sê.. ek het nog nooit gesteel nie, maar jy kan lieg.
Jy kan ook nie sê ek moet my mond hou nie want niemand is sonder sonde nie, steel, lieg of wat ookal. Dasrs altyd iets wat jy erens verkeerd gedoen het. En jy moet daaroor jou mond uitspoel. Se maar net almal voel skuldig en niemand sê iets daaromtrent nie.... wat dan.
My ousus nou 87 jaar oud sê altyd ... moenie die sonde in alles soek nie, want jy sal hom daarin kry.
Ons gaan nie die ewige koningkryk kry deur sondeloos te lewe nie. Ons kan probeer... ja.. dis reg. Jy gaan dit net verdien deur genade. ONBESKRYFLIK GROOT
Die Woord was.. EK het gekom sodat hulle die lewe kan he in oorvloed Dit word aangebied. Begin vandag. Die die lewe in oorvloed is beskikbaar vir almal.
Mozart tert
Kors met room, chokolade en neute as filling.
Versiering is seker n viool?
Oom Jeep baie waar wat jy se…
Oom Jeep baie waar wat jy se, en ek oordeel nie die mense nie.
Ek wonder maar net hoe kan hulle ander wat steel veroordeel, steel is steel.
Dan verwonder ek my ook maar net oor die voorbeeld wat die ouens vir hul kinders stel??
Is dit nie dalk die rede hoekom die wereld se morele standaard al hoe laer sak nie, goed wat vroeer jare nooit oor gepraat was is nou normaal en aanvaarbaar, mense brag self daaroor.
As jy nou maar so bietjie by SARS steel of bedrog pleeg met 'n versekering eis en jy brag daaroor voor jou kinders, wat gaan hulle doen as hul groot is? Dalk 'n bankroof, ek weet nie, ek wonder maar net.
Ja almal van ons is mense en maak foute, die verskil is die een probeer om nie te oortree nie en die volgende een brag oor sy oortredings.





Jou laaste sin..................
Arie, na my mening is jou heel laaste sin hierbo die antwoord op jou aanvanklike vraag - dit sal beslis hel wees om voortdurend jou medemens te wantrou, wat bly oor in die lewe as jy aanmekaar jou medemens wantrou ? Ek is oortuig daarvan jy sal vining 'n sielsieke word en 'n bitter ongelukkige mens wees.
Om jou bes te doen en self te probeer eerlik en opreg te lewe, is na my mening so vervullend dat ander se doen en late, veral hul negatiewe optrede, jou nie meer ontstel nie.