Die maand se Car het 'n baie interessante vergelykende toets met die hoofstroom bakkies in Suid-Afrika gedoen.
Behalwe vir al die ander toetse het hulle ook 'n objektiewe sleeptoets gedoen op al die bakkies.
Basies het hulle 'n woonwa agteraan die bakkie gehaak en gekyk hoe vinnig die bakkies veilig kan versnel tussen 40 en 60 km/u, daarna tussen 60 en 80, toe tussen 80 en 100.
Ek het nou nie die artikel hier by my nie so ek kan effens verkeerd wees hier en daar met my feite. Wat my egter verbaas het, was die uitslag.
Die Triton bakkie het eerste gekom in die toets met 'n tyd van ongeveer 23 sek. Daarna was dit die Ranger, Mazda, Amarok, Izuzu en heel laaste, met 'n gesamentlike tyd van 41 sekondes, was dit die Hilux.
Al die bakkies het sonder moeite gesleep en was lekker vas op die pad behalwe vir die Hilux wat volgens die Car 'n verouderde outomatiese ratkas het wat gly onder vrag.
Ter versagting het hulle darem gesê dat hulle die meeste van die Hilux en die Amarok gehou het oor die algemeen. Ook het hulle dit duidelik gestel dat die Triton, soos die Ford Everest, net 1500 kg mag sleep wat die bakkie onbruikbaar maak as 'n sleepvoertuig.
bakkie sleeptoets
Daai "Ford Everest, net 1500 kg mag sleep" is seker die ou bakkie onderstel een ?
Len, ek LMGA !!!
Die Datsun bakkie was darem ook getoets
Nee Len, ek het weer gaan kyk. Hulle het nie die Nissans heeltemal geignoreer nie.
Die Navara is ook getoets en sy tyd was baie na aan die Triton se tyd - breukdele van 'n sekonde.
Sleep toets
Ek sou enige sg. sleeptoets wat slegs op versnelling fokus met 'n groot knippie sout neem, duidelik verstaan Car nie wat sleep regtig alles behels nie. Maar nou ja daar is seker mense wat dit sal gebruik in hulle braai gesprekke om te "bewys" dat sy bakkie nou beter is as een of almal van die ander!
Haai shame hulle het nie…
Haai shame hulle het nie eers die Land Rover Defender getoets nie .Ek het nie n speedo nie net n kalender![]()
Mens moet ook in ag neem dat…
Mens moet ook in ag neem dat CAR en HiLux in my oê nog nooit regtig langs dieselde vuur gesit het nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek het dit iewers raak gelees, weet net nie waar nie.
Laatwiel het ook n toets gedoen op meeste van die bakkies (was nou nie n sleep toets nie) daar weer het HiLux bo uit gekom. So ek verstaan ook nie altyd hulle almal beoordeel nie.
Moet sê die die Fiat en Triton het my al baie beindruk. Stil stil doen hulle hulle ding goed en beter as baie van die ander.
Amarok V6 sal n lekker bakkie wees om te hê, maar oo.... daai prys.
Deesdae is daar nie regtig slegte bakkies nie. Die vraag is net wat sal jy betaal en wat is waarde vir geld, Ek persoonlik dink baie bakkies is mal pryse.
Baie is so duur, jy sal nie wil grondpad ry met hulle nie, al is hulle 4x4. Koop dan eerder n ou 4x4 en gebruik hom vir grondpaaie en n 4x2 vir die stad, He He
Ek het n ou 2000 model Suzuki Grand Vitara SWB gekoop, vir R60k wat ek gebruik vir offroad. Hy het ook meeste van die die duur bakkie goed in en ek voel nie so jammer vir hom nie. Met sy kortgat doen hy baie dinge reg (en beter) as dit begin rof raak. Kort net bietjie meer oemf. Is maar n 1.6. Ek sou gehou het van die 2L diesel oorsee en in Afrika
Hierdie is net my opinie.
Beste bakkie is die een wat klaar betaal is
Onthou ook van die beste bakkie op die mark is die een wat jy self ry. My Pa is sterker as jou Pa sindroom.
Baie Dankie vir die intresante storie GrootKoos
Harry, is waar wat jy sê…
Harry, is waar wat jy sê. Alhoewel my voertuig AWD is sal ek nie "offroad" met dit ry nie. Die voertuig is net te duur vir daai soort sport. Ek moes eenkeer op n gruispad met n effense helling stop sodat die hek wat met sensors werk oopmaak. Het toe gesukkel on weg te trek want die voorwiele het net gegly. Daarom die AWD.
Met my china ry ek waar die…
Met my china ry ek waar die meeste ander kan ry. Sleep my super sport waar die ander mense hulle wa sleep met die Hilux, Ford,ens... Teen die helfte van die prys.
Ja dit is made in China.. Maar onthou in die 70,'s eas die hilux die Nisan ens.. Die Jap Scraps....
Dit mag my dalk 10 sek langer vat om by 60 uit te kom...... Maar ek kom wel daar.
Ou tech... Ja.. Maar ek kan hom sommer self diens.. Teen 15% van die agente se prys vir n diens. En ja ek kan..
Herverkoop.... Ag nee wat. Hoekom sal ek wil.?
Ja die beste bakkie is die een wat klaar betaal is. Want dit is jou bakkue... Anders is dit die bank se bakkie waarmee jy daar ry......
Ja Deon. Wonder hoeveel…
Ja Deon. Wonder hoeveel manne met hulle "fancy" bakkies, sou Baster Voedpad Pas gery het soos ek en jy.
5 ure aan 35 km
Ook 12 ander passe in 5 dae.
Ek en jy het dit gemaak.
Hoe lyk dit.... Gaan ons…
Hoe lyk dit.... Gaan ons weer...
Wil ook by seg.. Baster is nie vir sussies nie....





Banggat ?
Dit lyk vir my Car is bang Nissan krap die toets resultate heeltemal onderste bo ! Dit is nou wel nie 'n bakkie of 'n Ford Teritory nie, maar...............