Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -6 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -14 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -15 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -16 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -18 hours ago

Sport deelname

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Lennie se draad oor beroepe was baie interessant.  Kom ons probeer dié een.  Alhoewel dit op Dries se rugby forum is, gaan dit oor alle sporte.    

1.  Aan watter sport/sporte het jy deelgeneem op skool en/of universiteit?

2.  Het jy as werkende aangehou om deel te neem aan enige sport?

3.  Neem jy op die oomblik nog deel aan 'n sport?

4.  Watse prestasie het jy bereik as sportman of het jy provinsiale of nasionale kleure gekry of amper gekry?

5.  As pensionaris, watse aktiwiteit beoefen jy om oefening te kry?

 

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 03/07/2018 - 07:17

Atletiek en rugby op skool, maar geen prestasies nie.  Op 17 nadat ek my linker been deur motorfiets ry vermorsel het was daar nie juis enige verdere sport planne nie.

Ek het wel as volwassene begin ernstig berfiets ry en het al aan vele kompetisies deelgeneem in Suid Afrika.  Ongelukkig begin my beseerde knie my inhaal en lyk dit of bergfiets van nou af net om die blok gaan gebeur. smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 03/07/2018 - 07:28

Frteda ek het rugby en krieket gespeel atletiek was boring gewees vir my het rugby gespeel tot op 38 toe kom ek agter die jong ouens hardloop my weg 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 03/07/2018 - 07:58

Ek het al my skooljare deelgeneem aan atletiek, net kort afstande.  Ek kon nogal vinnig beweeg met hierdie kort beentjies van my.laugh  Het altyd my skool verteenwoordig maar nooit meer as dit.  Op hoërskool het ek ook netbal en net een jaar hokkie gespeel.   Na skool het ek niks gedoen nie, ek het net aan 'n oefenklub behoort waar ons lekker oefeninge gedoen het saam met musiek.

Daai jare het ouers nie noodwendig kinders aangemoedig om aan sport deel te neem nie.  Vandag besef ek, ek sou dalk baie van tennis gehou het.   Ek het ook nooit in my lewe fiets gery nie.

Ek voel om te gaan stap laat my goed voel.  Ek het dit sporadies oor die jare gedoen, dan raak ek weer lui en hou op.  Op die oomblik stap ek weer.

Shaun, watter posisie het jy gespeel??   Ek raai haker of skrumskakel.laugh

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 03/07/2018 - 08:38

Skool, rugby, jukskei, judo en atletiek. Later begin met sokker, dit was vir my baie lekker, maar nooit in enige van daai regtig uitgeblink nie.

Toe ek so 18 was begin met motorfiets wedrenne, eers 250cc en toe later superbikes, nooit verder kon kom as klub wedrenne nie. 

Kry toe geleentheid om met 'n "Hydroplane" te jaag op 'n boot byeenkoms. Dit was vir my vrek lekker, later met V8 inboard resies gery, ook geniet maar nooit regtig ver gevorder nie.

Begin toe met rubber ducks speel, drie disiplines, "Circuit", Off Shore" en river racing. hierdie was my Forte. Redelik goe sponsorship by Suzuki gekry en redelik suksesvol gewees.

In 1991 brons medalje op wereld kampioenskap gekry en 1992 silver op wereldkampioenskap, kon net nooit daai goue medalje kry nie.

As gevolg van ouderdom, en talle ongeluke, nek werwels impak fraktuur, rug werwels impak fraktuur, moes ek maar nooit gedwonge ophou.

Doen kursus as 'River guide" en neem groepe mense op "White water rafting" Zambesi, Tugella, Oranje rivier, baie wit water trippies gedoen. 

Daarmee volgehou tot ek 55 was, toe raak ek sleg, mens moet nogal top fiks wees vir al daai roei werk.

Tussen in baie wit water geroei met 'n kayak, ook baie lekker gewees.

Nou is ek mal oor stap in die natuur, nie so opwindend, geen adrenalien rush nie maar ek geniet dit op my ouderdom baie.

0

Atletiek en rugby....naelope op laerskool en skrumskakel....ja oom Arie...skrummiewink

Hoërskool opgedaag by die eerste oefening en die afrigter se ons moet in groepies bymekaar  staan van die verskillende posisies wat ons in die laerskool gespeel het.....hy het my so gekyk en gevra wat de donner ek by die skrummies soek?.....hehehe...nodeloos om te sê van toe af het ek voorry gespeel....

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 03/07/2018 - 16:21

Oom "G" kol, in Nederlands noem ons dit sommer scrummie de skakel!

Hoekom is jy so stil hier, ek het altyd gedink as mens op die G kol  druk gaan dit gepaard met groot geraas?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 03/07/2018 - 21:08

Ek is maar 'n "dud" as dit by sport kom, maar ek het darem in my hele skool-loopbaan  een Eerste Prys sertifikaat in die laerskool verwerf.  Hieronder is 'n foto van my sertifikaat.

Ek het nooit êrens op die sportterrein gekom nie.  Ek het wel eenkeer vir die O13-span in 'n wedstryd as skrumskakel uitgedraf, maar hulle het my daarna nooit weer gekies nie.  Ek het ook tennis probeer, maar dit het ook nie gewerk nie. (Die skoonmaak van tekkies met daardie wit "shoe-shine" het my heeltemal afgesit).

Ek het hier in my veertig/vyftiger jare 'n bietjie golf gespeel en gereeld my stel golfstokke op die sypaadjie geplaas om gesteel te word, maar dis nooit gesteel nie. (Ek vermoed dis maar 'n swakkerige produk en niemand wou dit hê nie.).

Ek is nou afgetree en moeg geprobeer en rus nou van verdere sport-pogings. My "oefening" tans is om saam met my kleinkinders te swem (in die somer natuurlik) en verder vroetel ek hier in en om die huis, tuin en met die karavaan. Ek is g'n gekwalifiseerd nie, maar hou nogal van basiese loodgiers- en elektriese werk  -  klim nog graag op dakke, kruip op plafonne rond, grou slote en peuter aan goeters onder die Exclusive.  Dis maar my soort van oefening.

Een groot voordeel om 'n "dud" te wees op die sportterrein is dat my skelet van kop tot tone, insluitent rug- en nekwerwels, knië en heupe nog oorspronklik is en geen ortopeed sal nodig hê om my skarniere te herstel nie.

 

.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 04/07/2018 - 06:01

Ek was maar altyd doenig op  die sport gebied maar ook nie uitgestaan nie. Het rugby gespeel op Laerskool en slegs tot st 8 in Hoërskool waarna ek 'n rug besering opgedoen het. Atletiek ook gedoen op Laerskool en Hoërskool. Het begin boks as 'n kannetjie en het slegs tot Wes-Transvaal novice kampioenskappe gevorder en karate gedoen tot en met std 8. (oranje gordel). Intussen ook begin korfbal speel en het darem 'n beker of 2 verower en in 1981 SA Kampioenskappe toe gegaan in Nelspruit.

Na weermag het ek weer so bietjie begin rugby speel tot ouderdom 30 en toe maar besluit dit is nou tyd. Ek kan nou nie soos sê Lennie dat ek 'n ortopeed  sal vryspring aangesien ek al 'n nek fisie en 2 skouer operasies gehad het.

Ek het ook motorfiets gery vanaf 1976 tot en met so 2 jaar terug. Het darem al 'n goeie paar rondtes met "track days" op Zwartkops renbaan gedoen en lekker ondervinding. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 04/07/2018 - 08:31

Ek het nou self lekker gelag vir Len se sertifikaat.  Stadige fiets reisies.   Len, toe jy dit gekry het was ek 10 jaar oud - fietse kon seker nie toe vinnig ry nie?

Gerhard, my seun was ook 'n skrumskakel op laerskool en op hoërskool word hy 'n loskop!  Ek stem saam met Arie, jy is glads te stil.  Ons mis jou kwinkslae van die "ou dae".   Jy het nou hopeloos te eerbaarlik geword.

Arie, dit klink meer of jy 'n avonturier was as 'n sportman.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 04/07/2018 - 09:17

Freda, enige iets wat die adrenalien opjaag is vreeslik lekker vir my.

Valskerm, bungie, sip line, bly maar vreeslik lekker, sal baie graag wou rots klim, maar nooit die geleentheid gehad niecrying

0

Stem saam Arie.

Wie van ons ander vrinne hier het ook al valskerm spronge en Bungie gedoen? Ek wil nog zip line doen maar weet nie of dit my daai "thrill" sal gee nie.

Ek het al self ook met 'n Groep N resies motor op die ou Welkom resies renbaan gery. Klas C Conquest twincam en Klas A Mazda MX6. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 04/07/2018 - 14:09

Hennie, zip line gee beslis nie die selfde thrill as bungee en valskerm nie, maar is ook lekker.

So naby aan "Bridge swing", nie heeltemaal so opwindend maar tog baie lekker!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 04/07/2018 - 16:03

Sit ek nou hier, rustig op my skoonma se stoep, met my koffie en 'n twakkie, en lees die kampforum en dinge wat mense seg.  Wonder ek by myself of dans ook gesien kan word as 'n sport? 

Ek hou van my lyf wikkel laugh

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 04/07/2018 - 16:36

Ek glo dans kan gesien word as 'n sport.  Mense neem dan aan danskompetisies deel.     Dit is baie goeie oefening ook.   Om te gaan dans was vir my ook altyd een van my gunsteling dinge om te doen.yes

0

Ja Voortrekker nalope...hehe ek was nogals bedrieglik vinnig, al moet ek dit self sê.

Deesdae is ek soos 'n waterpas gebou....of ek nou lê of staan, die bubble is altyd in die middel....

Ek hou ook daarvan om my lyf te wikkel, maar nie op die dansvloer nie....wink..ek sê nog al die jare....ek is hansie kepansie....ek drink maar ek dans nie....

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus