Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.
Watter staanplekke word aan beveel?
Ons was nog nooit in natal vir vakansies nie.
Johann
Johann, net so. Dis naby Hartenbos.
Freda en Colin verlede jaar Meimaand daar gestaan, en ons was toe by Glentana in huis, en by hulle gaan kuier. Weer het egter veroorsaak dat ons dag of wat vroeër moes terugkom, en die heen en weer kuier effe gekortwiek het!!!
Ons beplan weer so te maak in 2019 as ons gespaar bly, maar sal eers by Januarie of so datums by hulle vasmaak. Ons kry darem so effe voorkeur!!!!
Ja, ons moet dit sterk…
Ja, ons moet dit sterk oorweeg. Ek het hoeka weer lus vir Hartenbos se wêreld en Dibiki. 'n Mens moet maar redelik vroegtydig bespreek vir hul privaat ablusieblok staanplekke. Die pensionarisse raap hulle op! Ek en Colin sal praat daaroor.
Johann staanplekke
Bo op terras by Natalia is 101,102,121 117 lekke staanplekke
Johann as julle
Johann as julle daar is roer daai supertupe kyk as jy uitgespoeg word met tupe voel jy soos n seun van 16![]()
Dankie Shaun, ek sal maar…
Dankie Shaun, ek sal maar liewer die supertube vir die kinders en kleinkinders los?
Ek wou graag 114 of 117 gehad het, maar dit is reeds gevat.
Hier is die keuse waarvan ek…
Hier is die keuse waarvan ek kon kies soos deur Natalia vir my gegee.
Ek het u op nommer 121 bespreek.
Die volgende nommers is nog beskikbaar:
108-110,112,113,115,104-106,102,100,124-127, 118-120
Johan, ek het op nr 124…
Johan, ek het op nr 124 gestaan. Meer privaatheid en niemand stap voor jou uitsig nie. Treine ry verby in vroeg oggende en laat middag.
Wel bevoeg staanplek 124 is…
Wel bevoeg staanplek 124 is groter as 121. Jy sal meer voor spasie he as by 121
Dit lyk darem maar baie…
Dit lyk darem maar baie lekker daar Noel, dankie vir die fotos. Dis net jammer van die trein, maar ten minste is dit veiliger as by Scottburgh wat op die strand is. Ek verkies Natalia. Ek gaan 'n draai maak by Natalia om my ander helfte te gaan wys. Pla die wind nie daar op die voorste staanplekke nie?
Dankie Noel, ek gaan nou e…
Dankie Noel, ek gaan nou e-pos stuur en vir 124 vra, gelukkig is ATKV nie vol dinge met so iets nie?altyd tegemoet komend.
More Willem, vir die tien…
More Willem, vir die tien dae, het ek R2458.00 betaal met alles ingesluit.
Dankie, sal hoor wat is KNP…
Dankie, sal hoor wat is KNP se tarief vir Augustus.
Plesier Willem. Noel, het…
Plesier Willem.
Noel, het 124 see uitsig?
Stem met Shaun. Wou foto…
Stem met Shaun. Wou foto laai maar wil nie deur gaan nie.
By Scottburgh en Rocky Bay karavaanpark naby Natalia sal jy die beste seeuitsig sal he en geen treinspoor voor die uitsig nie. Natalia het meer geriewe en beter sekuriteit as die 2 parke.
Scottburgh karavaanpark is my gunsteling park vir Suidkus





Maak so Leeu, ons sal op die…
Maak so Leeu, ons sal op die uitkyk wees?
Frans, dankie ons gaan dit geniet, maak nie saak waar of hoe die weer of kamp is nie, solank ek net in my karavaan is, maak ons dit kekker.
Sal bietjie weer kaap se koers inslaan volgende jaar, sal ook graag Dibiki wil gaan kamp. Dis mos naby Hartenbos? Elk geval, ek sal 'n draad begin as ons daai koers in gaan?