Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoria November 2026 Geert -16 minutes ago
ChrisB Braai met 'n Weber Geert -22 minutes ago
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -39 minutes ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -42 minutes ago
Impromptu besoeke Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Dankie Rona Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago

ATKV Natalia

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het my skouer operasie gekanselleer, nou wil ek 19 Augustus Natalia toe gaan.

Watter staanplekke word aan beveel?

Ons was nog nooit in natal vir vakansies  nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 17/07/2018 - 11:55

Maak so Leeu, ons sal op die uitkyk wees?

Frans, dankie ons gaan dit geniet, maak nie saak waar of hoe die weer of kamp is nie, solank ek net in my karavaan is, maak ons dit kekker.

Sal bietjie weer kaap se koers inslaan volgende jaar, sal ook graag Dibiki wil gaan kamp. Dis mos naby Hartenbos? Elk geval, ek sal 'n draad begin as ons daai koers in gaan?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Tue, 17/07/2018 - 13:33

Johann, net so. Dis naby Hartenbos.

Freda en Colin verlede jaar Meimaand daar gestaan, en ons was toe by Glentana in huis, en by hulle gaan kuier. Weer het egter veroorsaak dat ons dag of wat vroeër moes terugkom, en die heen en weer kuier effe gekortwiek het!!!

Ons beplan weer so te maak in 2019 as ons gespaar bly, maar sal eers by Januarie of so datums by hulle vasmaak. Ons kry darem so effe voorkeur!!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 17/07/2018 - 14:42

Ja, ons moet dit sterk oorweeg.   Ek het hoeka weer lus vir Hartenbos se wêreld en Dibiki.  'n Mens moet maar redelik vroegtydig bespreek vir hul privaat ablusieblok staanplekke.   Die pensionarisse raap hulle op!   Ek en Colin sal praat daaroor.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 17/07/2018 - 19:33

Johann as julle daar is roer daai supertupe kyk as jy uitgespoeg word met tupe voel jy soos n seun van 16wink

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 17/07/2018 - 20:26

Dankie Shaun, ek sal maar liewer die supertube vir die kinders en kleinkinders los?

Ek wou graag 114 of 117 gehad het, maar dit is reeds gevat.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 17/07/2018 - 20:36

Hier is die keuse waarvan ek kon kies soos deur Natalia vir my gegee.

Ek het u op nommer 121 bespreek. 

Die volgende nommers is nog beskikbaar:

108-110,112,113,115,104-106,102,100,124-127, 118-120 

 

0
Middelburg

Noel

Tue, 17/07/2018 - 21:36

Johan, ek het op nr 124 gestaan. Meer privaatheid en niemand stap voor jou uitsig nie.  Treine ry verby in vroeg oggende en laat middag.

0
Pretoria

leeu

Wed, 18/07/2018 - 07:09

Dit lyk darem maar baie lekker daar Noel, dankie vir die fotos. Dis net jammer van die trein, maar ten minste is dit veiliger as by Scottburgh wat op die strand is. Ek verkies Natalia. Ek gaan 'n draai maak by Natalia om my ander helfte te gaan wys. Pla die wind nie daar op die voorste staanplekke nie?

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 29/07/2018 - 00:48

Johann 122 123 lekke see uitsig 124 het maar minder maar hy is n lekke staanplek net soos Noel gese het

0
Middelburg

Noel

Sun, 29/07/2018 - 07:00

Stem met Shaun. Wou foto laai maar wil nie deur gaan nie.

By Scottburgh en Rocky Bay karavaanpark naby Natalia sal jy die beste seeuitsig sal he en geen treinspoor voor die uitsig nie. Natalia het meer geriewe en beter sekuriteit as die 2 parke.

Scottburgh karavaanpark is my gunsteling park vir Suidkus

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus