Sterkte Skippie, glo en…
Sterkte Skippie, glo en vertrou dat alles reg sal kom en dat julle gou weer kan gaan tent penne inkap.
Sterkte daar oom Skippie,…
Sterkte daar oom Skippie, goeie tye kom weer.
Sterkte Skippie aan tannie…
Sterkte Skippie aan tannie Poppie.
Ons wag vir julle om saam te kom kamp.
More Skippie. Is goed om…
More Skippie. Is goed om weer van jou te hoor.
Sterkte met die operasies saam.
Baie dankie vir die goeie wense.
Wil net vir almal dankie sê vir die goeie wense, sien uit om weer saam te kamp.
Dankie dat jy van jou laat…
Dankie dat jy van jou laat hoor het, Skippie. Sterkte met al die mediese dinge, sulke goed gebeur maar en hou ons terug van allerhande lekker dinge wat ons kan doen. Ek hoop dit troos jou om te weet julle is nie alleen nie, daar is ander van ons in dieselfde bootjie. Maar ons weet dit gaan weer regkom en dan kamp ons 'n hond uit 'n bos. Gesels weer saam met ons en laat weet hoe dit gegaan het met die operasie.
Lekke Skippie
Lekke om van jou te hoor skippie hoop nog baie meer sterkte daar met Mariette
Hallo Skippie. Ek het altyd…
Hallo Skippie. Ek het altyd jou insette gelees as besoeker in wegsleep forum. Ek ry elke dag verby jou huis. U huis is mos langs die tandarts se huis. Baie sterkte met U en Mariette se gesondheid
Baie dankie aan almal vir…
Baie dankie aan almal vir die mooi wense en verwelkomming, dit is vir my 'n riem om die hart om te sien daar is nog ou kampvrinne wat ons onthou! Julle is almal spesiale mense!
Hallo Noel, dankie vir die terugvoer, ja jy's reg, ek bly daar langs die tanne trekkers!! Dankie vir die goeie wense, jy moet gerus eendag kom hallo sê!
Groetnis!
ou kampvrinne wat ons onthou…
ou kampvrinne wat ons onthou
dit is lekker om te hoor ![]()
Hi...
Hi Skippie ! Sterkte daar aan julle kant .
Ek onthou nog by 'n Wegsleep-saamtrek by De Voetpadkloof in 2010 hoe jy my verbaas het met jou kookvernuf !
Ons het op die bo-punt gekamp en julle onder, af met die pad, naby die swembad. Willem (WilSur) het in die middel, tussen ons aan die regterkant gekamp. Hier is 'n foto :-
Hier braai ons almal saam die Saterdagaand :
Ja Len dit was die lekker…
Ja Len dit was die lekker tye van WegSleep.
Nou doen die Kampforum dit.
Jinne ja Dusty, sjoe dit was…
Jinne ja Dusty, sjoe dit was lank terug nê! Hou nog steeds daarvan!
Dankie vir die herhinneringkie!
Hallo Len, Jaa ek onthou…
Hallo Len,
Jaa ek onthou daai een en sal dit nooit vergeet nie, dit was 'n lekker groootte gewees! My broer het nog hom self kom voorstel as "Ventertjie" en 'n paar manne was redelik ongemaklik gewees!! LOL!!! Aai ons het lekker gelag man! Foto's aangeheg
En toe kom die seer!! Ek wat hardloop en my maermerrie vellle af stamp!! Sjoe, dit was baie seer, het wke daarna nog problem gehad met infeksie!! Foto aangeheg
Dankie vir die compliment met die kos maak, jaaa ek geniet dit nog steeds en het het al heelwat nuwe truuks en disse aangeleer!!
Dit was lekker tye wat ek nie sal vergeet nie!!






Hallo Skippie, dankie vir…
Hallo Skippie, dankie vir die inloer
Sterkte daar vir Mariette en ek hoop julle kan binnekort weer baie kamp!